Hou dié twee­stry­de dop

Beeld - - LIFESTYLE -

Dis ge­woon­lik die on­sig­ba­re mil­li­me­ters wat die skaal in ’n rug­by­toets in die guns van die oor­win­naars laat swaai.

Die hal­we se­kon­de wat ’n bal by die los­skrum ver­traag word, die ek­stra paar sen­ti­me­ters wat ’n ran­ker in die lyn­staan spring om die bal by die teen­stan­ders te gaps of die ek­stra tree wat by ’n skrum ge­wen word, kan al­les deur­slag­ge­ wend wees om ’n se­ge te ver­se­ker.

Hier­die bou­blok­kies van oor­heer­sing het ge­woon­lik hul oor­sprong in die tal­le twee­stry­de wat in ’n toets op die veld ont­staan.

Wan­neer die S­pring­bok­ke Nieu­See­land van­dag in Al­ba­ny die stryd aan­sê, sal hier­die waar­skyn­lik die be­slis­sen­de twee­stry­de wees. Ge­or­ge Ger­mis­huys be­rig.

E­ben Et­ze­beth t. Bro­die Re­tal­lick

1 Af­han­gen­de van waar ’n mens se lo­ja­li­tei­te lê, kan óf Et­ze­beth óf Re­tal­lick as die wê­reld se bes­te slot be­skou word. En al­bei het van­jaar ge­wys waar­om hul­le so hoog ge­ag word en om die beurt as die wê­reld se bes­te in dié po­si­sie be­skou word.

Al­bei was tot dus­ver uit­mun­tend en daar is sta­tis­ties bit­ter min te kies tus­sen hul­le. Et­ze­beth was ook ’n o­pen­ba­ring as S­pring­bok­kap­tein, wat hom waar­skyn­lik tot nog gro­ter hoog­tes aan­spoor.

Wie die stryd tus­sen die twee di­na­mie­se spe­lers in die lyn­staan, as storm­ram, op die ver­de­di­ging, by die af­breek­pun­te en selfs met slim ver­sprei­ding in die kontak wen, sal waar­skyn­lik help om sy span as wen­ner uit die stryd te laat tree.

Je­an­Luc du P­reez t. Li­am S­qui­re

2 Wê­reld­rug­by se twee nuut­ste uit­smy­ters gaan kop­pe stamp, en wat ’n ge­laai­de twee­stryd be­loof dit nie om te wees nie. Du P­reez (1,94 m en 114 kg) en S­qui­re (1,96 m en 113 kg) is al­bei merk­waar­di­ge at­le­te wat goed teen me­kaar op­weeg. Al­bei is ook nuut op die toets­to­neel en sal graag teen die “ou vy­and” hul stem­pel wil af­druk.

Die twee bie­lies se hoof­taak sal wees om mo­men­tum op die aan­val te be­werk­stel­lig en om die teen­stan­ders se mo­men­tum met krag­ti­ge duik­slae te stuit.

Du P­reez is eg­ter met ek­stra ver­ant­woor­de­lik­heid by die af­breek­pun­te op­ge­saal en dis dalk hier waar hy bo S­qui­re kan uit­troon.

Aan die an­der kant kan S­qui­re moont­lik ge­vaar­li­ker met die bal on­der die arm in die wy­er ka­na­le wees.

Die mid­del­veld is ’n oor­log­so­ne

3 Die be­lang­rik­heid van ge­ves­tig­de kom­bi­na­sies in ’n toets­span gaan ten toon ge­stel word wan­neer Jan Ser­fon­tein en Jes­se K­riel die mag­ti­ge

All Black­sen­ter­paar, Son­ny Bill Wil­li­ams en Ry­an Crot­ty, ta­kel.

Ser­fon­tein en Crot­ty se or­ga­ni­sa­to­rie­se vaar­dig­he­de op die ver­de­di­ging sal ty­dens die veld­slag be­pa­lend wees, ter­wyl Wil­li­ams en K­riel met blink hard­loop­ly­ne en knap ver­sprei­ding in­druk sal pro­beer maak.

Ser­fon­tein, wat reeds 35 duik­slae uit­ge­voer en knap ver­sprei het, word waar­skyn­lik nie ge­noeg vir sy by­drae in die S­pring­bok­ke se om­me­swaai geeer nie en hy sal van­dag weer die spil wees waar­om die Bok­ke se ver­de­di­ging ag­ter­langs draai. Hy sal Wil­li­ams, sy reg­streek­se teen­stan­der, fyn moet dop­hou. K­riel, daar­en­teen, sal die vuur­werk met be­perk­te ge­leent­he­de moet ver­skaf in­dien die Bok­ke die All Blacks wil uit­oor­lê.

E­ben Et­ze­beth se krag­lo­pies gaan be­lang­rik vir die S­pring­bok­ke wees.

Je­an­Luc du P­reez

Jan Ser­fon­tein se or­ga­ni­sa­to­rie­se ver­mo­ëns kan deur­slag­ge­wend wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.