By Dop­pers kan jy da­rem nog van ‘hert’ sing

Beeld - - KOMMENTAAR - Jo­han van Wyk

Ge­har­de Dop­pers sal dit na­tuur­lik ont­ken, maar ek hoor by van my meer ver­lig­te D­op­per­vrien­de hul­le mag dit nou ge­niet om te dans. Vroe­ër mog hul­le mos wel dans, maar dit was son­de om dit te ge­niet.

Wys jou hoe die wê­reld ver­an­der het.

Hoe­wel dit eint­lik ’n teen­stel­ling is. Dis nie die wê­reld wat ver­an­der nie, maar men­se.

Dis nie al nie. Ek het on­langs op uit­no­di­ging ’n e­re­diens in ’n Ge­re­for­meer­de Kerk by­ge­woon en lek­ker saam met die Dop­pers ge­san­ge uit die kerk se Lied­boek ge­sing. Vroe­ër is mos net Psalms in die Ge­re­for­meer­de Kerk toe­ge­laat.

By die tee­ta­fel ná die diens het ’n mooi vrou vir my ge­knip­oog: “Ons Dop­pers word nou cool, nè!”

Nie dat die Gat­jie­pon­ders ag­ter­bly nie.

’n Week la­ter het ek in my eie NG ge­meen­te aan­skou hoe ’n jong va­der, nie in swart skoe­ne en ’n kis­pak met ’n be­nou­de das­kno­pie on­der sy keel nie, maar in ’n kort­broe­kie, T-hem­pie en tek­kies sy skat­li­ke ba­ba­dog­ter­tjie ten doop bring. Die hoor­ba­re a­sem­teug wat deur die kerk ge­trek het, het hom nie in die min­ste ont­stel nie. Ook nie die sui­ge­ling nie. Sy was so stil soos ’n muis toe die pre­di­kant haar met wa­ter be­sprin­kel.

Dit het my laat te­rug­dink aan hoe ons ba­ba­seun­tjie 41 jaar ge­le­de pro­beer het om die T­wee­to­ring­kerk in Bloem­fon­tein se dak man-al­leen te lig.

Maar da­rem nie so dat die le­raar hoef te­rug te ge­staan het nie, soos toe ’n be­dor­we pok­kel wat lank­al ge­speen moes ge­wees het in die ou Sen­ding­kerk in Wil­lis­ton voor die doop­vont ’n keel op­ge­sit het. In ’n po­ging om hom stil te kry het sy ma haar rok bo­langs oop­ge­knoop en ge­dreig: “Vat die pram, of ek gee hom vir die pre­di­kant!”

Om dié moont­lik­heid te ont­wyk het die le­raar vin­nig ’n tree of wat op­sy ge­staan.

Wat my ont­stel het, was om vir die so­veel­ste keer in ’n kerk net ’n en­ke­le ou­er­paar met ’n ba­ba voor die doop­vont te sien.

Klaar­blyk­lik weg is die dae toe doop­ou­ers ge­reeld ’n kerk se skip in ’n half­maan vol­ge­staan het.

Die ge­fluit van stoom­trei­ne het men­se toe snags wak­ker ge­maak. Nou word hul­le snags deur vre­se oor hul kin­ders en klein­kin­ders se toe­koms in Suid-A­fri­ka wak­ker ge­hou. G’n won­der dat wit A­fri­kaan­se men­se teen 2030 slegs 1,8% van die be­vol­king sal uit­maak nie.

Maar die prag­ti­ge, dig­ter­li­ke psalms van wel­eer. Toe die pre­di­kant ’n paar drup­pels wa­ter oor die en­ke­le do­pe­ling se ho­fie giet, het Psalm 42 uit die ou Psalm- en Ge­san­ge­boek by my op­ge­kom. Ek hoop die Dop­pers hou aan om dit te sing en nie die nu­we weer­ga­we in die Lied­boek nie, waar­in die mooi woord, “hert” (“soos ’n hert in dor­re stre­ke”) ’n “wilds­bok” en die ewe be­skry­wen­de “wa­ter­be­ke” toe “hel­der wa­ter” ge­word het. Vir wat?

Ek word som­mer ’n dap­per Dop­per!

By die tee­ta­fel ná die diens het ’n mooi vrou vir my ge­knip­oog: “Ons Dop­pers word nou cool, nè!”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.