Ou reus van die Kru­ger dood

Tan­de wys hy het dalk bul­ge­veg ver­loor

Beeld - - NUUS - E­li­se Tem­pel­hoff

Mast­hu­le­le (die stil een), een van die Kru­ger­o­li­fan­te met die groot­ste tan­de, is dood – waar­skyn­lik in ’n ge­veg met ’n an­der o­li­fant­bul.

Les­ley Nel, be­mar­ker van die wild­tuin, het gis­ter ge­sê Mast­hu­le­le, wat so­wat 50 jaar oud was, is al ver­le­de jaar dood, maar dit was moei­lik om te be­ves­tig om­dat hy so sel­de ge­sien is.

O­li­fant­tan­de wat ein­de ver­le­de jaar tus­sen Let­ha­ba en Gi­riyon­do, die grens­pos na Mo­sam­biek, in die oos­te­li­ke deel van die wild­tuin ge­kry is, kon eers van­dees­week po­si­tief ver­bind word met Mast­hu­le­le se kar­kas.

Nel sê hy is ver­lig om te kan sê Mast­hu­le­le is aan na­tuur­li­ke oor­sa­ke dood en dat daar nie mis­daad ver­moed word nie.

San­par­ke het gis­ter in ’n ver­kla­ring met “die­pe hart­seer” die nuus be­kend ge­maak.

Die ou o­li­fant­bul is maar sel­de ge­sien. Hy is net twee keer in sy le­we uit ’n he­li­kop­ter af­ge­neem in o­li­fant­sen­sus­se.

Mast­hu­le­le het be­gin 2008 in ’n ba­klei­e­ry won­de aan die slurp op­ge­doen. Dit het ge­nees, maar mer­ke ge­laat wat dit mak­lik ge­maak het om hom uit te ken.

In 2015 was hy waar­skyn­lik weer in ’n ba­klei­e­ry en het toe ’n wond na­by die rug­graat op­ge­doen.

“Ons was be­kom­merd dat hy weens sy ou­der­dom nie die te­rug­slag sou oor­leef nie, maar die wond het ge­nees.”

Mast­hu­le­le is in Ja­nu­a­rie ver­le­de jaar vir die laas­te keer ge­sien, in die om­ge­wing van die King­fis­her­spruit op pad na die Tim­ba­va­ti. Ver­le­de jaar laat is ’n o­li­fant­kar­kas tus­sen Let­ha­ba en Gi­riyon­do ge­kry. Dit was so ont­bind dat dit nie ge­ï­den­ti­fi­seer kon word nie, maar die ver­moe­de was sterk dat dit Mast­hu­le­le was.

Na­dat die tan­de ge­kry is, is dit on­der groot ge­heim­hou­ding na die berg­plek in S­ku­ku­za ge­bring.

Al­bei Mast­hu­le­le se tan­de het dui­de­li­ke mer­ke van vo­ri­ge ge­veg­te op. Fo­to’s wat teen ’n hoë re­so­lu­sie ge­neem is en waar­op die mer­ke dui­de­lik ge­sien kon word, is met die tan­de in die berg­plek ver­ge­lyk.

“Die mer­ke was sig­baar op die fo­to’s en ons het al­mal saam­ge­stem dit is Mast­hu­le­le s’n.”

Dr. Ian W­hy­te, ’n af­ge­tre­de soog­dier­kun­di­ge wie se by­naam ook “die stil een” was en na wie Mast­hu­le­le ge­noem is, het ook sy “naam­ge­noot” se tan­de on­der­soek. Dit het be­ves­tig die o­li­fant is nie aan swak voe­ding dood nie om­dat sy tan­de nog in ’n taam­lik goeie toe­stand was.

Die e­nig­ste an­der ge­volg­trek­king is dat dié ou reus dood is ná nog ’n ba­klei­e­ry, sê San­par­ke.

Fo­to: DR. IAN W­HY­TE

Een van die laas­te fo­to’s wat van Mast­hu­le­le ge­neem is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.