On­der­soek jul eie hart

Beeld - - KOMMENTAAR -

Die mees­te A­fri­kaans­spre­ken­des, ek is ook een, kan hul­le nie meer ver­een­sel­wig met a­part­heid en die on­ge­reg­tig­heid wat in ras­sis­me skuil nie.

Die A­fri­ka­ner was en is steeds be­rug om sy hard­kop­pig­heid, ei­e­wys­heid en dwars­trek­kig­heid. Die ge­skie­de­nis is vol daar­van dat die A­fri­ka­ner sy eie ding wil doen.

As hy nie saam­stem met sy pre­di­kant nie, dan stig hy sy eie kerk. As hy nie saam­stem met die re­ge­ring nie, dan stig hy sy eie land. No­de­loos om te sê, die A­fri­ka­ner stem nooit saam nie, hy werk nie saam nie en hy dink nie saam nie. Hy wil die baas wees, an­ders loop hy.

Die e­nig­ste mens­li­ke op­los­sing wat ek vir die A­fri­ka­ner sien, is dat die re­ge­ring die tuis­land Ora­nia ver­groot so­dat A­fri­ka­ners al­mal daar kan in­trek. Dan kan hul­le in vre­de hul eie “Stem” sing. Gee hul­le net ’n lug­ha­we ook so­dat hul­le van daar ver­der kan trek so­dra hul­le nie meer saam­stem nie.

Ras­sis­me en die ge­paard­gaan­de on­ge­reg­tig­heid is af­stoot­lik vir God.

Ek wil S­te­ve Hof­meyr en an­der groot A­fri­ka­ner-na­me aan­raai om hul eie hart te on­der­soek en liefs ’n wag voor hul mond te sit. Hul­le moet dink aan die men­se wat na hul­le kom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.