Min­ki se groot nuus

Beeld - - VOORBLAD - Hen­drik Cron­jé

Die S­pring­bok­ke speel van­dag in Al­ba­ny om weer die ag­ting van die All Blacks en hul on­der­steu­ners te­rug te wen. Ná 2016 se slag­ting, waar­in die All Blacks die Bok­ke in twee Rug­by­kam­pi­oen­skaps­toet­se ge­sa­ment­lik met 98-28 ver­woes het, het groot kom­mer ont­staan of die Nieu-See­land­se span én sy on­der­steu­ners Suid-A­fri­ka nog as ’n tra­di­si­o­ne­le aarts­vy­and moet be­stem­pel.

Ver­le­de jaar was daar ver­skeie hoof­op­skrif­te oor die Bok­ke wat hul au­ra kwyt is. E­ben Et­ze­beth (slot en kap­tein) en sy span is van­jaar be­sig om daar­die vre­se te be­sweer. Hul­le kry van­dag ’n gul­de kans om fi­naal te be­wys dat hul­le die skip om­ge­keer het en dat Bok-rug­by weer re­spek af­dwing.

“’n Nieu-See­lan­der het my vroe­ër dié week voor­ge­keer en ge­sê: ‘Ver­geet van die Wal­la­bies en die B­rit­se en Ier­se Leeus. Die S­pring­bok­ke en All Blacks is die groot­ste toets in rug­by,’ ” sê die Bok-kap­tein.

“Ek voel die­self­de as daar­die Ki­wi oor dié week se toets.

“As jy oor die ja­re heen te­rug­kyk na Wê­reld­be­ker-toer­nooie, Rug­by­kam­pi­oen­skaps­wed­stry­de en an­der toet­se, is die een tus­sen ons en die All Blacks tra­di­si­o­neel ’n mas­sie­we toets.

“Ons weet hul­le is ons sterk­ste teen­stand. Ho­pe­lik weet hul­le ook ons is hul sterk­ste teen­stand. Ons weet dit gaan ’n groot en taai een wees. Ons het werk­lik ’n paar maan­de (ná ver­le­de jaar se ne­der­laag van 57-17 teen die All Blacks in Dur­ban) ge­bloei. Ons is nou goed voor­be­reid en weet wat ge­doen moet word om te wen.”

Et­ze­beth het op gis­ter se me­di­a­kon­fe­ren­sie in die Bok­ke se span­ho­tel in Auck­land se mid­de­stad ge­sê die kap­tein­skap maak hom nog meer me­de­din­gend as voor­heen.

“As jy kap­tein is, wil jy hê die span moet nog be­ter vaar. Jou be­geer­te om te wen is nóg gro­ter as ’n kap­tein. Die kap­tein­skap het my me­de­din­gend­heid be­slis ver­sterk. Jy wil graag as die se­ë­vie­ren­de kap­tein van die veld stap.”

Et­ze­beth en sy slot­maat Fran­co Mos­tert sal in die toets in een van die groot­ste slot­stry­de in ja­re met Bro­die Re­tal­lick en Sam W­hi­te­lock ge­wik­kel wees. Die All Black-slot­paar het hom­self reeds as die bes­te be­wys. Et­ze­beth-hul­le sal hul­le wil ont­troon.

“Ek dink dis eer­der ons as ’n span se groot­ste uit­da­ging van die jaar. Dit was ’n groot week vir ons. Ons is baie te­vre­de met ons voor­be­rei­ding. Ons sal baie be­ter as in ons ver­to­ning in Perth teen die Wal­la­bies teen die All Blacks moet speel.

“Ons al­mal weet ook dat Bro­die en Sam ’n baie goeie kom­bi­na­sie is. Ek en Fran­co sien uit na die lyn­staan­stryd. Ons sal op ons bes­te moet wees. As ons (as ’n span) op die veld draf, sal daar nie aan re­kords (sta­tis­tie­ke van vo­ri­ge krag­me­tings tus­sen die lan­de) ge­dink word nie. Jy wil net ten al­le kos­te wen.”

Die Bok­ke se im­pak­bank sal weer soos ge­bruik­lik sy kant moet bring as Et­ze­bethhul­le hul on­oor­won­ne re­kord van­jaar wil be­hou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.