Haar pienk skoen­tjie lei tot gru­vonds

Beeld - - Voorblad - Je­a­nel­le G­rey­ling

’NPienk skoen­tjie wat by ’n man­gat uit­ge­steek het, het Woens­dag­aand ge­lei tot die vier­ja­ri­ge S­hay­nie­ce Tal­la se lyk op ’n kop­pie min­der as 1 km van haar huis in El­do­ra­do­park, in die sui­de van Jo­han­nes­burg.

Haar ma, Sa­man­tha (24), het gis­ter­mid­dag on­op­hou­de­lik ge­huil na­dat sy haar dog­ter­tjie se lyk gaan uit­ken het.

Haar ge­lief­des het gis­ter­og­gend die ge­beu­re her­roep wat tot dié ont­dek­king ge­lei het.

“Ons het Woens­dag so 16:30 ag­ter­ge­kom S­hay­nie­ce speel nie meer tus­sen die an­der kin­ders in die stra­te nie,” sê Con­nie Cloe­te, haar tan­nie.

Hul­le het by al die plek­ke aan­ge­gaan waar sy ge­woon­lik speel, maar nie­mand kon ont­hou wan­neer laas hul­le S­hay­nie­ce ge­sien het nie.

“Toe hoor ons by die kin­ders dat ’n fa­mi­lie­vriend haar in ’n sta­di­um op sy fiets rond­ge­stoot het. S­hay­nie­ce is mal oor fiet­se,” sê Cloe­te.

19:00 was S­hay­nie­ce steeds soek en die he­le ge­meen­skap het in­ge­spring om haar te vind.

“Ter­wyl die res van ons nog in die stra­te ge­soek het, het vier cous­ins da­de­lik by die kop­pie gaan soek,” sê Lee­zan­ne Cloe­te, nog ’n tan­nie.

Die lyk van ’n ses­ja­ri­ge mei­sie, Mi­cha­e­la Gan­chi, is juis 12 jaar ge­le­de op dié kop­pie ge­vind.

Sa­man­tha het S­hay­nie­ce in­tus­sen by die po­li­sie as ver­mis aan­ge­meld.

“(Die vier neefs) het in al die drei­ne ge­soek. Hier is baie oop drei­ne,” sê Lee­zan­ne.

Die mans het die dig be­bos­te kop­pie vir te­kens van S­hay­nie­ce deur­soek. Bo-op die kop­pie het hul­le af­ge­kom op ’n man wat “op ’n klip ge­sit en dwelms rook het”.

“Net langs die man sien my een cou­sin toe ’n pienk skoen­tjie wat by die man­gat uit­steek,” sê Lee­zan­ne.

“Haar ly­fie was met klip­pe toe­ge­pak. Toe hul­le die klip­pe af­haal, het hul­le ge­sien haar voor­kop is oop­ge­slaan. Dit het ge­lyk of sy on­der die klip­pe aan haar eie bloed ge­suf­fo­ca­te het.”

Die neefs het die ver­dag­te te lyf ge­gaan, maar hy het hul­le ont­vlug.

B­rig. Pie­ter van Dyk, sta­sie­be­vel­voer­der van die El­do­ra­do­park-po­li­sie­kan­toor, sê haar lyk is Woens­dag­aand net voor 21:00 ge­vind.

Die ver­dag­te is die­self­de aand in heg­te­nis ge­neem.

“Die ge­meen­skap wou reg in eie han­de neem en hom uit die vang­wa los­laat so­dat hul­le hom kon dood­maak. Ons moes hom daar weg­kry.”

Van Dyk sê hoe­wel die lyk­skou­ing nog nie af­ge­han­del is nie, dui die be­wy­se nie tans daar­op dat S­hay­nie­ce ver­krag is nie. Die voor­lo­pi­ge ver­slag be­hoort Maan­dag be­kend ge­maak te word.

Links: S­hay­nie­ce Tal­la (4)

Fo­to: FELIX DLANGAMANDLA

Bo: Sa­man­tha Tal­la (24), S­hay­nie­ce (4) se ma, word deur haar tan­nie Con­nie Cloe­te ge­troos.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.