Wal­la­bies op hul hoe­de vir Poe­mas

Beeld - - LIFESTYLE - – Reuters Aus­tra­lië: Ar­gen­ti­nië: Skeids­reg­ter: As­sis­tent­skeids­reg­ters: TV­skeids­reg­ter: Af­skop: O­wen Kock

Aus­tra­lië en Ar­gen­ti­nië is aan die her­bou met die oog op 2019 se Wê­reld­be­ker-toer­nooi, maar al­bei span­ne is vas­be­slo­te om nie van­jaar met die hout­le­pel in die Rug­by­kam­pi­oen­skap te ein­dig nie.

Van­dag se toets in Can­ber­ra is dus van groot be­lang – nog meer so vir die Wal­la­bies, om­dat hul­le tuis speel.

Michael C­hei­ka, Aus­tra­lië se af­rig­ter, het nie veel ver­an­der aan die span wat ver­le­de Saterdag in Perth met 23-23 ge­lyk­op ge­speel het teen die S­pring­bok­ke nie.

Die vleu­el Ma­ri­ka Koroi­be­te sal wel die 22ste nu­we Wal­la­by die af­ge­lo­pe twee sei­soe­ne word as hy as ’n plaas­ver­van­ger op­ge­stuur word.

C­hei­ka was ver­le­de Saterdag in Perth moe­de­loos na­dat die Wal­la­bies in die twee­de helf­te ’n goeie voor­sprong van 20-10 teen die S­pring­bok­ke prys­ge­gee het.

Sy span kon die vo­ri­ge na­week teen die All Blacks ook nie ’n groot voor­sprong van 17-0 in ’n oor­win­ning om­skep nie.

Die Wal­la­by-brei­er het die hoop uit­ge­spreek dat die tuis­span in Can­ber­ra die saak sal reg­stel, ver­al in die lig daar­van dat weg­wed­stry­de in Suid-A­fri­ka en Ar­gen­ti­nië hier­na op hul­le wag.

Die Poe­mas se af­rig­ter, Da­niel Hour­ca­de, het ’n paar ver­stel­lings aan sy ag­ter­lyn ge­maak en ’n vier­de agt­ste­man, To­mas Le­za­na, in so­veel toet­se ge­kies.

C­hei­ka ver­wag die be­soe­kers sal hul­le by die af­breek­pun­te pro­beer ont­wrig.

“As jy kyk na die span wat hul­le ge­kies het, is dit dui­de­lik dat hul­le met oor­ga­we by die af­breek­pun­te gaan speel.”

Pa­blo Ma­te­ra, die Poe­mas se werk­e­sel-flank, sê as sy span ’n goeie eer­ste helf­te kan be­werk­stel­lig, sal hy ’n goeie kans staan.

■ Is­rael Fo­lau, Hen­ry S­peig­ht, Te­vi­ta Ku­ri­dra­ni, Kurt­ley Be­a­le, Ree­ce Hod­ge, Ber­nard Fo­ley, Will Ge­nia, Se­an M­cMahon, Michael Hooper (k), Ned Ha­ni­gan, A­dam Co­le­man, Rob Sim­mons, Se­ko­pe Ke­pu, Ta­ta­fu Po­lo­ta­Nau, S­cott Sio. PLAASVERVANGERS: Jor­dan Ue­le­se, Tom Ro­bert­son, Al­lan Alaal­a­toa, I­zack Rod­da, Jack Demp­sey, Nick P­hipps, Sa­mu Ke­re­vi, Ma­ri­ka Koroi­be­te.

E­mi­li­a­no Bof­fel­li, Ma­ti­as Moro­ni, Ma­ti­as Or­lan­do, Je­ro­ni­mo de la Fu­en­te, Ra­mi­ro Moy­a­no, Ni­co­las San­chez, Mar­tin Lan­da­jo, To­mas Le­za­na, Ja­vier Or­te­ga De­sio, Pa­blo Ma­te­ra, Ma­ti­as A­le­man­no, Guido Pet­ti, Na­hu­el Ta­tez C­ha­par­ro, A­gus­tin C­ree­vy (k), Lu­cas No­gue­ra. PLAASVERVANGERS: Ju­li­an Mon­toya, San­ti­a­go Gar­cia Bot­ta, En­ri­que Pie­ret­to, Mar­cos K­re­mer, Ju­an Mar­tin Leg­ui­za­mon, To­mas Cu­bel­li, San­ti­a­go Gon­za­lez Ig­le­si­as, Ma­nu­el Mon­te­ro.

John La­cey (Ier­land).

G­len Jack­son (NS) en Paul Wil­li­ams (NS).

Ben Skeen (NS). 12:05 (SS 1, GDN).

Die Pro12-kam­pi­oe­ne, die S­car­lets, het ver­le­de sei­soen hul eer­ste drie wed­stry­de ver­loor. Die C­hee­tahs is daar­om nie te be­kom­merd oor die be­gin wat hul­le in die nu­we Pro14-rug­by­reeks ge­had het nie, sê hul af­rig­ter, Ro­ry Dun­can.

Die Vry­sta­ters pak die I­ta­li­aan­se span Ze­bre van­dag in Bloem­fon­tein in hul eer­ste tuis­wed­stryd. Hul­le het die kom­pe­ti­sie in Ier­land af­ge­skop met ne­der­lae teen Ul­ster en Mun­ster.

“Dit is ’n ge­val van aan­pas by die nu­we reeks en die rug­by wat in Eu­ro­pa ge­speel word. Dit is vir ons ’n nu­we er­va­ring en ons sal groei soos die reeks vor­der,” sê Dun­can.

“Ons speel meer as 20 wed­stry­de en die eer­ste twee is nou eers ver­by. On­ge­luk­kig het ons nie die uit­slae be­haal wat ons wou nie. Ons moet nou daar­op fo­kus om te ver­be­ter.”

Die Ma­tie Ernst S­ta­pel­berg sal in­tus­sen die C­hee­tahs se der­de los­ska­kel in net so­veel wed­stry­de in hul Pro14-veld­tog wees. Hy is een van agt ver­an­de­rin­ge aan die be­gin­span wat teen Mun­ster slae ge­kry het.

S­ta­pel­berg (22) het ver­le­de week sy Cur­rie­be­ker-bui­ging vir die Vry­staat teen die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie op Nu­we­land ge­maak.

Hy be­gin van­dag in die plek van Rob­bie Pet­zer, na­dat Clay­ton Blom­me­tjies in die eer­ste wed­stryd die los­ska­kel was.

Ser­ge­al Pe­ter­sen be­man weer die laas­te ves­ting in die plek van Blom­me­tjies en Lut­her Obi ver­vang Pe­ter­sen op vleu­el.

Die agt­tal toon vyf ver­an­de­rin­ge, wat ’n he­le nu­we voor­ry in­sluit. Ox N­ché, Tor­sten van Jaars­veld en Tom Bo­tha ruil plek­ke met C­har­les Marais, Ja­c­ques du Toit en Ara­nos Coet­zee.

Ze­bre se brei­er, Michael Brad­ley, was be­kom­merd oor die laas­te 20 mi­nu­te en die speel­op­per­vlak. Hy het ses ver­an­de­rin­ge aan sy be­gin­span ge­maak.

Fo­to: MLUNGISI LOUW

Ernst S­ta­pel­berg maak van­dag in Bloem­fon­tein sy Pro14bui­ging vir die C­hee­tahs teen Ze­bre.

Michael C­hei­ka

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.