‘6­ja­ri­ges kán eie le­we be­ëin­dig’

Beeld - - NUUS - Ren­eil­we Dhludhlu Mo­hau Ma­ma­re­ga­ne (6)

Siel­kun­di­ges meen dit is wel moont­lik dat ’n ses­ja­ri­ge hom­self om die le­we kan bring.

Mo­hau Ma­ma­re­ga­ne (6), ’n gr. 1-leer­ling aan die Doro­thy Lan­ga P­ri­ma­ry S­chool in Ses­he­go, Lim­po­po, is ver­le­de Vry­dag in die toi­let­te by die skool op­ge­hang ge­vind.

Ro­zan­ne Bo­tha, ’n voor­lig­ting­siel­kun­di­ge van Bloem­fon­tein wat om kom­men­taar ge­na­der is, sê dit is siel­kun­dig vir ’n ses­ja­ri­ge moont­lik om hom­self om die le­we te bring.

“Daar is om­stan­dig­he­de wat kin­ders hul­pe­loos laat voel. Hul­le kan baie moe­de­loos en mag­te­loos raak,” sê Bo­tha.

Sy sê sy kan nie kom­men­taar le­wer op Mo­hau se dood nie om­dat die om­stan­dig­he­de on­be­kend is.

Vol­gens Bo­tha kan er­va­rings soos mis­han­de­ling en trau­ma kin­ders dryf om te be­sluit om hul le­we te be­ëin­dig.

Som­mi­ge kin­ders toon nie te­kens dat hul­le so iets wil doen nie.

“Hy moes dit ie­wers ge­sien het en ge­weet het dat dit sal werk. Soms is hul den­ke ir­ra­si­o­neel en is hul­le daar­van oor­tuig dat dit iets is wat hul­le wil doen en dat daar geen an­der uit­weg is nie,” sê Bo­tha.

Die po­li­sie in Lim­po­po kon nog nie sê of e­ni­ge mis­daad in Mo­hau se dood ver­moed word nie, maar doen ’n ge­reg­te­li­ke on­der­soek tot­dat die lyk­skou­ing ont­hul of hy hom­self om die le­we ge­bring het of nie.

Daar is be­rig dat hy sy on­der­wy­ser die be­trok­ke dag om­streeks 12:00 ge­vra het of hy bad­ka­mer toe kon gaan. ’n Klas­maat is ge­stuur om hom te gaan soek toe hy ná ’n ruk nie te­rug­ge­kom het nie.

Sy lyk is toe ont­dek. Vol­gens lt.kol. Mo­ats­he N­goe­pe, pro­vin­si­a­le po­li­sie­woord­voer­der, is sy lyk om­streeks 14:00 ge­vind.

Hy wou nie sê waar­mee Mo­hau op­ge­hang is nie.

Dr. Na­le­d­za­ni Ra­si­la, woord­voer­der van die on­der­wys­de­par­te­ment in Lim­po­po, sê Mo­hau se dood kan nog nie as self­dood be­skou word nie om­dat die pre­sie­se oor­saak nog on­der­soek word.

“Ons moe­nie ge­volg­trek­kings maak en sê hy het hom­self om die le­we ge­bring nie.

“Wat as hy dood is son­der die be­doe­ling om te sterf?” sê Ra­si­la.

Hy sê as ie­mand sterf na­dat hul­le hul­self be­seer het, kan nie ge­sê word dat hy sy eie le­we be­ëin­dig het nie.

Hy wou nie sê of hier­die stel­ling met Mo­hau se dood ver­band hou nie.

“Laat ons wag tot­dat die on­der­soek wys wat ge­beur het.”

Leer­lin­ge en on­der­wy­sers van die skool ont­vang be­ra­ding.

Hy moes dit ie­wers ge­sien het en ge­weet het dat dit sal werk. Soms is hul den­ke ir­ra­si­o­neel en is hul­le daar­van oor­tuig dat dit iets is wat hul­le wil doen en dat daar geen an­der uit­weg is nie.

Fo­to: FACEBOOK

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.