Laat Oos­ten­ryk jou be­to­wer

Oos­ten­ryk se ski­hel­lings aan sy sui­de­kant is wel­be­kend aan Suid­A­fri­kaan­se ski­toe­ris­te. Die won­der­wê­reld van Slo­we­nië se noor­de, wat dig teen­aan lê, is eg­ter min­der be­kend, ver­ruk­lik en net ’n ha­ne­tree ver. Dis ’n wa­re a­von­tuur om per mo­tor van Duits­land

Beeld - - VOORBLAD - JUSTUS VISAGIE @ry­vei­lig

Die leu­se van die toe­ris wat in ’n min­der­waar­di­ge ho­tel be­land, is: Ek is nie in _______ (vul dorp of stad se naam in) om te slaap nie. Ek is hier om bui­te te wees en din­ge te sien en te er­vaar.

Dit sê ek in ’n ge­demp­te toon aan Joy­ce-Ann, my reis­ge­noot, na­dat ons drie stel­le trap­pe van die Pen­si­on M­li­no met ons swaar tas­se uit­ge­klim en die bed­jies ge­sien het. Twee kort den­ne­hout-en­kel­bed­jies wat teen me­kaar ge­skuif is. Met voe­ten­en­te en iet­wat “hol­rug­ge­ry­de” ma­tras­sies.

Die M­li­no se de­kor­styl kan dalk as kom­mu­nis-sjiek be­skryf word, maar die rui­te van ons ka­mer­tjie kyk uit op B­led­meer, net 20 m van die ho­tel. Ons is in skil­der­ag­ti­ge B­led, ’n dorp in die noord­wes­te van Slo­we­nië.

Wat dit so mooi maak, is die a­sem­ro­wen­de meer en die ker­kie op ’n klein ei­land­jie op die meer.

Teen ’n krans waak B­led­kas­teel al meer as 1 000 jaar. En teen dit al­les lê die Ka­ra­van­ke* le­pel.

Om by die ker­kie te kom, moet ’n mens ’n ka­no of tra­di­si­o­ne­le “plet­na” (soos ’n gon­del) en ’n roei­er huur. Of swem. As die win­ter baie koud is – iets wat nie meer so dik­wels ge­beur nie – vries die meer. Dan is dit moont­lik om per mo­tor, mo­tor­fiets of te voet na die ker­kie te gaan, ver­tel To­mas, ei­en­doms­a­gent en ei­e­naar van ’n blink­nu­we kle­re­was­se­ry met gra­tis WiFi.

Drie dae ge­le­de het ons per trein in M­ün­chen aan­ge­kom en in die Ho­tel Je­der­mann oor­nag, waar die nag­per­so­neel veel vrien­de­li­ker as die dag­per­so­neel is. Dis eg­ter goed ge­leë – na­by die hoof­sta­sie en die ou dorp – en nie bui­ten­spo­rig duur nie

(R1 300). Ons mo­tor is vroe­ër daar af­ge­le­wer: ’n Hyun­dai Io­niq-hi­bried wat vir kort

Fo­to: SLOVENIA.SI

Die plaas­li­ke be­vol­king het die lief­des­go­din Ži­va op B­led­meer se ei­land aan­bid tot­dat hul­le in die jaar 745 be­keer is. Die ei­land se Go­tie­se kerk, met sy klok­to­ring van 52 m hoog, is in 1465 ge­bou.

Fo­to: ALTSTADTHOTELS.NET

Die Burg­blick­ho­tel gee gas­te ’n blik op die kas­teel of “Burg” – van­daar die naam.

Fo­to: JUSTUS VISAGIE

Burg­hau­sen se kas­teel is so groot dat be­soe­kers nie deur an­der toe­ris­te ver­trap word nie.

Fo­to: ALTSTADTHOTELS.NET

Die uit­sig van ons ka­mer in die Burg­blick­ho­tel. Die bal­kon se deu­re laat ook die klok­ke­spel van die kas­teel bin­ne.

Fo­to: JUSTUS VISAGIE

Ons blou Hyun­dai voor die won­der­li­ke Ho­tel Post. Die ho­tel doen al sake van die 16de eeu af.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.