Vol­maak­te troef­kaart

Beeld - - KOMMENTAAR -

Die reg­span­ne van pres. Ja­cob Zu­ma en die na­si­o­na­le ver­vol­gings­ge­sag (NVG) het na­mens hul kli­ën­te die vol­maak­te troef­kaart ge­speel. Hul­le het so­ge­naamd toe­ge­gee dat adv. Mo­ko­te­di Mps­he se be­sluit ir­ra­si­o­neel was.

Ver­ba­send? Met die eer­ste oog­op­slag ja. Maar eint­lik glad nie!

Ek voor­sien die vol­gen­de: Die hoog­ge­regs­hof se be­slis­sing dat die be­sluit om die aan­klag­te te laat vaar, ter­sy­de ge­stel word, word deur die ap­pèl­hof ge­hand­haaf.

Zu­ma se reg­span rig ver­de­re ver­toë tot die NVG. Die NVG be­sluit weer om die klag­te te laat vaar. Dan be­gin die pro­ses weer van voor. Ge­stel die uit­slag is weer dat die klag­te her­in­ge­stel moet word.

Ui­t­ein­de­lik doen Zu­ma aan­soek om ’n per­ma­nen­te sta­king van ver­vol­ging weens die ver­tra­ging wat van 2005 af kom.

Hul­le ar­gu­men­teer dat hy weens die ui­ter­ma­ti­ge ver­tra­ging nie ’n reg­ver­di­ge ver­hoor kan kry nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.