Oud­ste kat ter wê­reld (32) oor­le­de

Beeld - - NUUS -

Die kat wat as die oud­ste ter wê­reld be­stem­pel is, is in die ry­pe ou­der­dom van 32 jaar, of­te­wel 144 men­se­ja­re, dood.

Nut­meg, van B­rit­tan­je, was ja­re lank ’n be­wys dat ’n kat wel ne­ge le­wens het, maar is on­ge­luk­kig on­langs met a­sem­ha­lings­pro­ble­me na ’n vee­arts ge­haas waar hy la­ter dood is, be­rig Dai­ly Mail.

Ian en Liz Fin­lay, sy ei­e­naars van Blaydon in die noord­oos­te van En­ge­land, sê die heen­gaan van hul ge­lief­de kat laat ’n groot leem­te.

Vee­art­se van die We­st­way­vee­arts­groep in Ne­w­cas­t­le kon nie die kat, wat glo aan hart­ver­sa­king ge­ly het, se le­we red nie, be­rig Mir­ror.

Die Fin­lays het Nut­meg in 1990 aan­ge­neem na­dat hul­le hom in ’n tuin ge­vind het. Vee­art­se het toe ge­sê hy is min­stens vyf jaar oud en hy was dus so­wat 32 jaar oud toe hy dood is.

Nut­meg het in 2015 by die dood om­ge­draai toe hy ’n be­roer­te ge­kry het, maar dank­sy be­han­de­ling het hy goed her­stel.

“Dit voel as­of my hart uit­ge­ruk is. Hy was ’n ka­rak­ter en ons was baie lief vir hom,” sê Liz.

Haar man suk­kel nog om daar­oor te praat: “Ek het nie woor­de om te be­skryf hoe baie ons hom mis nie. Hy laat ’n groot leem­te in ons le­we, maar is in gees by ons.”

Ja­son At­her­ton, be­stu­ren­de di­rek­teur van die We­st­way-vee­arts­groep, sê Nut­meg was be­son­ders.

“Kat­te wat 20 of 21 jaar oud word, is dees­dae die norm om­dat hul­le goed ver­sorg word, maar Nut­meg was tien jaar ou­er as ons oud­ste kat­pa­si­ënt.

“Hy was dui­de­lik ’n baie ge­lief­de troe­tel­dier om so ’n lang en ge­luk­ki­ge le­we te kon hê.”

Fo­to: WE­ST­WAY VETERINARY GROUP, FACEBOOK

Nut­meg, so­ver be­kend die wê­reld se oud­ste kat, is dood.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.