Pa­ki­stan (ver­al sy krie­ket­ba­se) lag laas­te in La­ho­re

Beeld - - LIFESTYLE - Al­tus Mom­berg

Die Pa­kistan­se K­rie­ket­raad kon self nie die draai­boek be­ter ge­skryf het nie.

Die hoof­re­de vir die In­de­pen­den­ce Cup-reeks tus­sen Pa­ki­stan en ’n Wê­reld-elf­tal dié week was om te wys dat Pa­ki­stan weer ’n vei­li­ge be­stem­ming vir in­ter­na­si­o­na­le krie­ket­spe­lers is, maar hy sou ook wou wys sy span is steeds een van die toon­aan­ge­wers in die wê­reld.

Drie uit­ver­koop­te sta­di­ons, geen oog­lo­pen­de vei­lig­heids­pro­ble­me en ’n reek­soor­win­ning van 2-1 vir die tuis­span is dus net wat die krie­ket­ba­se wou hê.

Of dit ge­noeg gaan wees om krie­ket­lan­de te oor­reed om weer na Pa­ki­stan te reis, sal nog moet ge­sien word.

Pa­ki­stan het Vry­dag­aand die der­de wed­stryd in die reeks in die Gadd­a­fi-sta­di­on in La­ho­re met 33 lo­pies ge­wen en dit was ui­t­ein­de­lik ’n mak­li­ke oor­win­ning.

Dit het half­pad deur die tuis­span se beurt ge­lyk of die Wê­reld-elf­tal die oor­hand be­gin kry het, maar Ahmed S­he­hzad het an­der plan­ne ge­had. Pa­ki­stan het op 95/1 ná 12 boul­beur­te ge­suk­kel om aan die gang te kom, maar het toe in die laas­te agt beur­te 88 lo­pies ge­mo­ker om by ’n in­druk­wek­ken­de 183/4 uit te kom.

S­he­hzad (89 van 55 bal­le; 8x4, 3x6) en Ba­bar A­zam (48) het 102 lo­pies om die twee­de paal­tjie ge­voeg. Die be­soe­kers is la­ter tot 150/8 be­perk.

Die Wê­reld-elf­tal se bou­l­aan­val het reg deur die reeks na sy swak­punt ge­lyk en dit het Vry­dag weer so voor­ge­kom. Ver­al die Aus­tra­li­ër Ben Cut­ting (0/26 van twee) en Mor­né Mor­kel (0/42) het le­lik deur­ge­loop.

Die Wê­reld-elf­tal se beurt het gou be­gin skeef­loop. Hashim Am­la het ge­vaar­lik ge­lyk, maar hy het vroeg sy eer­ste twee ven­no­te, Cut­ting en Ta­mim I­q­bal, ver­loor. Die kap­tein, Faf du P­les­sis, het toe by hom aan­ge­sluit. ’n Mis­ver­stand van Du P­les­sis se eer­ste bal het eg­ter ge­lei dat Am­la uit­ge­hard­loop is en daar­na het die be­soe­kers nooit reg­tig weer die hef in die hand ge­had nie.

Die sout is ’n paar beur­te la­ter nog die­per in­ge­vryf toe Du P­les­sis ook uit­ge­hard­loop is.

T­hi­s­a­ra Pe­re­ra, die held in die twee­de wed­stryd, het 32 bal­le van 13 bal­le ge­mo­ker om die be­soe­kers weer hoop te gee.

Fo­to: AP

Hashim Am­la was een van die uit­blin­kers in die reeks vir die Wê­reldelf­tal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.