Kings soek ’n nu­we to­we­naar

Beeld - - LIFESTYLE - Michael G­reen Sout­hern Kings: Lein­ster: Skeids­reg­ter: Af­skop:

Wie gaan die vonk ver­skaf so­dat die Sout­hern Kings weer kan vlam­vat?

Hoe­wel dit te ver­sta­ne is dat dit nog ’n tyd­jie kan neem voor­dat die Oos-Kaap­se rug­by­span op al sy sui­ers vuur, sal sy on­der­steu­ners da­rem graag van­dag min­stens ’n bie­tjie vuur­werk teen Lein­ster wil sien.

Die Kings pak dié Ier­se klub in die Nel­son Man­de­la­baai-sta­di­on in ’n ge­skied­kun­di­ge eer­ste Pro14-wed­stryd in Suid-A­fri­ka.

Dit kan die Kings, wat be­sig is om span te bou, dalk help dat die Ie­re deur be­se­rings, vi­sum­pro­ble­me en ver­wag­ten­de ma’s uit­ge­dun is.

In­dien u nie die laas­te ge­deel­te van dié sin ver­staan nie: dit kom kort­liks daar­op neer dat twee spe­lers huis toe ge­stuur is om­dat hul­le nie met vi­sums in die land op­ge­daag het nie en nog twee tuis­ge­bly het om­dat hul vroue ba­bas ver­wag.

In Wal­lis, teen die S­car­lets, en in Ier­land, teen Con­nacht, het die Kings hard pro­beer, maar hul­le kon nie op dreef kom nie.

Vroe­ër van­jaar was dit ge­reeld Li­o­nel Cron­jé op los­ska­kel wat vir die Kings stuk­kies toor­kuns uit­ge­haal het. Hy is nou in Ja­pan en ie­mand an­ders be­ter die ki­taar be­gin slaan.

Cron­jé se op­vol­ger as los­ska­kel, Kurt Co­le­man, is ’n er­va­re, ta­lent­vol­le spe­ler wat met die no­di­ge aan­moe­di­ging die ding kan doen. Daar is ook die heel­ag­ter Ma­sixo­le Ban­da en die agt­ste­man An­di­sa Nt­si­la wat die X-fak­tor het.

Die flank R­hys Rud­dock, wat al tien keer vir Ier­land en 132 keer vir Lein­ster ge­speel het, is in­tus­sen as die be­soe­kers se kap­tein aan­ge­wys. Hy ver­vang die sen­ter Isa Na­ce­wa, een van die spe­lers wat vi­sum­loos was, as lei­er.

Noel Reid, wat drie jaar ge­le­de een toets vir Ier­land ge­speel het, het op sy beurt van sy hand­be­se­ring her­stel en be­gin vir die eer­ste keer die sei­soen vir Lein­ster op bin­ne­sen­ter.

Die be­soe­kers het die luuk­se dat hul­le twee ve­te­ra­ne, Ci­an He­a­ly en Michael Bent, as plaas­ver­van­ger-voor­ry­man­ne kon kies.

Die stut­te in die be­gin­span, Ed Byr­ne en Andrew Por­ter, het al­bei op hul dag vir Ier­land se o.20-span uit­ge­draf. Por­ter het ook in twee toet­se vir Ier­land ge­speel.

■ Ma­sixo­le Ban­da, Yaw Penxe, Ber­ton Klaas­en, Lu­zu­ko Vu­lind­lu, Si­bu­si­so Sit­ho­le, Kurt Co­le­man, Poe­rie van Rooy­en, An­di­sa Nt­si­la, Vic­tor Se­ke­ke­te, K­ha­ya Ma­jo­la, S­te­phan G­reeff, D­ries van S­chalk­wyk, Lu­vu­yo Pu­pu­ma, Michael Wil­lem­se (k), S­chalk Fer­rei­ra. PLAASVERVANGERS: S­te­phan Coet­zee, Pe­trus S­trauss, Mar­tin D­rey­er, Bob­by de Wee, Siya M­da­ka, God­len Ma­sim­la, N­ta­be­ni Du­ki­sa/O­li­ver Zo­no, Ja­c­ques Nel.

Joey Car­be­ry, A­dam Byr­ne, Ro­ry O’Lough­lin, Noel Reid, Da­ve Ke­ar­ney, Ross Byr­ne, Lu­ke M­cGrath, Kack Co­nan, Jor­di Murp­hy, R­hys Rud­dock (k), Ja­mes Ry­an, Ross Mo­lo­ny, Andrew Por­ter, Se­an Cro­nin, Ed Byr­ne. PLAASVERVANGERS: Ja­mes Tra­cy, Ci­an He­a­ly, Michael Bent, Mick Ke­ar­ney, Josh van der F­lier, Nick M­cCarthy, Cat­hal Marsh, Jor­dan Lar­mour.

Ben W­hi­te­hou­se (Wal­lis). 14:15 (SS 1, GDN).

Ma­sixo­le Ban­da

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.