Mei­sies waai toe al die tyd hul ‘pom­pons’

Beeld - - KOMMENTAAR - Gerhard van Huys­steen werk vir die Vir­tu­e­le In­s­ti­tuut van A­fri­kaans. gerhard@vi­va­a­fri­kaans.org

Daar word ver­moed dat “pom­pon” kom uit die Fran­se pom­pe wat “prag” be­te­ken – soos wat ons dit van­dag ook nog ken in die En­gel­se pomp and ci­r­cum­stan­ce.

Storm­loop die eg­paar Jo­han en Nel­lie de Beer my on­langs by ’n be­kend­stel­lings­ge­leent­heid van die nu­we A­fri­kaan­se woor­de­lys en spel­re­ëls: “Is daar ’n fout by pom-pom en pom­pon in die AWS?”

“Pom­pon?” vra ek be­ter­we­te­rig. “Dis tog nie ’n woord nie?”

“Kyk maar,” hou hul­le vol, “daar op blad­sy 460.”

Ek voel soos ’n pam­poen, want, jou wrin­tie­waar, daar staan ge­skry­we: pom-pom (soort ka­non), -s pom­pon (blom; klos­sie), -s Vol­gens die AWS kry ons dus pom-pom­seuns en pom­pon­mei­sies, om nou maar so kort­pad te ste­re­o­ti­peer. Pom-pom­seuns skiet met ka­non­ne, pom­pon­mei­sies dans op Lof­tus.

Al­bei is reg ge­spel: Re­du­pli­ka­sies (her­ha­ling­sa­me­stel­lings) word met ’n kop­pel­te­ken ge­skryf (“pom-pom, lag-lag, speel-speel”; AWS 12.16), ter­wyl ge­deel­te­li­ke re­du­pli­ka­sies na regs son­der ’n kop­pel­te­ken ge­skryf word (“pom­pon, kris­kras, roe­se­moes”; AWS 12.17).

As ek my vrien­de vra wat ’n mens daai bol­vor­mi­ge tos­sel noem waar­mee ra­sie­lei­ers jo­lyt maak, sê al­mal deur die bank dis ’n “pom-pom”.

On­se woor­de­boe­ke loop ook mooi­tjies ag­ter die pra­ten­de volk aan. Hoe­wel die HAT en die WAT “pom­pon” er­ken, dui al­bei aan dat “pom-pom” meer ge­bruik­lik is om na so ’n tos­sel te ver­wys. Al­bei ken ook “pom-pom” vir die skiet­ding (die HAT gee “max­im” as si­no­niem, die WAT gee “mek­sim”), ter­wyl die om­vat­ten­der WAT daar­op wys dat “pom-poms” ook va­ri­ë­tei­te van dah­li­as en kri­san­te is. Die ha­kie­toe­lig­ting in die AWS klop dus en ek kan rus­tig gaan skuins­lê.

Maar wat van die skry­wen­de volk?

In Vi­vA se Kor­pus­por­taal is daar 92 ge­val­le (met va­ri­an­te) van die twee woor­de. ’n Der­de van die ge­val­le ver­wys na ’n skiet­ding, ’n der­de na ’n tos­sel en ’n der­de na die plant­soort Cam­pu­lo­cli­ni­um ma­cro­cep­ha­lum (’n in­drin­ger­plant). Dit blyk eg­ter glas­hel­der dat:

■ “pom­pon” eks­klu­sief na die tos­sel ver­wys;

■ “pom­pom” (son­der kop­pel­te­ken en na reg­te dus ’n skryf­fout) eks­klu­sief na die on­kruid ver­wys; en

■ “pom-pom” meest­al ge­bruik word om na die ka­non te ver­wys, maar e­wen­eens in tos­sel­krin­ge in­slag ge­vind het.

En wat is hier­die woor­de se her­koms? “Pom-pom” is ’n ti­pie­se klank­na­boot­sen­de woord, net soos “doef-doef” en “woer­woer”. Oor “pom­pon” se her­koms is daar geen se­ker­heid nie. Daar word ver­moed dat dit kom uit die Fran­se pom­pe wat “prag” be­te­ken – soos wat ons dit van­dag ook nog ken in die En­gel­se pomp and ci­r­cum­stan­ce. Jy sien som­mer al die tos­sels en jo­lig­heid as die een of an­der prin­sie weer ’n tand kry. Vol­gens die Web­ster’s Col­le­ge Dicti­o­na­ry kan dit nog ver­der te­rug­ge­lei word na die La­tyn­se pom­pa wat na ’n pa­ra­de of pro­ses­sie ver­wys en die G­riek­se werk­woord pém­pein wat “stuur” be­te­ken.

Het “pam­poen” (in Ne­der­lands pom­poen) iets hier­mee te doen? Glad nie, weet Web­ster’s te ver­tel­le, want “pam­poen” word her­lei na die G­riek­se naam­woord pé­pon wat ver­wys het na ’n soort span­spek. Maar daar is dalk tog ’n ver­mis­te ska­kel, want in Mid­delf­rans was die woord vir “pam­poen” wel pom­pon! Myns in­siens is dit ’n meer waar­skyn­li­ke ver­kla­ring dat ons mo­der­ne pom­pons me­ta­fo­ries soos post-Mid­del­eeu­se pam­poe­ne lyk eer­der as wat ons al­ler­lei me­to­ni­mie­se stre­ke moet uit­haal om die woord aan pa­ra­des en pro­ses­sies te ver­bind.

Ter­wyl die een klomp kin­ders dan ap­pels swaai, kan die an­der klomp vro­lik pam­poe­ne waai. Dit werk vir my . . .

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.