Boe­re­oor­log se mi­tes

Ver­skeie mi­tes oor die Ang­lo­Boe­re­oor­log doen nog die rond­te en men­se ver­ge­lyk graag ge­beu­re van des­tyds met van­dag se si­tu­a­sie, skryf Fransjo­han P­re­to­ri­us.

Beeld - - VOORBLAD -

El­ke tyd­vak in die ge­skie­de­nis het ’n ma­nier om sy eie mi­tes oor die ver­le­de na vo­re te bring. En met die af­breek van daar­die mi­tes deur ’n vol­gen­de ge­slag his­to­ri­ci is dit moont­lik dat nu­we mi­tes weer ge­skep word. Met mi­tes be­doel ek stand­pun­te oor die ver­le­de wat as die waar­heid voor­ge­hou word en wat dien of moet dien om die ge­slag van daar­die oom­blik self­koes­te­ring te gee. ’n Mi­te ver­tel ’n mens dus eint­lik meer van die tyd waar­in hy ont­staan as van die tyd­perk rond­om die ge­beu­re self.

Rond­om die Ang­lo-Boe­re­oor­log van 1899-1902 het ’n aan­tal mi­tes oor die A­fri­ka­ner ont­staan. Hel­de­da­de en goeie ei­en­skap­pe van die A­fri­ka­ner is deur sy na­sa­te en vreem­de­ling­vry­wil­li­gers wat aan Boe­re­kant ge­veg het, oor­be­lig of een­sy­dig voor­ge­stel, ter­wyl B­rit­te reeds ge­du­ren­de die oor­log een­sy­di­ge, ne­ga­tie­we voor­stel­lings van die A­fri­ka­ner ge­maak het.

Die Ang­lo-Boe­re­oor­log kon uit­ne­mend as voe­dings­bron vir mi­tes dien. Daar was die roem­ry­ke Boe­re-oor­win­nings op die slag­veld. Die bril­jant­heid van Boe­re­ge­ne­raals soos Chris­ti­aan de Wet en Koos de la Rey en ’n baas­ver­ken­ner soos kmdt. Da­nie T­heron het ook die ver­beel­ding van die A­fri­ka­ner aan­ge­gryp.

En dan het die ont­set­ten­de ly­ding en sterf­tes van die Boe­re­vroue en -kin­ders in die kon­sen­tra­sie­kam­pe won­der­li­ke stof vir die skep van mi­tes ge­bied.

Gods­diens

In die hoog­bloei van A­fri­ka­ner­na­si­o­na­lis­me het ’n sie­ning be­staan dat die wa­re A­fri­ka­ners soos een man vroom en erns­tig in hul gods­diens­be­le­wing was en ook daar­vol­gens ge­le­we het as na­vol­gers van Chris­tus.

So ’n uit­spraak moet eg­ter met om­sig­tig­heid be­je­ën word. Uit die bron­ne blyk dit eer­der dat die stand van gods­diens op kom­man­do ’n wye spek­trum van die ui­ter­ste vroom­heid en ’n die­pe gods­dienserns tot die ui­ter­ste on­ver­skil­lig­heid en lig­sin­nig­heid ge­dek het. Meer nog, dat hui­ge­la­ry nie on­ge­woon was nie. Dat al­mal na­vol­gers van Chris­tus was, is nie waar nie.

Soos in tye van kri­sis, was daar wel in die al­ge­meen on­der die Boe­re op kom­man­do ’n ver­die­ping van hul gods­diens­ge­voel, ver­al soos wat die oor­log voort­ge­sleep het. Die mees­te ge­lo­wi­ges was klaar­blyk­lik nie be­son­der vroom nie, maar wel gods­diens­tig erns­tig en het ’n eg­te ver­weefd­heid met hul God be­le­we.

Aan die an­der kant het gods­diens­ti­ge on­ver­skil­lig­heid uit die staan­spoor voor­ge­kom. Moont­lik is Ger­rit Bol­dingh, ’n Ne­der­land­se vry­wil­li­ger by die Vry­sta­ters, kor­rek in sy oor­deel dat by se­ker drie­kwart van die Boe­re ’n op­reg­te ge­loof be­staan het, wat dus im­pli­seer dat die meer on­ver­skil­li­ges 25% van die to­taal uit­ge­maak het.

En dan was daar die hui­ge­laars – die­ge­ne wat hul Chris­ten­skap be­ly het maar nie uit­ge­leef het nie. ’n Nug­ter ge­lo­wi­ge Jan Cel­liers – die la­ter be­ken­de dig­ter – maak in sy dag­boek ge­wag van hier­die hui­ge­la­ry op kom­man­do. Hy was ver­al skep­ties oor die waar­de van die gods­diens­by­een­koms­te op kom­man­do. Vol­gens hom het dit geen heil­sa­me uit­wer­king ge­had nie, om­dat die bur­gers dit as ’n roe­ti­ne-pleg­tig­heid be­skou het.

Dis­si­pli­ne

’n Be­ken­de op­vat­ting was dat el­ke Boer sy eie ge­ne­raal was. Dit is meest­al in ’n po­si­tie­we lig be­doel, maar hier­die ver­skyn­sel het in werk­lik­heid meer na­de­le as voor­de­le in­ge­hou en was ba­sies ’n ge­brek aan dis­si­pli­ne.

Eer­stens het tal­le Boe­re een­vou­dig geen ge­hoor ge­gee aan die op­roep om vir ’n ge­veg op te ruk nie. Dit het dik­wels ver­al in die eer­ste jaar van die oor­log ge­beur hoe­wel daar in die laas­te twee jaar ’n ver­be­te­ring in­ge­tree het.

Die Boe­re het ook ge­wei­er om van hul wa­ens ont­slae te raak, en so­doen­de die stra­te­gie van die Boe­re­le­ër­lei­ding ver­lam.

Ver­lof en af­we­sig­heid son­der ver­lof kan as ’n der­de na­deel van die ge­brek aan dis­si­pli­ne be­skou word. As ’n Boer nie ver­lof kon kry nie, het hy dik­wels een­vou­dig son­der ver­lof huis­waarts ge­keer, met na­de­li­ge ge­vol­ge vir die Boe­re­saak.

Die ste­re­o­ti­pie­se beeld van die vro­me A­fri­ka­ner word erg ver­guis deur die ver­skyn­sel dat som­mi­ge bur­gers op kom­man­do in groe­pe pri­va­te ei­en­dom ge­plun­der het.

Die oor­tre­ders het uit al­le klas­se van die sa­me­le­wing ge­kom en hoe­wel hul op­tre­de skerp ver­oor­deel is, wil dit voor­kom of die oor­tre­ders skot­vry daar­van af­ge­kom het.

Die dief­stal van die ei­en­dom van me­de­kry­gers op kom­man­do het ook on­rus­ba­ren­de af­me­tings aan­ge­neem. Die oor­logs­om­stan­dig­he­de het naas ’n waar­skyn­lik klein mis­da­di­ge e­le­ment ook som­mi­ge on­der nor­ma­le om­stan­dig­he­de wets­ge­hoor­sa­me Boe­re be­weeg om dief­stal te pleeg.

Se­de­li­ke

Die werk­li­ke on­skuld en na­ï­wi­teit waar­mee die Boe­re op kom­man­do in die al­ge­meen hul kontak met vroue in hul dag­boe­ke aan­bied – en ek het kri­ties daar­na ge­kyk – laat my tot die ge­volg­trek­king kom dat die kul­tuur­be­skou­ing van die deur­sneeBoer hom tot kuis­heid ge­maan het, en dat sek­su­e­le los­ban­dig­heid nie deel van sy er­va­rings­wê­reld was nie. Dit sal strook met die 20ste-eeu­se A­fri­ka­ner­na­si­o­na­lis se sie­ning van die Boer.

En tog blyk dit dat ’n klein ge­deel­te van die Boe­re op kom­man­do sek­su­eel los­ban­dig was. Dit is uit die no­tu­les van kerk­raads­ver­ga­de­rings en ge­meen­te­li­ke ver­slae by ring­sit­tings van die NG Kerk dat dié beeld te

Fo­to: OORLOGSMUSEUM VAN DIE BOEREREPUBLIEKE

’n Groep oor­log­we­sies ná die Ang­lo­Boe­re­oor­log.

Fo­to: MARTHINUS VAN BART

Die Bit­ter­ein­der­stand­beeld by die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke in Bloem­fon­tein.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.