Taal se ‘on­oor­dent­li­ke’ hoek

Beeld - - KOMMENTAAR - JO­HANN VAN DER WEST­HUI­ZEN S­kets: HANLIE MALAN

Toe die taal­bul-man­ne (ek het nie vroue ge­sien deel­neem nie) on­langs met my in Beeld oor die “oor­le­wing” van A­fri­kaans ba­klei, won­der ek wel­ke vorms van A­fri­kaans se e­wi­ge voort­be­staan hul­le ge­waar­borg wil sien.

Die mees­te A­fri­kaans­spre­ken­des het se­ker al weg­be­weeg van die “al­ge­meen be­skaaf­de” A­fri­kaans wat lank aan ons op­ge­dwing is. Dit lyk my “Kaaps” word by­voor­beeld as ’n vorm van A­fri­kaans er­ken. Daar­by kom nog ou­tyd­se A­fri­kaans ook. Dit is heer­lik om te hoor dat dit tyd is om kooi toe te gaan; die snoek hoe­ka nou loop; en ’n oor­lam­se klon­kie weer slim­mer as die hout­jie van die galg was.

My oë word wa­te­rig wan­neer ek oor die ra­dio hoor hoe ’n wel­spre­ken­de sjar­man­te ne­ge­ja­ri­ge mei­sie in die dub­be­le ver­le­de tyd sê dat toe sy “drie jaar oud ge­was het” sy by­na blind ge­word het, maar dat dok­ters haar nou gaan help. Mens moet mos “moed het”.

Dit was vir my ’n ont­sag­li­ke voor­reg om A­dam S­mall kort voor sy dood te leer ken toe hy ver­le­de jaar saam met my op die pa­neel ge­dien het wat aan Tuk­kies se raad oor die u­ni­ver­si­teit se taal­be­leid ver­slag ge­doen het. Toe word hier­die groot gees som­mer saam met my en die an­der pa­neel­le­de in die koe­rant be­swad­der toe ge­skryf word dat “die oud­reg­ter” vol­gens som­mi­ges ’n “voor­af op­drag” uit­ge­voer het.

Ge­luk­kig vir die las­te­raars is dit te laat vir S­mall om te eis en is ek te sku vir ho­we.

A­fri­kaans word gees­drif­tig ge­praat in tronk­taal, ver­al in die Wes-Kaap. Hier­die taal gee ’n mens ’n ky­kie in die le­we van mis­daad­ben­des bin­ne die “vier hoe­ke”.

Ge­sag is ’n werk­lik­heid. Die “laas­te ou” is die hoof van die tronk; ’n “la­nie” ’n wit baas; en ’n “boer” ’n wit be­waar­der. “Nom­mer een” is eg­ter nie die pre­si­dent of tronk­be­vel­voer­der nie, maar iets be­lang­ri­kers, naam­lik dag­ga. ’n “Ou met weers­kan­te” is ’n ju­ni­or be­waar­der, ’n “ou met stra­le” ’n se­ni­or be­waar­der en ’n “ag­ter­ry­er” ’n ver­trou­e­ling van be­waar­ders.

Voed­sel, le­we en dood is deel van hul daag­lik­se werk­lik­heid. “Kat­kop” is brood; “fol­lies drie” kos; “jood” die plek waar jy kos met “die blink ding”, naam­lik geld, kan be­stel; “hond­jies” vuur­hout­jies; en “drag­te” kle­re. Soms deel kor­rup­te be­amp­tes of “ma­ja­pies” ta­bak of­te­wel “ma­ga­lies” uit. Heel po­ë­ties is “wit­be­ne” die dood. Om “wit­be­ne te gaan” be­te­ken dat jy gaan sterf en die “wit­be­ne-march” om dood te maak. Die dood staan ook as “blou jet” en “swart jet” be­kend. Ver­ba­send be­te­ken die woord “dood­maak” glo ver­raad, soos om teen ie­mand te ge­tuig; en “dood­steek” die ver­wy­de­ring van ’n ta­toe­ëer­merk.

Die staat en ben­de-o­wer­heid se straf­stel­sel ken hul­le goed. “Toe­kamp” is ’n mak­si­mum-vei­lig­heids­ge­van­ge­nis; “oop­kamp” ’n me­di­um een of af­de­ling vir nu­we­lin­ge. “Koe­loe­koets” ver­wys na een­sa­me op­slui­ting in ’n en­kel­sel; so ook “om ber­ge toe te gaan”. Die “ber­ge van P­re­to­ria” was die do­de­sel voor jy ge­hang word. Ge­har­de le­de word in “die ram­kamp” aan­ge­hou.

Wan­neer “die blok warm” is, is ’n ben­de­ge­veg op pad. Dan moet ben­de­lei­ers “kring­sit” om te be­raad­slaag, of­te­wel te “lees”, en te be­sluit of die “kool”, of “dui­wel­stert”, naam­lik ’n mes, ge­bruik gaan word. Dalk moet jy jou “ma se kind” – jou bloed­broer of me­de-ben­de­lid – be­skerm. Om “lig te gee” is aan­ran­ding en “bloed­vat” ’n dras­tie­se vorm daar­van.

Seks speel ’n be­lang­ri­ke rol in ge­sag­struk­tu­re. Wan­neer jy “bed­maak” of “huis op­sit” be­gin jy ’n ver­hou­ding met ’n “wy­fie”, wat ook ’n “kind”, of “klein­mens” ge­noem word. “Sal jy met my ver­staan?” is glo hoe jy vra om te be­gin. (As baie hu­we­li­ke bui­te die tronk­mu­re maar met hier­die vraag kon be­gin, sou hul­le dalk lan­ger hou, dink ’n mens am­per.) Seks is “vrug­te eet”, of “wa­ter drink”, wat mens her­in­ner aan Da­vid Kra­mer se won­der­li­ke woor­de: “Die lief­de is soos wa­ter en ek is baie dors.”

Die man­li­ke ag­ter­ste­we is “klip”. Laat staan eer­der wat “klip slaan” be­te­ken. “Brand­straf” is wan­neer ver­skeie hier­die daad as straf vir ’n oor­tre­der uit­deel.

Ek is geen taal­kun­di­ge of so­si­o­loog nie, maar dit lyk my of tronk­taal om ver­skeie re­des ont­wik­kel het: As ’n ko­de om an­der uit te hou en ge­hei­me te be­waar; as ’n me­di­um om men­se wat me­kaar se lot deel te ver­e­nig en ’n i­den­ti­teit te gee; om skep­pend te wees ter­wyl jy wei­nig an­ders te doen het; mis­kien om die “al­ge­meen be­skaaf­de” es­ta­blishment te tart?

Moet ons tronk­taal se A­fri­kaans uit­roei as deel van skol­lies en skur­ke se mis­daad­kul­tuur – dalk met die wet­te en staats­mag wat ons so kla nie in staat of be­reid is om A­fri­kaans se toe­koms te be­skerm nie?

Of moet ons bly wees dat A­fri­kaans lus­tig le­we in ’n “on­oor­dent­li­ke” hoe­kie van ons sa­me­le­wing, ag­ter tra­lies wat dit nie kan keer om te ge­dy nie?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.