P­rin­ce: Dis tyd dat Pro­te­as vir Mar­kram kies

Beeld - - LIFESTYLE - Al­tus Mom­berg

Ai­den Mar­kram moet die beurt saam met De­an El­gar vir die Pro­te­as an­ker in die eer­ste krie­ket­toets teen Bangla­desj aan die ein­de van die maand in Pot­chef­stroom.

Die voor­ma­li­ge Pro­tea-staat­ma­ker Ashwell P­rin­ce het gis­ter ge­sê hy glo dis nou tyd om Mar­kram kans te gee.

P­rin­ce, ’n voor­ma­li­ge na­si­o­na­le keur­der en dees­dae die af­rig­ter van die Ca­pe Co­bras, het ge­praat by ’n ge­sel­lig­heid waar die Kaap­se streek­span se sei­soen in­ge­lui is.

Mar­kram (22) se span­maat by die Ti­tans, Hei­no Kuhn, het as aan­vangs­kol­wer diens ge­doen in die af­ge­lo­pe toets­reeks teen En­ge­land son­der om die mas op te kom.

“Men­se sê dit sal on­reg­ver­dig wees om Kuhn nie nog kan­se te gun nie en dat hy in moei­li­ke toe­stan­de in En­ge­land teen ’n bou­l­aan­val van die hoog­ste ge­hal­te moes kolf. Maar ek is jam­mer, toets­krie­ket is ver­on­der­stel om moei­lik te wees.

“Al sou hy lo­pies in die reeks teen Bangla­desj kry, be­te­ken dit reg­tig dat hy lo­pies gaan in­ryg teen In­dië en Aus­tra­lië la­ter van­jaar?” vra P­rin­ce.

“Ek sal eer­der die jong laai­tie die kans gee om sy voe­te te vind teen Bangla­desj en hom reg te kry vir die In­die­se reeks,” sê hy.

Kuhn (33) het in agt kolf­beur­te in die reeks teen En­ge­land 113 lo­pies teen ’n ge­mid­del­de van 14.12 aan­ge­te­ken. Sy hoog­ste tel­ling was 34 in die twee­de toets op T­rent B­rid­ge.

Mar­kram het self nie die laas­te paar maan­de die wê­reld aan die brand ge­kolf vir Suid-A­fri­ka se naas­bes­tes nie, maar het tel­lings van 79 en 74 in die twee­de “vier­dag­toets” teen In­dië A aan­ge­te­ken.

P­rin­ce sê die kwes­sie rond­om die ba­lans van die span gaan ’n ta­me­le­tjie bly. “Ek weet el­ke kap­tein gaan al­tyd vyf bou­lers wil hê, maar dit gaan die kolf­lys na­tuur­lik ver­swak.”

Suid-A­fri­ka het net met vier spe­si­a­lis-bou­lers in die eer­ste toets teen En­ge­land ge­speel, waar­na die bou­l­aan­val ver­sterk is vir die res van die reeks. Dit het eg­ter be­te­ken dat Quin­ton de Kock in die top­ses moes kolf met Ver­non P­hi­lan­der op nom­mer se­we.

“Jy het na­tuur­lik ’n be­ter bou­l­aan­val, maar dit be­te­ken dat jy nou een min­der kol­wer in jou span het van wie jy ’n hon­derd­tal ver­wag. Dit is nou maar hoe dit is son­der ’n spe­ler soos Ja­c­ques Kal­lis in jou ge­le­de­re.”

Die eer­ste toets teen Bangla­desj be­gin op 28 Sep­tem­ber.

Fo­to: GALLO IMAGES

Ai­den Mar­kram is ’n kan­di­daat om die beurt vir die Pro­te­as te be­gin.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.