Cas­si­ni doen nog sy werk in sy laas­te 70 sek.

Beeld - - NUUS - El­sa­bé B­rits

Die Cas­si­ni-tuig se laas­te se­kon­des was ’n ge­veg om sy an­ten­nas na die aar­de te rig so­dat so­veel da­ta moont­lik nog te­rug­ge­stuur kon word.

Op die heel laas­te was daar so­veel krag soos dié van ’n “hal­we haar­dro­ër” oor, maar die tuig het sy werk ge­doen.

P­re­sies 14:12 (Suid-A­fri­kaan­se tyd) het die sen­ding­be­heer ge­sê: “Ons ver­loor sein.”

Cas­si­ni het 13 jaar lank “’n ma­ra­thon by Sa­tur­nus ge­hard­loop, tot op die heel laas­te oom­blik, toe kos­ba­re da­ta nog deur­ge­stuur is. Die laas­te fo­to’s is Don­der­dag­aand deur­ge­stuur,” het dr. Lin­da S­pil­ker, ’n pro­jekwe­ten­skap­li­ke, in ’n reg­streek­se uit­sen­ding ge­sê.

Cas­si­ni is in 1997 ge­lan­seer en die reis na Sa­tur­nus het se­we jaar ge­duur.

Die tuig is gis­ter­mid­dag Suid-A­fri­kaan­se tyd in ’n be­heer­de ma­neu­ver deur Na­sa se Jet Pro­pul­si­on La­bo­ra­to­ry na Sa­tur­nus laat daal. Dit het bin­ne 70 se­kon­des ge­dis­in­te­greer.

Dr. Earl Mai­ze, hoof­pro­jekwe­ten­skap­li­ke van die Cas­si­ni-sen­ding, sê die laas­te sein wat Cas­si­ni ge­stuur het, het die aar­de 86 mi­nu­te la­ter be­reik.

Vol­gens Na­sa het die tuig van 2,5 t teen die ein­de soos be­plan na die pla­neet se at­mos­feer ge­sak en da­ta ge­stuur so lank as wat die klein stu­wers die an­ten­na na die aar­de ge­rig kon hou.

Cas­si­ni se sen­ding is be­ëin­dig om­dat sy brand­stof by­na op is. Die doel met die dis­in­te­gra­sie is om die om­ge­wing vir toe­koms­ti­ge sen­dings skoon te hou.

Dit het in Ja­nu­a­rie 2005 op Sa­tur­nus se groot­ste maan, Ti­tan, ge­land. Dit was die eer­ste keer dat ’n tuig so ver in die son­ne­stel­sel ge­land het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.