Lloyd gee SA sy glim­lag te­rug

Maar geen vreug­de vir Nik in Aar­hus

Beeld - - LIFESTYLE - Chris­to Bu­ch­ner

– Reu­ Sake is ge­lyk­op ná die eer­ste dag van die Da­vis­be­ker-krag­me­ting tus­sen Suid-A­fri­ka en De­ne­mar­ke in Groep II van die Eu­ro/A­fri­ka-so­ne.

Na­dat Nik S­choltz in Aar­hus slae ge­kry het teen F­re­de­rik Niel­sen, het Lloyd Har­ris die si­tu­a­sie vir die Suid-A­fri­ka­ners ge­red deur die groen­tjie, Ben­ja­min Han­ne­stad, met 7-6 (7/4), 6-0, 7-5 te klop.

Die wen­ner van hier­die na­week se krag­me­ting word aan­staan­de jaar be­vor­der na Groep I van die Eu­ro/A­fri­ka-so­ne.

In die eer­ste wed­stryd het Suid-A­fri­ka se naas­bes­te spe­ler, S­choltz, sy rie­me styf­ge­loop teen die De­ne se voor­ste spe­ler, die er­va­re Niel­sen, wat in skoon stel­le met 6-4, 6-2, 6-3 ge­wen het.

Al is S­choltz, nom­mer 402 op die wê­reld­rang­lys, meer as ’n 100 plek­ke be­ter daar­aan toe as Niel­sen, was die Deen se er­va­ring in sy tuis­toe­stan­de en die sta­di­ge bin­nens­hui­se op­per­vlak, net een té veel.

S­choltz het wel die eer­ste deur­braak van die o­pe­ning­stel be­werk­stel­lig toe hy in die se­wen­de ge­breek het om met 4-3 voor te loop, maar Niel­sen het da­de­lik te­rug­ge­breek en ook die daar­op­vol­gen­de twee pot­te sy­ne ge­maak om die stel te ver­o­wer.

In die vyf­de pot van die twee­de stel het S­choltz die Deen teen die toue vas­ge­druk op 15-40, maar kon nie die twee breek­pun­te be­nut nie.

Deur hom­self uit daar­die be­nar­de po­si­sie te wurm, het Niel­sen nu­we le­we ge­gee en hy het die vol­gen­de drie pot­te ook in sy guns laat ein­dig om die stel te ver­o­wer.

Daar­na was daar geen ma­nier te­rug in die wed­stryd vir S­choltz nie en een deur­braak in die agt­ste pot was ge­noeg vir Niel­sen om aan sy span die eer­ste punt te be­sorg.

S­choltz het ná die wed­stryd er­ken die 34-ja­ri­ge Niel­sen het net té veel skiet­goed vir hom ge­had.

“Ek het werk­lik hard pro­beer en glad nie sleg ge­speel nie, maar hy is só goed op hier­die op­per­vlak en het met ’n reeks on­ge­loof­li­ke te­rug­houe na vo­re ge­kom.

“Tel­kens wan­neer ek hom in die moei­lik­heid ge­had het, het hy met iets be­son­ders vo­ren­dag ge­kom en die si­tu­a­sie ge­red. K­re­diet aan hom, hy was net té goed vir my,” het S­choltz er­ken.

Har­ris moes hard werk vir sy se­ge teen ’n spe­ler wat meer as 850 plek­ke swak­ker daar­aan toe is as hy op die wê­reld­rang­lys.

Die eer­ste stel is in ’n val­by­l­pot ge­wen, waar­na Har­ris die twee­de mak­lik met 6-0 ge­wen het, maar weer kwaai moes swoeg in die der­de om ui­t­ein­de­lik in skoon stel­le te wen.

Van­dag se dub­bel­spel­stryd kan deur­slag­ge­wend wees. Ra­ven Klaas­en en Ru­an Roe­lof­se se on­oor­won­ne ver­to­nings­lys as dub­bel­spel­paar sal in stand ge­hou moet word vir Suid-A­fri­ka om sy neus voor te kry.

Fo­to: GALLO IMAGES

Nik S­choltz het sy wed­stryd in skoon stel­le ver­loor . ........................

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.