Go­li­at teen Go­li­at ‘Uit­slag is in die nr. 15’s se han­de’

Beeld - - LIFESTYLE - Hen­drik Cron­jé Skeids­reg­ter: As­sis­tent­skeids­reg­ters: TV­skeids­reg­ter: Af­skop: Wat is Ni­gel O­wens se rol? Een van die groot frus­tra­sies deur die ja­re in toet­se teen Nieu­See­land is skeids­reg­ters se vrees om die mag­ti­ge All Blacks te straf as hul­le teens

As Josh Kron­feld twee spe­lers moet uit­son­der wie se in­di­vi­du­e­le spel die deur­slag in van­dag se Rug­by­kam­pi­oen­skaps­toets tus­sen die S­pring­bok­ke en All Blacks sal gee, is dit An­dries Coet­zee en Da­mi­an M­cKen­zie.

“Die heel­ag­ters kan ’n mas­sie­we in­vloed op die uit­slag van die wed­stryd hê,” sê die ge­we­se All Black-flank.

“Dit gaan baie saak maak wie van hul­le se spel die bes­te on­der die lug­skop­pe is én wie hul ag­ter­ste drie­hoek die bes­te kan or­ga­ni­seer. Die heel­ag­ter wat dit nie reg­kry nie, sal waar­skyn­lik die een in die ver­loor­span wees.”

Die ag­ter­ste drie­hoe­ke van al­bei span­ne moet hul­le nog as kom­bi­na­sies be­wys wat vo­ren­toe lank saam kan toets­rug­by speel.

Coet­zee, Ray­mond R­hu­le en Court­nall S­ko­san speel in hul se­wen­de toets van die jaar saam. Teen­oor hul­le het S­te­ve Han­sen in die af­we­sig­heid van Is­rael Dagg (be­seer), Ben Smith (sab­bats­ver­lof) en Ju­li­an Sa­vea (weg­ge­laat) be­sluit om drie op­win­den­de aan­val­lers, M­cKen­zie, Ne­he Mil­ner-S­kud­der en Rie­ko Io­a­ne, saam te kies.

Daar be­staan geen vraag­te­kens oor e­ni­ge van die drie­hoe­ke se aan­val­len­de ver­mo­ëns nie. Hul­le moet eg­ter nog ge­noeg­saam met hul lug­spel en ver­de­di­ging oor­tuig.

Kron­feld sê die Bok­ke se spel maak hom “su­per op­ge­won­de”.

“Hul­le gee jou weer re­de om na hul­le te kyk. Ver­le­de jaar was baie erg vir hul­le, maar jy kan nou sien hul kul­tuur is reg. Die e­ner­gie is te­rug. Dis goed vir rug­by dat hul­le te­rug is.

“Dis Saterdag Go­li­at teen Go­li­at. Dit gaan soos ’n skool­ge­veg wees. Die Bok­ke se be­sluit­ne­ming is van­jaar vir my in die kol.”

Kron­feld be­skryf Jaco K­riel se be­se­ring as ’n ys­li­ke slag.

“Die Bok­ke gaan Jaco mis. Hy tiek baie bok­se,” sê hy.

■ Ni­gel O­wens (Wal­lis).

An­gus Gard­ner (Aus­tra­lië) en Mat­thew Car­ley (En­ge­land).

Ge­or­ge Ayoub (Aus­tra­lië). 09:35 (SS 1, M­Net). An­dries Coet­zee, Ray­mond R­hu­le, Jes­se K­riel, Jan Ser­fon­tein, Court­nall S­ko­san, El­ton Jan­tjies, Fran­cois Hou­gaard, U­zair Cas­siem, Je­an­Luc du P­reez, Siya Ko­li­si, Fran­co Mos­tert, E­ben Et­ze­beth (k), Ru­an D­rey­er, Mal­colm Marx, Ten­dai M­ta­wa­ri­ra. PLAASVERVANGERS: Bon­gi M­bo­nam­bi, S­te­ven Kits­hoff, T­re­vor Ny­a­ka­ne, Lood de Ja­ger, Pie­ter­S­te­ph du Toit, Fran­cois Hou­gaard, Han­dré Pol­lard, Da­mi­an de Al­len­de. Van­dag sal ons sien hoe­veel vor­de­ring Al­lis­ter Coet­zee se span ge­maak het se­dert die Ki­wi’s sy span in Ok­to­ber ver­le­de jaar met 17­57 in Dur­ban af­ge­slag het.

Die All Blacks is die wê­reld se voor­ste span. Al­mal meet hul­le in toet­se teen die Ki­wi’s en dit sal weer in die QBE­sta­di­on die ge­val wees.

Ge­oor­deel aan die Bok­ke se on­oor­won­ne sta­tus tot dus­ver van­jaar, is groot vor­de­ring ge­maak in af­de­lings soos hul fiks­heid, ver­de­di­ging en aan­ val­len­de spel. Bok­on­der­steu­ners sal van­dag p­re­sies weet hoe­veel.

Al­ba­ny se druk­si­tu­a­sies sal Coet­zee baie dui­de­lik­heid gee oor sy spe­ lers se siel­kun­di­ge ge­hard­heid. ’n Mens kan nie an­ders om te dink dat die week se be­se­rings van Jaco K­riel, Coe­nie Oosthuizen en nou ook Ross Cron­jé (hy is gis­ter weens ’n maag­vi­rus aan die span ont­trek en word deur Fran­cois Hou­gaard ver­vang) die Bok­ke se skra­le wen­kan­se ver­y­del het nie.

K­riel en Oosthuizen is twee van die spe­lers met die hoog­ste werk­ver­rig­ting in die span. Die Bok­spe­lers ver­tel juis trots hul ver­to­nings word ag­ter­na ge­meet aan wat hul­le són­der die bal in die hand doen.

Cron­jé het op sy beurt ’n be­lang­ri­ke ska­kel met El­ton Jan­tjies en An­dries Coet­zee ge­vorm. Da­mi­an M­cKen­zie, Ne­he Mil­ner­S­kud­der, Ry­an Crot­ty, Son­ny Bill Wil­li­ams, Rie­ko Io­a­ne, Beau­den Bar­rett, Aa­ron Smith, Kie­ran Re­ad (k), Sam Ca­ne, Li­am S­qui­re, Sam W­hi­te­lock, Bro­die Re­tal­lick, Ne­po Lau­la­la, Da­ne Co­les, Ka­ne Ha­mes. PLAASVERVANGERS: Co­die Tay­lor, Wy­att Croc­kett, Ofa Tu’ung­a­fa­si, S­cott Bar­rett, Ar­die Sa­vea, TJ Pe­re­na­ra, Li­ma So­po­a­ga, An­ton Lie­ner­tBro­wn. As daar steeds ’n tik­kie hoop vir ’n moont­li­ke Bok­skok­se­ge is, is dit dat daar van­jaar om ver­skeie re­des nie be­sten­dig­heid in die All Blacks se span­keu­ses is nie.

Soos met die Bok­ke, is daar twy­fel of hul ag­ter­ste drie­hoek en los­trio die reg­te kom­bi­na­sies is. Beau­den Bar­rett is on­der ys­li­ke druk met sy stel­skop­werk weens sy swak­ker peil as in 2016 én dis­si­pli­ne. Hy het van­jaar al vyf geel­kaar­te af­ge­staan.

Be­se­rings het die All Blacks se er­va­ring in die af­we­sig­heid van O­wen Franks en Joe Moody in sleu­tel­po­si­sies soos op stut uit­ge­dun.

Die druk is daar­om van­dag gro­ter op die tuis­span as op die be­soe­kers.

An­dries Coet­zee Het Bok­ke die ga­ping laat krimp? Wat­ter in­vloed het die on­ge­leë be­ se­rings?

Da­mi­an M­cKen­zie Kan All Blacks die druk han­teer?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.