Li­zet­te Ra­be.

In hier­die dae, 20 jaar ge­le­de, het ’n re­bel­lie deur die gan­ge van Nas­pers, van­dag Me­dia24, ge­trek toe ’n jon­ger ge­ne­ra­sie joer­na­lis­te ’n ou­er ge­ne­ra­sie uit­ge­daag het. Wat is die be­te­ke­nis van daar­die “WVK­ding”, vra

Beeld - - KOMMENTAAR -

Die “WVK-ding” – die woor­de van Tim du P­les­sis, oud­re­dak­teur van Beeld en Rap­port en nou nuus­hoof by kykNET – het ge­gaan oor die me­di­a­sit­tings wat in Sep­tem­ber 1997 deur die Waar­heids-en-Ver­soe­nings­kom­mis­sie (WVK) ge­hou is. Al­le me­di­a­hui­se is ge­nooi om voor­leg­gings te doen oor die ja­re van­af 1960 (dus min of meer die tyd van die S­har­pe­vil­le-tra­ge­die) tot met de­mo­kra­sie in 1994. Nas­pers se maat­skap­py­be­sluit was om nie te ge­tuig nie, en dit is uit­ge­daag deur die Du P­les­sis-ge­ne­ra­sie. In 1997 was Du P­les­sis ad­junk­re­dak­teur van Beeld, en die ou­er ge­ne­ra­sie is ver­ge­stalt deur Ton Vos­loo, toe nie-uit­voe­ren­de voor­sit­ter van Nas­pers.

Nou, 20 jaar la­ter, kan ’n mens sê dié e­pi­so­de kan as ’n nood­saak­li­ke mon­dig­wor­ding vir die A­fri­kaan­se joer­na­lis­tiek ge­sien word, so­dat hy hom kon her­po­si­si­o­neer in ’n nu­we me­di­a­po­li­tie­ke e­ko­lo­gie. Meer nog: dat hy nood­saak­li­ke kul­tu­re­le ka­pi­taal vir ’n nu­we toe­koms ver­werf het.

Maar in na­be­trag­ting staan een be­gin­sel soos ’n hel­der vlag uit – ’n be­gin­sel wat die Nas­persmeem ge­noem kan word, en waar­vol­gens al­bei groe­pe oor­tuig was hul­le doen die reg­te ding. Wat was dié Nas­pers-meem? In twee woor­de: lo­ja­le ver­set.

Nas­pers was in 1997 nog be­kend as ’n A­fri­kaan­se me­di­a­huis, al het hy al van 1984 af City Press, Drum en True Lo­ve uit­ge­gee (en van 1965 Fai­r­la­dy, en reeds in 1922 sy eer­ste boek in ’n swart taal). In 2000 is Nas­pers ge­her­struk­tu­reer in vyf af­de­lings, Die tra­di­si­o­ne­le Nas­pers-be­lan­ge is ge­groe­peer on­der Me­dia24. In 1997 het die koe­ran­te nog on­der Na­si­o­na­le Koe­ran­te ge­val.

Die WVK se eer­ste sit­ting was sim­bo­lies op 16 De­sem­ber 1995. In die nu­we Suid-A­fri­ka was dit Ver­soe­nings­dag; voor­heen Ge­lof­te­dag, en nog vroe­ër Din­gaans­dag, waar­mee die Bloed­ri­vier­kon­flik her­denk is. Vir Nas­pers, soos die maat­skap­py for­meel in 1998 her­noem is, sou dit sorg vir ’n heel án­der “Piekniek by Din­gaan” – die ti­tel van ’n pro­te­ska­ba­ret uit Diep A­part­heid.

Die sit­tings was be­doel om ’n ge­leent­heid te wees waar SuidA­fri­ka­ners van al­le oor­tui­gings en ag­ter­gron­de oor men­se­reg­te­ver­gry­pe kon ge­tuig. Ui­t­ein­de­lik is meer as 21 000 ver­kla­rings ont­vang en meer as 1 000 men­se het am­nes­tie ge­kry. In van die Nas­pers-koe­ran­te is die WVK as die “lieg-en-bieg-kom­mis­sie” be­skryf, en die voor­sit­ter, aarts­bis­kop Des­mond Tu­tu, is nie net ge­de­mo­ni­seer nie, maar dik­wels ook be­lag­lik voor­ge­stel.

Die spe­si­a­le sit­ting vir die me­dia was van 15 tot 17 Sep­tem­ber 1997. Vos­loo het sy be­sluit om nie ’n voor­leg­ging te doen nie daar­op ge­grond dat Nas­pers nie ’n bil­li­ke ont­vangs sou kry nie, dat daar nie ver­troue in die pro­ses was nie en dat hy nie sy voor­gan­gers, soos Piet Cil­lié en S­chalk Pie­naar, kon ver­lo­ën nie. Hy het dit bo­we­al ge­doen in die vas­te oor­tui­ging dat die Nas­pers-koe­ran­te a­part­heid met hul her­vor­mings­joer­na­lis­tiek af­ge­breek het. Vos­loo het la­ter ge­skryf hy het sy be­sluit ge­grond op slegs een woord: lo­ja­li­teit.

’n Amp­te­li­ke Nas­pers-ver­kla­ring is wel voor­be­rei, maar nooit voor­ge­lê nie. Dit is ge­skryf deur die his­to­ri­kus-joer­na­lis Le­o­pold S­choltz, wat toe ad­junk­re­dak­teur van Die Bur­ger was. Hen­nie van De­ven­ter, oud­re­dak­teur van Volks­blad en toe hoof van Na­si­o­na­le Koe­ran­te, het ’n in­di­vi­du­e­le voor­leg­ging ge­doen waar­in hy die rol van die A­fri­kaan­se koe­rant ver­dui­de­lik het.

On­der die jon­ger joer­na­lis­te was daar e­wen­eens ’n vas­te oor­tui­ging, naam­lik dat die maat­skap­py ’n waar­de­vol­le ge­leent­heid laat ver­by­gaan het.

Ui­t­ein­de­lik het so­wat 127 Nas­pers-joer­na­lis­te in­di­vi­du­e­le voor­leg­gings aan die WVK ge­doen, hoe­wel oor die fi­na­le ge­tal on­dui­de­lik­heid is. Die Na­si­o­na­le Ar­gief in P­re­to­ria, wat die WVK-do­ku­men­te huis­ves, het re­kord van so­wat 40.

Saam met Du P­les­sis was die lei­ers van die Jong Tur­ke To­bie Wie­se, toe ad­junk­re­dak­teur van In­sig (wat in 2007 ge­sluit is) en Ar­rie Ros­souw, toe saam met Du P­les­sis ad­junk­re­dak­teur van Beeld. In na­be­trag­ting kan ’n mens sê daar was in­der­waar­heid drie ge­ne­ra­sies be­trok­ke – ook dié van Cil­lié en Pie­naar. En die oor­saak van die breuk – pa­ra­dok­saal – was juis dít wat al drie aan me­kaar ge­bind het: lo­ja­le ver­set.

Lo­ja­le ver­set was die ti­tel van ’n bun­del Huis­ge­noot-ru­brie­ke deur N.P. van Wyk Louw wat in 1939 uit­ge­gee is. Cil­lié het la­ter ge­sê dat sy en Pie­naar se “gees van re­bels­heid” in die be­grip “lo­ja­le ver­set” weer­spie­ël is. Louw se kern­be­grip­pe was die “oop ge­sprek”, “lo­ja­le ver­set” en “voort­be­staan in ge­reg­tig­heid”. Na­si­o­na­lis­te moes hul­self voort­du­rend ná in­drin­gen­de debat – die “oop ge­sprek” – vra of hul Na­si­o­na­lis­me “eer­lik” is, of an­der ska­de aan­doen, en dan moet die “lo­ja­le A­fri­ka­ner” skerp kri­ties wees – of­te­wel “lo­ja­le ver­set” uit­oe­fen.

Die be­grip het daar­na ge­reeld in Nas­pers-pu­bli­ka­sies weer­klink – as’t wa­re ’n meem ge­word wat deur de­ka­des en ge­ne­ra­sies ge­vloei het. Dit was ook sim­bo­lies van die kom­plek­se re­dak­si­o­ne­le po­si­si­o­ne­ring van Nas­pers-pu­bli­ka­sies – in Pie­naar se woor­de: “on­af­hank­lik­heid-in-ge­bon­den­heid”. Cil­lié het by­voor­beeld ook be­klem­toon dat Louw se lo­ja­le ver­set een van die be­grip­pe was wat van die ver­naam­ste “ge­reed­skap” was in die “pro­ses van voort­du­ren­de vry­ma­king in die A­fri­kaan­se joer­na­lis­tiek”.

Iro­nies ge­noeg sou juis dié be­grip nie net on­der­lig­gend wees aan die bit­ter­heid van die 1997ge­beu­re nie, maar ook vir die vry­koop van die A­fri­kaan­se joer­na­lis­tiek. Vir Vos­loo en sy ge­ne­ra­sie was die klem op lo­ja­li­teit bin­ne die lo­ja­le-ver­set-pa­ra­dig­ma; vir Du P­les­sis se ge­ne­ra­sie was dit op ver­set.

Die stryd het ook op ’n per­soon­li­ke vlak seer­ge­maak. Vir Du P­les­sis was Vos­loo meer as ’n men­tor – hy was ook ’n va­der­fi­guur. Vir Vos­loo, op sy beurt, was Pie­naar die men­tor en rol­mo­del. Die ver­haal be­vat ’n ver­de­re in­he­ren­te pa­tos in die sin dat die ver­teen­woor­di­gers van al drie ge­ne­ra­sies – Pie­naar, Vos­loo en Du P­les­sis – elk hul pa op ’n jong ou­der­dom ver­loor het.

Maar die pa­ra­doks van lo­ja­le ver­set – en ge­ne­ra­sies wat me­kaar in lo­ja­li­teit uit­daag, soos dit hoort – het ui­t­ein­de­lik ook ge­se­ë­vier. Du P­les­sis se ag­ting vir Vos­loo het ge­blyk in hoe hy la­ter na die e­pi­so­de ver­wys het, naam­lik dat die re­de hoe­kom daar nie bly­wen­de ska­de was nie toe­ge­skryf kan word aan Vos­loo se lei­er­skap en sy ruim­heid van gees. Ook Vos­loo het aan Du P­les­sis er­ken­ning ge­gee: “Tim die Jon­ge het aan Ton die Oue, se­ker ’n punt (of guns?) be­wys met sy aan­slag wat deur die eeue by mens en dier voor­kom: die jon­ge­res wat die ou­es uit­daag.”

Die “wor­ste­ling” – ook in Du P­les­sis se woor­de – van 20 jaar ge­le­de is geen sim­plis­tie­se ver­haal van hel­de of skur­ke nie. Dit was eer­der – on­ver­my­de­lik – ’n oor­gangs­ri­tu­eel waar­in nood­saak­li­ke kul­tu­re­le ka­pi­taal as va­lu­ta vir ’n nu­we toe­koms ver­werf kon word. In­der­daad: ’n “doe­a­ne­punt en pas­poort­stem­pel” tot ’n nu­we toe­koms, soos Du P­les­sis in 2015 ge­skryf het.

Vos­loo het dik­wels la­ter in toe­spra­ke ge­sê dit was dui­de­lik ver­keerd dat Nas­pers en sy koe­ran­te a­part­heid so lank on­der­steun het. In 2015, met Nas­pers se eeu­fees, het hy ge­skryf: “Ek sê dus hel­der en dui­de­lik ’n mens moet die fout er­ken en om ver­sko­ning vra aan ons me­de-Suid-A­fri­ka­ners.”

In na­be­trag­ting is daar nog ’n “les” wat 20 jaar la­ter hel­der weer­klink. Dit is die in­he­ren­te be­gin­sel van die lo­ja­le ver­set-be­grip, naam­lik dié van we­der­syd­se re­spek – kul­tu­re­le ka­pi­taal van ’n diep mens­li­ke aard. Dit is iets wat ons juis, en ver­al, van­dag in ’n tyd van mo­re­le ban­krot­skap nuut moet in­spi­reer.

Li­zet­te Ra­be is voor­sit­ter van die de­par­te­ment joer­na­lis­tiek aan die U­ni­ver­si­teit S­tel­len­bosch.

Nood­saak­li­ke kul­tu­re­le ka­pi­taal kon as va­lu­ta vir ’n nu­we toe­koms ver­werf word.

Fo­to: JILLIAN EDELSTEIN

Aarts­bis­kop Des­mond Tu­tu, voor­sit­ter van die Waar­heids­en­Ver­soe­nings­kom­mis­sie, in tra­ne ty­dens ’n sit­ting.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.