’n La­fe­nis vir die siel

Jy dink dis plat­te­land

Beeld - - HUISGIDS - Li­net­te Re­tief

Die oom­blik wan­neer jy by hier­die a­sem­ro­wen­de wo­ning in­stap, voel jy jy is in die Fran­se plat­te­land, ver weg van al die ge­jaag.

El­ke vlak van die huis bied on­ge­loof­li­ke uit­sig­te en ál die ver­trek­ke op die grond­ver­die­ping maak oop op lief­li­ke kui­er­stoe­pe.

Trou­ens, vyf leef­a­re­as, in­slui­tend ’n braai­ka­mer met ’n kroeg en ’n bo­ma, as­ook ’n swem­bad, ’n groen­te­tuin, ’n e­nor­me kui­er­kom­buis met ’n Fal­con-stoof, en ’n wyn­kel­der be­te­ken ont­haal po­ten­si­aal dui­send. En om al­les te kroon, is daar ’n groot spens, ’n ruim op­was-/was­ka­mer en ’n gas­te­toi­let met ’n prent­jie­mooi ko­per­was­bak.

Vier ruim slaap­ka­mers met drie bad­ka­mers (twee en sui­te) bied af­ge­sien van die lek­ker­leef-styl ook die luuk­se van on­der­vloer­se ver­hit­ting.

’n Groot stu­deer­ka­mer kan ge­bruik word vir stu­die of werk, om stok­perd­jies te be­oe­fen of selfs as ’n kuns­te­naars a­tel­jee.

Les bes is daar die ge­rief van vier mo­tor­hui­se, ’n boor­ga­te n’ n twee slaap­ka­mer woon­stel wat huur­in­kom­ste kan ge­ne­reer.

Hier­die huis is ’n mees­ter­stuk in die Frans­Pro­ven­saal­se styl.

’n Lief­li­ke kui­e­r­a­rea – kom­pleet met braai en ’n spran­kel­blou swem­bad.

Die ruim, goed toe­ge­rus­te kom­buis is die hart van die huis.

Hier­die slaap­ka­mer is ’n lus vir die oog en ’n la­fe­nis vir die siel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.