Kry gees­te­li­ke e­ti­ket by Spreu­ke­skry­wer

Beeld - - KOMMENTAAR - S­te­phan Jou­bert

Goeie ma­nie­re is klein­tyd in my in­ge­dril. Tog kon ek nooit my ma se in­dril-pro­se­du­res in tan­nie Em­sie S­choe­man se e­ti­ket­boek op­spoor nie!

In elk ge­val, on­langs het ek ge­won­der of dit nie dalk tyd is vir ’n e­ti­ket­boek vir gees­te­li­ke ma­nie­re vir my­self nie. Dit was toe ek by ’n be­graf­nis een­kant ge­sels met ie­mand wat ’n ge­lief­de aan die dood ver­loor het. Ie­mand an­ders kom druk toe tus­sen ons in en sê hy wil gou ’n klom­pie vrae oor die By­bel aan my vra. Toe hy los­trek, sê ek aan hom om ons as­se­blief al­leen te los. Die ge­wy­de oom­blik­ke met die treu­ren­de was daar­mee heen.

Toe ek la­ter daar­oor na­dink, be­sef ek ek hoef eint­lik nie ’n gods­diens-e­ti­ket­boek te hê nie. Daar’s reeds so ’n boek in die By­bel. Ek praat van Spreu­ke. Dit leer ons hoe om reg te leef in die He­re se teen­woor­dig­heid en hoe om reg op te tree en reg te praat. Ek moes maar net ont­hou het Spreu­ke leer my om stil te bly as ek ont­steld is. En om nooit my woor­de as mes­ste­ke te ge­bruik nie, maar as ge­nees­mid­dels. Ek moes ont­hou het dat wy­ses en dwa­se die wê­reld vol is en dat laas­ge­noem­de ka­te­go­rie ook op my van toe­pas­sing is. Daar­om dat ek nou meer as ooit bid om die He­re se wys­heid en om die reg­te woor­de! Doen dit saam met my. Be­mees­ter die reg­te gees­te­li­ke e­ti­ket op die Spreu­ke-ma­nier.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.