S­taal jou só teen die na­tuur

Beeld - - HUISGIDS - Li­net­te Re­tief

Die bran­de wat vroe­ër van­jaar groot­skaal­se ver­woes­ting by Knys­na ge­saai het en die or­kaan Ir­ma wat e­wen­eens de­le van A­me­ri­ka ge­tref het, laat ’n mens met ’n skok be­sef hoe mag­tig en ver­nie­ti­gend die na­tuur kan wees. Juis daar­om, se Ri­chard Gray, be­stuurs­hoof van die ei­en­doms­a­gent­skap Har­courts, is dit nood­saak­lik dat huis­ei­e­naars hier­van ken­nis neem en die no­di­ge voor­be­rei­dings tref.

“Na­tuur­ram­pe is ’n tra­gie­se werk­lik­heid en ’n be­lang­ri­ke oor­we­ging wat huis­ei­e­naars al­tyd in be­re­ke­ning moet bring,” sê hy.

“In Suid-A­fri­ka hou storms bes moont­lik die groot­ste ri­si­ko in, hoe­wel on­be­heer­de veld­bran­de ewe ge­vaar­lik is, ver­al aan die bui­te­wy­ke van ste­de­li­ke ge­bie­de. Ons word ge­luk­kig gro­ten­deels aard­be­wings ge­spaar.”

Daar is geen plaas­ver­van­ger vir deeg­li­ke voor­be­rei­ding nie, sê Gray. “Die heel eer­ste stap is om se­ker te maak jou ver­se­ke­ring bied ge­skik­te dek­king vir hier­die soort ska­de. Dit is ’n goeie i­dee om jaar­liks uit te vind wat die stand van sake is. ’n Ge­sel­sie met jou ver­se­ke­rings­ma­ke­laar is ’n goeie i­dee, ver­al as jou huis op e­ni­ge ma­nier struk­tu­reel ver­an­der is. Vind uit wat die im­pak van, by­voor­beeld, ’n vloed of er­ge ha­el­storm sou wees.

“Sal jou po­lis by­voor­beeld die her­aan­lê van jou ver­woes­te tuin dek, of sal dit net vir ska­de aan die ge­bou­de struk­tuur be­taal?”

Hy wys daar­op dat dit be­pa­lend be­lang­rik is om die no­di­ge voor­sorg­maat­re­ëls te tref om ska­de tot ’n mi­ni­mum te be­perk.

“Wees sis­te­ma­ties met die in­stand­hou­ding van jou ei­en­dom. Wa­ter­ska­de is by­voor­beeld dik­wels die re­sul­taat van ver­stop­te geu­te of die ri­ool­stel­sel of ’n paar los te­ëls op die dak. Dit is min­der erns­ti­ge pro­ble­me wat nie in groot kop­se­re hóéf te ont­aard nie.

“Vra jou­self ook af hoe sterk klei­ner aan­bou­ings soos ’n bo­ma of mo­tor­af­dak is,” sê hy.

“Sou dit die aan­slag van die na­tuur kon weer­staan?”

Gray sê dit is ook ’n goeie i­dee om be­sker­ming teen krag­stu­wings of weer­lig te laat in­stal­leer. “’n Er­ge don­der­storm kan jou re­ke­naar of jou he­le ver­maak­lik­heid­stel­sel ver­nie­tig,” maan hy.

Om re­kord te hou van drei­gen­de ri­si­ko’s is kern­be­lang­rik.

“As jy weet ’n storm gaan waar­skyn­lik jou ei­en­dom tref, stel dit jou in staat om voor­sorg­maat­re­ëls te tref, wat dik­wels neer­kom op een­vou­di­ge stap­pe, by­voor­beeld om ven­sters toe te maak, toe­stel­le te ont­kop­pel en i­tems vas te maak wat in storm­sterk win­de kan ver­skuif.”

Hy wys eg­ter daar­op dat ’n mens ook voor­sie­ning moet maak vir wan­neer die erg­ste wel ge­beur.

“Be­rei net vir in­ge­val ’n kis voor met nood­voor­raad soos ge­bot­tel­de wa­ter, ’n flits­lig en bat­te­rye, ’n draag­ba­re ra­dio en blik­kies­kos. Ons ver­geet dik­wels hoe af­hank­lik ons is van mas­sa-in­fra­struk­tuur wat in ’n oog­wink deur sleg­te weer uit­ge­wis kan word,” sê Gray.

“Uit die aard van die saak hoop ’n mens dat ’n na­tuur­ramp jou nooit sal tref nie, maar as dit ge­beur, is dit goed om te weet jy het die mid­de­le om dit te bo­we te kom,” is sy slot­som.

Dek jou po­lis die her­aan­lê van jou ver­woes­te tuin, of be­taal dit net vir ska­de aan die ge­bou?

Fo­to: ISTOCK

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.