Sa­ke­lei­er: ‘Zu­ma, jy is ’n dief’

BLSA skop Trans­net, E­s­kom uit

Beeld - - Voorblad - Niel Jou­bert en Fin24 Bo­nang Mo­ha­le

P­res. Ja­cob Zu­ma is ’n dief en doen al­les in sy ver­moë om uit die tronk te bly.

So het Bo­nang Mo­ha­le, uit­voe­ren­de hoof van Bu­si­ness Le­a­ders­hip South A­fri­ca (BLSA), gis­ter reg­uit ge­sê in ’n fel aan­slag op staat­ska­pers, die Gup­tas en die Zu­mas.

Mo­ha­le sê BLSA wil se­ker maak die “slang se kop word af­ge­kap”. Hy het toe ook som­mer die daad by die woord ge­voeg en die staats­be­heer­de maat­skap­pye E­s­kom en Trans­net se lid­maat­skap van die or­ga­ni­sa­sie op­ge­skort.

Mo­ha­le het gis­ter so teen Zu­ma uit­ge­vaar ten ty­de van die aan­kon­di­ging in Kaap­stad van BL SA se# Bus i nes s Bel i e ves veld­tog.

Die veld­tog is ’n “kon­trak” met Suid-A­fri­ka om meer te doen om werk­skep­ping aan te moe­dig en die e­ko­no­mie te laat groei en te trans­for­meer.

Vol­gens M o hal eis staats­in­stel­lings se aan­spreek­lik­heid ge­kaap en doen Zu­ma al­le­sins y ver­moë om uit die tronk te bly.

Hy sê kor­rup­sie en staat­skaping is die kan­ker wat vreet aan Suid-A­fri­ka.

“Staat­ska­pers moet ge­straf word.”

Vol­gens hom is so­wat R100 mil­jard die af­ge­lo­pe de­ka­de uit Suid-A­fri­ka “ge­skep tot die voor­deel van twee fa­mi­lies – die Gup­tas en die Zu­mas”.

Mo­ha­le sê sa­ke­ver­troue is op sy laag­ste vlak in 30 jaar weens die op­tre­de van die re­ge­ring en swak lei­er­skap.

“Hoe­wel sa­ke­lui na­tuur­lik hul deel moet doen, is dit nie ge­noeg nie. Die re­ge­ring moet be­gin re­geer in die be­lang van die men­se en nie slegs ’n paar nie.

“Te dik­wels gaan staats­kon­trak­te en werk­ge­leent­he­de in die staat na men­se met ban­de eer­der as na men­se wat dit ver­dien.”

Oor E­s­kom en Trans­net, wat deur hul eie be­weer­de toe­doen die jong­ste slag­of­fers van staat­skaping ge­word het, sê Mo­ha­le ge­sprek­ke is met die twee in­stel­lings ge­voer oor die “om­vang­ry­ke be­we­rings van kor­rup­te op­tre­de oor ’n lang tyd­perk”.

Hy sê Suid-A­fri­ka­ners is met reg ont­steld oor al die “ver­skeie be­we­rings van kor­rup­sie en ko­los­sa­le mis­luk­kings in kor­po­ra­tie­we be­stuur en aan­spreek­lik­heid by so­wel E­s­kom as Trans­net”.

Mo­ha­le sê dié op­tre­de is stry­dig met die waar­des van BLSA en nie een van die twee staats­in­stel­ling kon hom ge­rus­stel dat hul­le die erns van die pro­ble­me be­gryp nie of dat hul­le die no­di­ge wil en be­doe­ling het om “hul huis in or­de te kry” nie.

Met ver­wy­sing na E­s­kom sê Mo­ha­le die krag­ver­skaf­fer is ’n stra­te­gie­se ba­te vir die land, maar hy hou ’n sis­te­mie­se ri­si­ko vir die e­ko­no­mie as ’n ge­heel in.

Hy sê tot­dat ’n on­af­hank­li­ke, er­va­re en per­ma­nen­te voor­sit­ter vir die di­rek­sie aan­ge­stel word wat op sy beurt ’n er­va­re en eer­li­ke uit­voe­ren­de span aan­stel, sal E­s­kom ’n be­drei­ging vir die e­ko­no­mie se sta­bi­li­teit en groei in­hou.

BLSA doen ook weer ’n be­roep op die re­ge­ring om met ’n reg­ter­li­ke on­der­soek na staat­skaping te be­gin.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.