Twee kan­te van die pyn

Tu­mi Mo­ra­ke, ont­by­taan­bie­der by Ja­ca­ran­da FM, het on­der kri­tiek deur­ge­loop na­dat sy ge­sê het ná a­part­heid “. . . is net ge­sê . . . dat al­mal nou moet deel. Dis soos wan­neer ’n boe­lie ’n an­der kind se fiets vat en die boe­lie daar­na toe­ge­laat word om die fi

Beeld - - KOMMENTAAR - Dirk Her­mann Jo­Ann Flo­ris

Ek is wit en moeg daar­voor om op grond van my ras ge­boe­lie te word. Ras is nie my pri­mê­re i­den­ti­teit nie, maar ek word kort-kort in ’n po­si­sie ge­plaas waar ek dit moet ver­de­dig. Ek, en waar­skyn­lik Tu­mi ook, smag daar­na dat ons ver­by ras moet kom.

On­ge­luk­kig is dit dees­dae mo­de om wit men­se te boe­lie. Al die pro­ble­me het be­gin toe Jan van Rie­beeck (lees wit men­se) hier aan­ge­kom het. Wit “boy­tjies” moet hul­le ge­dra. Wit men­se moe­nie ge­slag word nie, in elk ge­val nie nou al nie. Wit men­se is vreem­de­lin­ge in die land, ko­lo­ni­a­lis­te van ’n spe­si­a­le aard. Met wit­tes moet ge­doen word wat Hit­ler met die Jo­de ge­doen het. Ons moet selfs met ba­zook­as ge­skiet word. Al hier­die din­ge is deur po­li­ti­ci en men­se in lei­ers­po­si­sies ge­sê. Boe­lies met ge­sag.

Hier­die ras­se­boe­lie­ge­drag is in die o­pen­ba­re dis­koers aan­vaar­baar.

Wit men­se moet tog so ver­sig­tig wees wat hul­le sê. Hul­le moet op oor­dre­we wy­se wys hul­le is nie ras­sis­ties nie, maar die ras­boe­lies gaan net voort.

Laat ’n wit­te nou waag om te ver­brou, dan is dit op al wat ’n voor­blad is. Dit kan net klein­skaal­se brou­werk wees soos in die ge­re­ken­de e­ko­noom Chris Hart se ge­val, dan is jy weg.

Wit men­se word in die werk­plek ge­boe­lie. Vals klag­tes van ras­sis­me ver­nie­tig loop­ba­ne.

S­pan­nings­vlak­ke loop hoog. Siel­kun­di­ges spe­si­a­li­seer in de­pres­sie on­der wit men­se weens ver­vreem­ding in die werk­plek. In my eie dok­to­ra­le stu­die was ek ge­skok om te sien hoe hoog wit men­se se ver­vreem­dings­vlak­ke is.

Ver­vreem­ding lei daar­toe dat wit men­se mag­te­loos voel. Hul­le is ín ’n si­tu­a­sie, maar nie déél daar­van nie. Hul­le be­gin be­te­ke­nis­loos voel. Maat­skap­pye word selfs ge­straf om­dat wit men­se daar is.

On­danks dié ge­voe­lens bly wit men­se lo­jaal aan die land, hul­le pres­teer goed, wil hier bly en, vol­gens die In­s­ti­tuut van Ras­se­ver­hou­din­ge, is ge­voe­lens van ras­sis­me oor die al­ge­meen, ook on­der swart Suid-A­fri­ka­ners, baie laag. Tus­sen­ras-ver­hou­din­ge is oor die al­ge­meen in die daag­lik­se om­gang van men­se nie sleg nie.

Na­tuur­lik is daar swart men­se wat ook op ver­skeie vlak­ke en weens ver­skeie re­des ver­vreemd voel. Dit is ’n werk­lik­heid, maar dit maak nie die ge­voel wat wit men­se be­leef on­ge­daan nie. Ál­bei groe­pe moet daar­oor kan praat en dit deel.

Ge­wo­ne wit werk­ne­mers be­leef boe­lie­ge­drag el­ke dag, maar dit is nie deel van die o­pen­ba­re dis­koers nie – dis hoog­stens deel van die braai­vleis­dis­koers.

Dit is ’n dis­koers waar­van Tu­mi nie weet nie, want die po­li­tiek-kor­rek­te hoof­stroom het die mo­re­le stil­swye van die ver­le­de daar­op ge­lê.

Soms bor­rel dit uit en dan vra die kor­rek­tes: “Waar kom dit van­daan?” Dit is wat op die oom­blik met Tu­mi ge­beur. Sy het ’n naald in ’n sweer ge­druk.

’n Deel van die sweer se ne­ga­tie­we kant bor­rel in so­si­a­le me­dia uit. Daar is on­ge­luk­kig men­se wat ras met ras wil be­veg, maar die oor­gro­te meer­der­heid is ge­wo­ne, goeie men­se wat ge­frus­treerd is, maar hier wil bly, wil werk, ’n by­drae wil le­wer en goed met an­der ras­se­groe­pe oor die weg wil kom.

Wit men­se pro­beer om op ver­skeie plek­ke te ont­snap. Een so ’n vei­li­ge plek is hul mo­tors. Dit is hul plek. Van hul­le luis­ter na mu­siek van ra­di­o­sta­sies soos Ja­ca­ran­da FM. On­danks die ver­keer is dit tog ’n plek waar hul­le rus­tig kan wees, na mu­siek kan luis­ter met om­roe­pers wat die at­mos­feer fa­si­li­teer.

Wat het Tu­mi toe ge­doen? Sy dring hul vei­li­ge plek bin­ne en wys hul­le te­reg.

Is Tu­mi ver­baas dat ’n deel van haar lo­ja­le luis­te­raars woe­dend is? Hul­le is ont­nug­ter oor hul ra­di­o­sta­sie wat hul­le in hul vei­li­ge plek toe­ge­laat het. Hul­le word o­ral ge­bom­bar­deer; hul­le wil nie in hul mo­tors ook oor die vin­gers ge­tik word nie.

Haar he­le ge­voel was: “Bly tog net stil, jul­le was ’n klomp ver­druk­kers. Jul­le het eint­lik jul reg­te ver­loor en is vreem­de­lin­ge wat dank­baar moet wees dat jul­le dit ge­gun word om hier te wees.”

Daar is ’n pro­bleem, want dit is nie net “haar” men­se wat na haar luis­ter nie. Dis Ja­ca­ran­da FM-men­se wat na Ja­ca­ran­da FM luis­ter.

Iro­nies ge­noeg ge­bruik sy die a­na­lo­gie van ’n boe­lie om van­af ’n plat­form wat haar ’n se­ke­re ma­te van mag gee, te boe­lie. Sy het dit mis­bruik. Dit gaan nie daar­oor dat sy haar ge­voe­lens uit­ge­spreek het nie; in­teen­deel, ek wil hê ons moet meer én o­pen­li­ker praat. Dit gaan oor waar en van wat­ter plat­form sy die uit­spra­ke maak.

Dalk moet ons die debat in Suid-A­fri­ka skuif na we­der­syd­se er­ken­ning en re­spek so­dat ons kin­ders vry en vei­lig op hul­le fiet­sies kan ry.

Dáár­die debat be­gin by jou en my.

Dr. Her­mann is die be­stuurs­hoof van So­li­da­ri­teit.

Mens moe­nie iets skryf as jy só woe­dend is dat die ge­dag­tes bol­le­ma­kie­sie slaan in jou kop en ge­moed en hart nie. Of waar die lyn tus­sen kwaad en hart­seer so vaag is dat dit jou bang maak.

So, as ek hoor hoe (wit) men­se vir Tu­mi sê sy “must get o­ver her­self” en swart men­se oor die al­ge­meen moet aan­be­weeg, dan raak daai vae lyn in my kop ’n sweep wat my met bloed­ha­le slaan.

Ek is nie ’n ak­ti­vis nie. Ek het nie st­rug­gle cre­den­ti­als nie. Po­li­ti­ci maak my wre­we­lig, hul­le sit aan my soos skuur­pa­pier teen die vel. Dees­dae is dit or­ga­ni­sa­sies soos A­friForum wat daar­die skuur­pa­pier oor my vel vryf.

Ek is kwaad vir po­li­ti­ci wat din­ge be­ter moes maak, maar net soos hul voor­gan­gers in die a­part­heids­ja­re skep hul­le die vrug­ba­re teel­aar­de vir ver­deeld­heid, ras­se­haat, on­ver­soen­baar­heid, on­be­grip, wan­per­sep­sies – en in die per­fek­te storm blom die stem­me wat skree: Ver­geet, mo­ve on, jul­le het mos nou ook ge­leent­he­de.

Dis die pro­bleem. Die jul­le. Ie­mand wat wéér be­sluit daar is ons en jul­le, die an­der.

Hoe­kom kan jul­le men­se nie aan­be­weeg nie. Hoe­kom kla jul­le, jul­le kin­ders kan mos nou saam met ons kin­ders skool­gaan. Jul­le kan mos nou ook saam met ons in die­self­de kerk sit. Kyk hoe goed is ons vir jul­le.

Ji­r­der.

Hoe­kom is dit so dat die mees­te bruin en swart tie­ners nie die­self­de self­ver­troue o­pen­baar as hul wit tyd­ge­no­te nie?

Hul­le – en selfs tot in my ge­ne­ra­sie – dra die as­kies­tog-hou­ding wat soos ’n bos­luis klou. Dis nie lek­ker nie, maar dis ja­re se kon­di­si­o­ne­ring. Ja, ek weet ons moet ons­self uit­sor­teer, maar jim­mel, ha­ve a he­art.

Dit sit vlak, want dis al wat ons en ons voor­sa­te ons le­we lank ge­hoor het: Gaan staan by die ag­ter­deur. Gaan koop by die klein ven­ster­tjie. Ver­dui­de­lik hoe­kom jy hier is. Hoe­kom loop jy hier in die straat? Nee, jy kan nie hier bly nie. Gaan bly daar doer ag­ter die ou myn­ho­pe en die as­ga­te. Out of sig­ht, out of mind tot­dat ons jou no­dig het, ons sal laat weet.

So ja, Tu­mi is heel­te­mal reg as sy ver­wys na men­se wie se mens­waar­dig­heid só af­ge­breek is dat hul­le steeds suk­kel om die stuk­kies by­me­kaar te hark.

My pa was ’n man wat lief was om sy ge­sin in die ou Kom­bi te laai en om va­kan­sies om die beurt die pad te vat Mt­ha­tha of S­tan­ger toe. Die e­nig­ste lek­ker deel van dié trip­pies was ter­wyl ons op die pad was, want nie­mand het jou on­wel­kom laat voel nie. Dan het die aand­ska­re ge­kom en ons moes, ten­sy ons deur word of mouth slaap­plek ge­re­ël kon kry by plaas­li­ke in­wo­ners, in die Kom­bi slaap, want daar was nie tyd­deel of gas­te­hui­se of ho­tel­le waar ons wel­kom was nie.

En dit is die snaps­hot van my le­we. ’n Bie­tjie lek­ker met die bit­ter wat ’n groot hap vat.

Jy kan die pad vat en jou land sien, maar sor­ry, net op ie­mand an­ders se ter­me. En steeds het ons dit baie, baie mak­li­ker ge­had as der­dui­sen­de van ons land­ge­no­te. Hoe­veel die­per moet die seer en ver­wer­ping nie dán loop nie.

Wat sny die­per as woor­de en wet­te? Om ge­min­ag te word. Om nie er­ken te word nie. Om nie ’n sê te hê in jou eie land nie. Om deur ’n wit woon­ge­bied sta­sie toe te loop en te moet hard­loop, want die hek­ke word oop­ge­maak as jy ver­by­loop so­dat die hon­de jou kan jaag.

Tel daar­by die laat-maar-loop-be­gin­sel (hoe min­der hul­le leer, hoe be­ter), ge­dwon­ge se­gre­ga­sie. Lae be­sol­di­ging. Gróót ga­pings tus­sen wat pen­si­oe­na­ris­se by­voor­beeld ont­vang het net om­dat hul vel­kleur ver­skil het. So as­of een mens meer waar­de het as ’n an­der.

Din­ge gaan be­ter. Daar is meer ge­leent­he­de. Die stuk­kies is be­sig om heel te word. Maar die kra­ke sit nog waar die heel be­sig is om aan­me­kaar ge­plak te word.

Er­ken­ning van ’n an­der se pyn sal help. Er­ken­ning dat daar grow­we on­mens­lik­heid was, sal help.

Vir al­mal wat sê: dit was mos nie ék nie, a­part­heid was nie mý skuld nie – dit min­ag my ver­der.

Sor­ry sê is nie mak­lik nie, want dit im­pli­seer daar is iets ver­keerd ge­doen. Maar dit moet ge­doen word. Nie op die ag-he­mel-tog-laat-ek-dit-maar-doen-ma­nier nie. Maar uit me­de­mens­lik­heid en om die deur oop te maak vir die goeie om deur­ge­laat te word.

Ek is ge­luk­kig. Ek kry bloot­stel­ling aan a­we­so­me men­se wat na­dink oor goed en wat sin­vol­le de­bat­te kan voer en stry met me­kaar en leer om me­kaar te ver­staan.

Ek vra net vir he­art­felt er­ken­ning van ’n an­der se pyn. Moet dit nie af­maak as ’n “so-cal­led in­jus­ti­ce” of ’n “wol­le­ri­ge kon­sep” nie. E­ni­ge mens ver­dien meer. ■

Flo­ris is ’n ad­junk­re­dak­teur van Net­werk24.

Tu­mi Mo­ra­ke van Ja­ca­ran­da FM.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.