Vat jou tyd deur die Pi­re­neë

Beeld - - SAKE - REIS SAAM MET JENS Jens F­ri­is Vra ge­rus Stuur jou reis­vrae aan: je­jofr@hot­mail.com.

Van­te­vo­re het ons Eu­ro­pa per be­ge­lei­de toer ver­ken, maar ons glo ons het nou ge­noeg self­ver­troue om dit self per mo­tor te doen. Ons wil graag de­le van meer as een land sien én dit moet ui­ter­aard mooi wê­reld wees. Wat stel jy voor? – H. du Toit, Sa­sol­burg

Ant­woord:

’n Goeie ver­trek­punt vir ’n pad­reis deur die prag­ti­ge Pi­re­ne­ë­berg­reeks is Car­cas­son­ne, wat ’n Wê­reld er­fe­nis ti­tel dra. Die Fran­se het in die Mid­del­eeue dié stad deeg­lik ge­for­ti­fi­seer teen aan­slae van die S­pan­jaar­de. Kyk jy op ’n mooi­weers­dag van hier suid, sien jy die berg wat Frank­ryk en S­pan­je skei.

Waar­om weet ek nie, maar ek het my ’n dor­re berg­reeks (by­na soos die At­las-ge­berg­tes) voor­ge­stel, maar reeds in die voet­heu­wels was dit klink­klaar: Wa­ter is vol­op en va­rings ge­dy langs stro­me wat ge­voed word deur ver­al swaar sneeu­neer­slae.

Net so ’n ver­ras­sing was die land­jie An­dor­ra wat in die hart van die Pi­re­neë wag. Soos Le­so­tho het dit sy on­af­hank­lik­heid daar­aan te dan­ke dat dié ber­ge feit­lik on­deur­dring­baar is. As be­las­ting­he­mel flo­reer die ei­en­doms­be­dryf en ver­al ski­ho­tel­le van meer as vyf ver­die­pings het die af­ge­lo­pe ja­re op­ge­skiet.

Oor­nag ge­rus hier, want die re­ge­ring moe­dig toe­ris­me aan en pro­beer ho­tel­pry­se laag hou so­dat be­soe­kers lan­ger ver­toef.

Waar jy die grens oor­steek na S­pan­je word mo­tors steeds ge­reeld voor­ge­keer, want ver­al die smok­kel van si­ga­ret­te is ’n pro­bleem. Van hier lei ’n pad noordwes deur S­pan­je, waar jy ná so­wat drie uur weer Frank­ryk bin­ne ry.

Dit was op­val­lend hoe­veel stil­ler die S­paan­se paaie was as dié in Frank­ryk – ’n groot lek­ker­te, want dit kos ek­stra kon­sen­tra­sie om­dat die stuur­wiel aan die an­der kant sit én waar die een pas ein­dig be­gin die an­der.

Die bes­te boek wat ons kon op­spoor om ons rit te ver­ryk was Back Ro­ads Fran­ce – S­ce­nic Rou­tes, C­har­ming Ho­tels, Au­then­tic Re­gi­o­nal Cui­si­ne van Ey­e­wit­ness Tra­vel.

Ver­al aan die Fran­se kant het ons hor­des fiets­ry­ers te­ë­ge­kom. Ek kan my voor­stel dat dit iets moet wees vir ’n fiets­ry­er om te kan ver­tel dat hy de­le van die tra­di­si­o­ne­le Tour de Fran­ce-roe­te af­ge­trap het, maar ek het meer­de­re keer ge­won­der waar­om ie­mand hom­self só tot die ui­ter­ste be­proef.

Van o­ral­oor kom hul­le – bloed­jonk tot spier­wit­grys om met ge­oe­fen­de (en min­der ge­oe­fen­de!) kui­te dié paaie aan te durf.

El­ke paar hon­derd me­ter dui pad­bord­jies aan dat hul trap­pe­ry die moei­te werd was, want hul­le is so­veel me­ter ho­ër bo see­spie­ël. Dit dui dan ook die gra­di­ënt aan van die pad wat kom.

Op die kruin wag span­maats op die ag­ter­os­se met ’n be­moe­di­gen­de han­de­klap om die laas­te paar me­ters af te lê.

Dis dan tyd om spie­re wat kramp, vet te smeer, e­ner­gie­dran­kies te drink en die uit­sig te ge­niet.

Af is mak­lik. Al wat dan moei­lik­heid kan gee is dat te vin­nig ry tot ’n val kan lei of dat ’n melk­koei die pad on­ver­wags wil oor­steek.

Ons het nê­rens voor­af slaap­plek be­spreek nie, want ak­kom­mo­da­sie is vol­op en dit bied die voor­deel dat jy kan ry so­ver as wat jy op ’n dag kom. Meer­de­re keer was gas­te­hui­se en ho­tel­le eg­ter vol en het ons eers by die der­de of vier­de plek ge­hol­pe ge­raak.

Ge­praat van hoog­tes . . . Die laag­te­punt van die be­soek was be­slis dat Wes-Eu­ro­pa pe­per­duur ge­word het vir Suid-A­fri­ka­ners.

Wat wel ge­help het, is dat die ak­kom­mo­da­sie in die Pi­re­neë aan­sien­lik goed­ko­per is as in Pa­rys en Ni­ce – maar selfs hier be­taal jy om­trent die helf­te meer as in Suid-A­fri­ka vir iets soort­ge­lyks.

Om geld te spaar, gaan ons dus ’n vol­gen­de keer eer­der iets soos Ma­la­wi, Vi­ët­nam of Mon­te­ne­gro ver­ken. Maar juis hier­om het ons be­sef: Die be­son­der­se Pi­re­ne­ë­kui­er móét ons in­drink.

By oor­nag­plek­ke was daar deur die bank fiets­ry­ers wat graag meer wou weet van ver­al die Kaap­stad-fiets­toer.

Dis be­lang­rik om die reg­te tyd van die jaar daar te wees. Die win­ter en die aan­lig­gen­de maan­de is ta­boe, ten­sy jy wil gaan ski. Ek sou weer in die vroeë so­mer (dus laat-Ju­nie) gaan, want dan is die wê­reld lo­wer­groen en oor­trek met veld­blom­me. Tog is daar steeds sneeu (’n snaak­sig­heid vir ’n Suid-A­fri­kaan­se oog) op die hoë spit­se – en daar­son­der sou die be­soek baie min­der aan­skou­lik ge­wees het.

’n Laas­te brok­kie raad: Moe­nie meer as 60 km per dag pro­beer af­lê nie. Hier is so­veel mooi dat dit ’n son­de is om meer te pro­beer doen – nie dat ’n mens in elk ge­val kan nie, want die af­grond is al­tyd na­by en die paaie vol es­se.

Fo­to: JENS F­RI­IS

Bees­te drink die son­ne­tjie in aan die bo­punt van ’n berg­pas in die Pi­re­neë.

Vraag:

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.