D­rey­er sy­stap die Bok­ke se ‘een­toets­klub’

Beeld - - LIFESTYLE - Co­bus Claas­sen

Wan­neer Ru­an D­rey­er Saterdag in Al­ba­ny vir die S­pring­bok­ke op­draf, sal dit sy twee­de toets in die Groen-en-Goud wees.

Met die oor­aan­bod rug­by wat in die mo­der­ne era ge­speel word, klink dít nie juis na ’n uit­son­der­li­ke pres­ta­sie nie.

Tog was die Leeus se vas­kop­stut voor dié toets een van ’n ver­stom­men­de 164 spe­lers wat net een keer dié eer ge­had het.

Baie na­me op die lys is Bok­ke van wel­eer – uit die ja­re wat toets­rug­by ’n skaars­te was in Suid-A­fri­ka.

Daar is ook meer on­lang­se ge­val­le soos Vlok Cil­liers, Tim Dlu­la­ne, Braam Els, Fran­co van der Mer­we, Pier­re Uys, Mor­nay Vis­ser en Dan van Zyl.

Cil­liers het op 17 Au­gus­tus 1996 so­wat tien mi­nu­te van toets­rug­by er­vaar toe hy Joel S­tran­sky in Dur­ban teen die All Blacks ver­vang het.

Hoe­wel hy ’n paar keer op die bank ge­sit het, was dit die veel­sy­di­ge Cil­liers se eer­ste en laas­te toets.

“Dit was in die dae voor plaasvervangers as im­pak­spe­lers in­ge­span is. Jy het net ge­speel as daar ’n be­se­ring was.

“Dit klink le­lik, maar jy het maar op die bank ge­sit en ge­hoop ie­mand kry ’n be­se­ring. Nie te erns­tig nie, na­tuur­lik,” skerts Cil­liers. “Ek sou baie graag weer toets­rug­by wou ge­speel het, maar ek was reeds 28 en dit het nie so uit­ge­werk nie.

“Daar­die her­in­ne­ring sal my al­tyd by­bly en ek be­sef daar is so­veel spe­lers wat nooit die kans ge­kry het nie.”

Die voor­ma­li­ge Vry­staatskrum­ska­kel Bar ry Wol­ma­rans was baie ja­re ’n staat­ma­ker ag­ter die B­li­ko­re se oond. Hy het die Vry­staat van 1975 tot 1984 in 116 wed­stry­de ver­teen­woor­dig en in 1976 ge­help om die Cur­rie­be­ker vir die eer­ste keer in dié u­nie se be­staan te wen.

Ook hy het net een toets ge- – in 1977 op Lof­tus Vers­feld teen ’n Wê­reld­span.

Daar was, in­te­res­sant ge­noeg, drie an­der le­de in die ag­ter­lyn, Her­ma­nus Pot­gie­ter (vleu­el), Dirk Fro­ne­man (sen­ter) en Rob­bie Blair (los­ska­kel), wat daar­die dag in P­re­to­ria hul e­nig­ste toet­se ge­speel het.

Wol­ma­rans sê hy kyk met te­vre­den­heid te­rug.

“Ek was ’n he­le paar keer ’n plaas­ver­van­ger, maar jy het net kans ge­kry as ie­mand half­dood van die veld af ge­kom het.

“Daar was boon­op tus­sen 1977 en 1980 nie baie toet­se nie.

“Ek het in my e­nig­ste toets teen Ga­reth Ed­wards ge­speel en daar­die 1981-toer sal ook al­tyd ’n hoog­te­punt bly. Ek is baie te­vre­de, die en­ke­le toets ten spyt. Ek was vir lank be­trok­ke by die span en het in 1981 deur Ni­eu­speel See­land ge­toer (en in se­we toer­wed­stry­de ge­speel).”

E­ben Jan­sen was ’n an­der Vry­sta­ter op die om­stre­de Ni­euSee­land­se be­to­ger­toer wat he­laas sy loop­baan met een toets op die kerf­stok af­ge­sluit het.

Jan­sen het in die eer­ste toets teen die All Blacks ge­speel, maar is ge­pos ná die Bok­ke met 9-14 ver­loor het.

Dit was ook die lot van Da­ri­us Bo­tha, Naas se broer. Da­ri­us het sy land nooit weer in ’n toets ver­teen­woor­dig ná daar­die ne­der­laag in Chris­t­church nie.

Dan was daar Des van Jaars­veldt wat die Bok­ke in 1960 in Port E­li­za­beth tot ’n se­ge oor S­kot­land aan­ge­voer het.

Daar was des­tyds ’n groot her­rie oor dié En­gels­man van R­ho­de­sië wat Suid-A­fri­ka ge­lei het en Van Jaars­veldt het nooit weer in ’n toets ge­speel nie.

Suid-A­fri­ka se eer­ste kap­tein, H.H. Cas­tens, het in 1891 ’n en­ke­le toets ge­speel. So ook sy op­vol­ger, Bob S­ned­den (in 1891) en A­lex F­rew in 1903.

Meer as ’n eeu la­ter het ’n nek­be­se­ring mee­ge­bring dat die be­lo­wen­de flank Tim Dlu­la­ne net een keer vir die Bok­ke ge­speel het – op 6 No­vem­ber 2004 teen Wal­lis in Car­diff.

Dlu­la­ne, dees­dae die Bul­le se span­be­stuur­der, sê die feit dat hy as S­pring­bok nom­mer 762 in die an­na­le op­ge­te­ken is, is vir hom goed ge­noeg.

An­der le­de van die “een­toets­klub” soos Cur­win Bosch, Ro­han Jan­se van Rens­burg en Jam­ba U­len­go, be­hoort hul­le da­rem vo­ren­toe daar­uit te wik­kel.

Fo­to: GALLO | WESSEL OOSTHUIZEN

Drie le­de van die S­pring­bok­ke se “een­toets­klub”. Van links is Bar­ry Wol­ma­rans, E­ben Jan­sen en Da­ri­us Bo­tha in 1981 vir die Bok­ke in ’n toer­wed­stryd in Nieu­See­land in ak­sie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.