Geld­hoof hiér­van aan­ge­kla

Lys tien klag­te teen geld­hoof

Beeld - - Voorblad - Niel Jou­bert

E­s­kom het A­noj Singh, sy fi­nan­si­ë­le hoof, ge­skors han­gen­de ’n tug­ver­hoor. Die tug­ver­hoor van Mats­he­la Ko­ko, sy ge­skors­te waar­ne­men­de uit­voe­ren­de hoof, word bin­ne t­wee we­ke ge­hou, het die maat­skap­py ook gis­ter aan­ge­kon­dig

“Mn­re. Singh en Ko­ko sal ’n reg­ver­di­ge tug­pro­ses ge­gun word,” sê E­s­kom in ’n ver­kla­ring.

Singh is in Ju­lie op spe­si­a­le ver­lof ge­plaas weens sy be­weer­de be­trok­ken­heid by ’n reeks be­denk­li­ke tran­sak­sies waar­by die Gup­ta-fa­mi­lie glo be­trek word.

Ko­ko is ge­skors han­gen­de ’n on­der­soek na kon­trak­te wat aan ’n maat­skap­py toe­ge­ken is waar­in sy stief­dog­ter ’n di­rek­teur was.

Lyn­ne Bro­wn, mi­nis­ter van o­pen­ba­re on­der­ne­mings, het E­s­kom ver­le­de week op­drag ge­gee om reg­stap­pe teen dié top­amp­te­na­re te be­gin.

’n In­ter­ne E­s­kom-do­ku­ment lys tien klag­te teen Singh, het

S­cor­pio en a­maB­hun­ga­ni gis­ter­aand eks­klu­sief be­rig.

Daar­in word be­weer dat die reu­se-kon­sul­tant­fir­ma M­cKin­sey se kon­trak om ’n om­keer­stra­te­gie vir E­s­kom uit te werk, on­wet­tig was en tot ’n ver­lies van R1,6 mil­jard vir E­s­kom ge­lei het. Singh word ook be­skul­dig dat hy Bro­wn, Ri­chard Se­le­ke, di­rek­teur-ge­ne­raal van o­pen­ba­re on­der­ne­mings, die E­s­kom-di­rek­sie, die E­s­kom-di­rek­sie se ten­der­ko­mi­tee en die pu­bliek ge­lieg het oor die M­cKin­sey- en T­ril­li­an-de­ba­kel. Singh word ook daar­van be­skul­dig dat hy na­ge­laat het om te o­pen­baar dat die Gup­tas vir sy rei­se na Du­bai be­taal het – rei­se wat ver­blyf en mas­se­rings in die O­be­roi-ho­tel in­ge­sluit het.

E­s­kom het gis­ter ook ge­sê John­ny Dlad­la, sy uit­voe­ren­de hoof, het ’n brief aan die sa­ke­or­ga­ni­sa­sie Bu­si­ness Le­a­ders­hip South A­fri­ca (BLSA) ge­stuur om ’n ver­ga­de­ring te re­ël na­dat hy en Trans­net Don­der­dag as le­de ge­skors is.

Dlad­la wil BLSA se be­kom­mer­nis­se oor E­s­kom be­spreek en “op ’n pad vo­ren­toe oor­een­kom”.

Bo­nang Mo­ha­le, uit­voe­ren­de hoof van BLSA, het Don­der­dag ge­sê die t­wee staats­in­stel­lings kon hom in ge­sprek­ke oor “om­vang­ry­ke be­we­rings van kor­rup­te op­tre­de oor ’n lang tyd­perk” nie ge­rus­stel dat hul­le die erns van die pro­ble­me be­gryp of die no­di­ge wil en be­doe­ling het om “hul huis in or­de te kry” nie.

Trans­net het Don­der­dag te­rug­ge­kap en sê hy het reeds op 9 Au­gus­tus ’n brief aan BLSA ge­stuur om sy lid­maat­skap op te skort om geld te be­spaar. “Hoe­wel Trans­net die rol wat BLSA in Suid-A­fri­ka speel, waar­deer, is dit be­treu­rens­waar­dig dat Mo­ha­le die pu­bliek op so ’n skou­spel­ag­ti­ge ma­nier mis­lei,” sê Trans­net in ’n ver­kla­ring.

■ Je­an­ne­Ma­rié Ver­sluis be­rig die Gup­ta-fa­mi­lie se maat­skap­pye het gis­ter so­wat ’n week gra­sie ge­kry om hul re­ke­nin­ge en le­nings by die Bank of Ba­ro­da (BoB) oop te hou.

Die BoB, wat sy ban­de met die Gup­tas wil knip, sou die tran­sak­sie­re­ke­nin­ge en le­nings aan vier van die maat­skap­pye van­dag sluit om­dat hy meen die Gup­tas skaad sy re­pu­ta­sie.

Reg­ter Hans Fa­bri­ci­us het on­langs in die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria die maat­skap­pye se drin­gen­de aan­soek dat die bank ge­keer word om die diens­te te staak van die hand ge­wys.

Reg­ter Ta­ti Mak­go­ka het wel van­dees­week ’n nu­we aan­soek van die maat­skap­pye aan­ge­hoor en gis­ter die BoB ge­las om die re­ke­nin­ge oop te hou tot­dat hy Vry­dag of vol­gen­de Maan­dag uit­spraak in die aan­soek le­wer.

Die maat­skap­pye het hul­le weer tot die hof ge­wend om­dat hul­le die bank wil dwing om die re­ke­nin­ge oop te hou tot 7 De­sem­ber, wan­neer hul­le die re­ke­nin­ge en le­nings om­ge­keer wil kry.

Fo­to: LISA HNATOWICZ

A­noj Singh (links), E­s­kom se ge­skors­te geld­hoof, en Mats­he­la Ko­ko op ’n E­s­kom­me­di­a­kon­fe­ren­sie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.