Seld­sa­me wy­ne weer on­der ha­mer

Dié na­week vind die 43ste jaar­lik­se Ne­der­burg­vei­ling plaas waar on­ge­wo­ne en uit­son­der­li­ke wy­ne on­der die ha­mer kom.

Beeld - - SAKE - SAMARIE SMITH @sa­ma­ries­mith Il­lus­tra­sie: HANLIE MALAN

Al­les wat per­soon­li­ke be­lang­stel­ling wek, kom met ’n tik­kie dra­ma – daar­die on­be­skryf­li­ke aan­trek­kings­krag wat maak dat ons hart bol­le­ma­kie­sie slaan en ons in ’n vol­maak­te oom­blik ver­lo­re raak.

Vir wyn­lief­heb­bers is om die bes­te wy­ne te kan proe, een van dié oom­blik­ke. En om ’n paar van die bes­tes in die han­de te kan kry, is ’n ver­len­ging van die ple­sier.

Suid-A­fri­kaan­se wy­ne klim net ho­ër wat ge­hal­te be­tref en die in­trin­sie­ke waar­de styg jaar ná jaar, wat die bes­tes al hoe meer ge­sog maak en el­ke jaar met wyn­vei­lings be­wys word.

Van­jaar se te­ma vir die Ne­der­burg-vei­ling, “S­tre­we na per­fek­sie”, is dus heel ge­pas aan­ge­sien ons wyn­ma­kers vas­be­slo­te bly om die bes­te wy­ne in die bot­tel te kry en so­doen­de die hoog­ste moont­li­ke pry­se daar­mee te be­haal.

Die I­ta­li­aan­se kuns­te­naar en wis­kun­di­ge Le­o­nar­do Pi­sa­no se Fi­bo­nac­ci-spi­ra­le is as in­spi­ra­sie ge­bruik en nés die krul­le wat vroeg­len­te in die win­gerd uit­stoot om na­der aan die son te rank, kan dié pa­tro­ne van vol­maakt­heid ook in die na­tuur ge­vind word.

Nes die win­gerd boon­toe beur, sit ons wyn­ma­kers al­les in om el­ke win­gerd se ter­roir te re­spek­teer en die u­nie­ke ka- rak­ter daar­van in die hart van el­ke wyn vas te maak.

Dit is tog ook wat wyn an­ders maak as e­ni­ge an­der dran­kie: Dit praat van sy plek – in Suid-A­fri­ka se ge­val ’n soort di­ver­si­teit waar­by die res van die wê­reld nie som­mer kan kers vas­hou nie.

Pry­se by die jaar­lik­se Ne­der­burg-vei­ling word dus op me­rie­te be­haal en dit is hoog tyd dat ons wy­ne op die plaas­li­ke en in­ter­na­si­o­na­le ver­hoog op­ge­he­mel word.

Ver­sa­me­laars en lief­heb­bers haal geld uit vir iets wat seld­saam en van die hoog­ste ge­hal­te is.

El­ke jaar word die wy­ne deur ’n ge­re­spek­teer­de pa­neel be­oor­de­laars ge­kies om se­ker te maak daar is iets van al­les en iets vir al­mal.

Se­dert die eer­ste Ne­der­burg­vei­ling in 1975, waar ’n ge­mid­deld van R2,13 per li­ter be­haal is (met Del­heim, Groot Con­stan­tia, Si­mon­sig, O­ver­gaauw en Ne­der­burg die e­nig­ste deel­ne­men­de pla­se), het dié prys jaar­liks bly styg tot waar ’n ge­mid­deld van R740 per li­ter in 2016 be­haal is

Dít wys ons waar­heen SuidA­fri­kaan­se wy­ne op pad is.

Dit is tyd vir die jaar­lik­se Ne­der­burg­vei­ling.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.