Ken­ny was gre­tig aan Cy­ril se ‘vuil was­goed’

Maar hof het die laas­te sê

Beeld - - NUUS - Je­a­nel­le G­rey­ling

An­der pu­bli­ka­sies het nie die “waag­moed” van sy Week­ly X­posé om adj.pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa se vuil was­goed in die o­pen­baar te was nie, sê Ken­ny Ku­ne­ne.

“Ons is nie een­sy­dig soos die mees­te van (die me­dia) nie,” het hy gis­ter bui­te die hoog­ge­regs­hof in Jo­han­nes­burg ge­sê na­dat Week­ly X­posé op­drag ge­kry het om die seks­vi­deo’s te ver­wy­der van ’n vrou wat glo ’n ver­hou­ding met Ra­map­ho­sa ge­had het.

Die vrou se reg op pri­vaat­heid en waar­dig­heid weeg swaar­der as die vry­heid van uit­druk­king wat Ku­ne­ne het, het reg­ter Ray­le­ne Keig­ht­ley gis­ter in die hoog­ge­regs­hof be­slis.

Sy het hom be­veel om die seks­vi­deo’s van Week­ly X­posé te ver­wy­der.

Die soesji-ko­ning mag ook nie in die ver­volg soort­ge­ly­ke vi­deo’s van die vrou plaas nie en hy mag die vi­deo’s nie du­pli­seer nie.

Die­self­de geld e­ni­ge klank­op­na­mes, fo­to’s of vi­su­e­le uit­beel­ding van die vrou.

Boon­op moet Ku­ne­ne die vrou se regs­kos­te be­taal.

“Dit maak nie saak of die vrou in ’n ver­hou­ding met die ad­junk­pre­si­dent was of nie.

“Sy het nie toe­stem­ming ge­gee dat haar per­soon­li­ke vi­deo’s toe­gank­lik word deur die klik van ’n muis nie,” het Keig­ht­ley ge­sê.

Die vrou se regs­ver­teen­woor­di­ger, adv. Ts­hif­hi­wa Ma­bu­da, het Woens­dag ge­sê sy was ge­trau­ma­ti­seerd en het die he­le tyd ge­huil se­dert sy ver­le­de Dins­dag uit­ge­vind het dat die vi­deo’s op Week­ly X­posé ge­plaas is.

“Die ap­pli­kant het (ver­le­de) Woens­dag nie eens haar huis ver­laat nie,” het Ma­bu­da ge­sê.

Ku­ne­ne het ge­sê hy re­spek­teer die uit­spraak, maar hy gaan sy pro­ku­reurs vra of hul­le daar­teen moet ap­pel­leer.

Hy het uit­ge­vaar teen die me­dia wat die sto­rie nie “voor­blad­nuus” ge­maak het nie, maar gre­tig is om te be­rig oor ’n boek waar­in pres. Ja­cob Zu­ma daar­van be­skul­dig word dat hy ’n joer­na­lis ver­krag het.

Dié stel­ling ver­wys na The So­we­tan se be­rig oor die om­roe­per Re­di Tl­ha­bi se boek oor Fe­ze­ki­le Nt­su­ke­la Ku­z­wa­yo, wat Zu­ma in 2005 van ver­krag­ting be­skul­dig het.

Ku­ne­ne het ge­sê dié boek be­wys nie dat Zu­ma Ku­z­wa­yo ver­krag het nie, ter­wyl daar be­wy­se is dat Ra­map­ho­sa met ver­skeie vroue eg­breuk ge­pleeg het.

“Ra­map­ho­sa doen hom­self voor as die toon­beeld van mo­re­le deug­de, maar daar is be­wy­se dat hy son­der ’n kon­doom met ver­skeie mei­sies ge­slaap het, ter­wyl hy die voor­sit­ter van die vigs­raad is,” het Ku­ne­ne ge­sê.

“Maar geen­een van jul­le stel in elk ge­val be­lang in be­wy­se nie. Al waar­in jul­le be­lang stel, is om ska­kel­werk vir Ra­map­ho­sa te doen.”

Fo­to’s: SIMON SONNEKUS

Ken­ny Ku­ne­ne praat gis­ter bui­te die hoog­ge­regs­hof in Jo­han­nes­burg met die me­dia.

No­mas­wa­zi Ma­se­ko, die ap­pli­kant se pro­ku­reur.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.