Kaap­se see­dra­ma: Toe­ris­te, skool­kin­ders van sin­ken­de boot ge­red

Dra­ma na­by Rob­ben­ei­land

Beeld - - VOORBLAD - Ver­slag­span Die pas­sa­siers is met die gro­ter veer­boot Ma­di­ba I na vei­lig­heid ge­bring in Kaap­stad.

Se­ni­or ha­we­be­stuurs­le­de was na ver­neem word gis­ter­mid­dag laat woe­dend om­dat die veer­boot wat on­der­weg van Rob­ben­ei­land by­na ge­sink het in gis­ter se gu­re weer op see uit­ge­gaan het.

Hul ver­ont­waar­di­ging volg na­dat die be­ska­dig­de veer­boot T­han­di in­ge­sleep is na die Fair­way-kaai, waar dit glo toe fi­naal weg­ge­sink het.

Ma­va Da­da, uit­voe­ren­de hoof van die Rob­ben­ei­land-mu­seun, het gis­ter laat om ver­sko­ning ge­vra vir die angs­wek­ken­de voor­val. Ons het be­ra­ding aan al die 64 pas­sa­siers en vyf be­man­nings­le­de be­skik­baar ge­stel so­dat hul­le die er­va­ring kan ver­werk.

“Ons sal die oor­saak van die voor­val be­kend maak so­dra ons meer in­lig­ting het,” sê Da­da.

Ge­skok­te toe­ris­te in o­ran­je red­dings­baad­jies is gis­ter aan wal ge­bring na­dat die veer­boot, wat hul­le van Rob­ben­ei­land moes neem, be­gin sink het.

Al 69 men­se op die T­han­di, wat erg oor­ge­hel het, is vei­lig land toe ge­bring. On­der hul­le was tal­le in­ter­na­si­o­na­le toe­ris­te.

’n Suid-A­fri­kaan­se vrou is weens rug­pyn na ’n hos­pi­taal ge­bring en ’n per­so­neel­lid van die Ma­di­ba I, waar­op die pas­sa­siers ge­klim het na­dat hul­le ge­red is, is ook na die hos­pi­taal ver­voer weens ’n angs­aan­val.

Vol­gens be­man­nings­le­de van die Ma­di­ba I was die voor­ste rui­te van die T­han­di uit­ge­slaan en wa­ter het deur die o­pe­ning ge­stroom toe die bo­te me­kaar in die see so­wat 3 km van die kus ont­moet het.

Die Ma­di­ba I het op die T­han­di se nood­op­roep ge­re­a­geer en die Na­si­o­na­le See­red­dings­in­sti­tuut (NSRI) het op­ge­daag om die pas­sa­siers van die T­han­di na die Ma­di­ba I en die NSRI se S­pi­rit of Vo­da­com-red­dings­boot te ver­voer.

Die gol­we was tus­sen 3 m en

5 m hoog en die wind het teen ’n snel­heid van meer as 40 km/h ge­waai. ’n Waar­sku­wing is ook gis­ter uit­ge­reik dat die wind baie sterk sou wees.

Craig Lam­bi­non, NSRI-woord­voer­der, sê toe die red­dings­per­so­neel op die to­neel aan­kom, het die veer­boot reeds oor­ge­hel van die wa­ter wat in­ge­loop het. Hul­le het 14:18 ’n nood­op­roep van die T­han­di ont­vang.

Van die be­nou­de pas­sa­siers, on­der wie kin­ders, was al in red­dings­boot­jies en die res het op die dek be­noud aan die boot vas­ge­klou.

Sand­re­san T­handroy­an, se­ni­or be­stuur­der van veer­boot­o­pe­ra­sies by die Rob­ben­ei­land- mu­seum, sê die T­han­di was die af­ge­lo­pe week van die wa­ter af vir in­stand­hou­dings­werk en so­ver hy weet, was gis­ter die boot se eer­ste dag te­rug op die see.

Hy sê die mees­ter van die boot het ’n toets­vaart vol­tooi voor­dat hy be­sluit het dat die weer goed ge­noeg is vir die boot om te kan vaar.

Die boot het die ha­we 10:42 ver­laat en het 13:53 by Rob­ben­ei­land ver­trek op pad te­rug.

T­handroy­an sê ’n on­der­soek moet eers vol­tooi word voor­dat hul­le kan sê wat fout ge­gaan het en dat hy nie se­ker is wat ge­beur het nie.

“Die weer was dalk rof en daar mag dalk ’n teg­nie­se pro­bleem ge­wees het.”

Tal­le NSRI-red­dings­bo­te, as­ook ’n red­dings­boot van die po­li­sie, die de­par­te­ment van land­bou, bos­bou en vis­se­rye en San­par­ke is na die to­neel.

Red­dings­he­li­kop­ters van AMS/EMS Sky­med, as­ook ’n Air Sea Res­cue-he­li­kop­ter en van die lug­mag se 22 E­ska­der by Yster­plaat is op ’n ge­reed­heids­grond­slag ge­plaas. Dui­kers van die po­li­sie is ook op ’n ge­reed­heids­grond­slag ge­plaas.

Teen 16:00 was al die pas­sa­siers weer vei­lig by die V&A Wa­ter­front, waar die veer­bo­te vas­meer. Leer­lin­ge in hul skool­drag en toe­ris­te het van die Ma­di­ba I af­ge­klim en is na die ou­di­to­ri­um ge­bring. ’n Vrou is op ’n draag­baar daar­heen ge­dra.

Hul­le is ná hul ont­be­ring deur pa­ra­me­di­ci on­der­soek en van die pas­sa­siers is vir bloot­stel­ling be­han­del.

Die bo­te be­hoort aan pri­va­te ei­e­naars, maar die boot­rit­te word deur die Rob­ben­ei­land-mu­seum ge­re­ël.

Ons sal die oor­saak van die voor­val be­kend maak so­dra ons meer in­lig­ting het.

Fo­to: NSRI

Red­dings­wer­kers van die NSRI help die pas­sa­siers tot op hul rub­ber­bo­te. Regs on­der kan ’n red­dings­boot­jie ge­sien word wat reeds ont­plooi was. Die veer­boot was on­der­weg na Rob­ben­ei­land toe dit in storm­weer be­gin sink het.

Fo­to: JACO MARAIS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.