Is El­vis nog ko­ning?

Voor El­vis was daar nie tie­ners nie, net jong groot­men­se. Ná El­vis was daar tie­ners, rock ‘n’ roll en jeug­kul­tuur, skryf Da­nie Ma­rais oor die erf­la­ting van die “King of Rock” 40 jaar ná sy dood.

Beeld - - Voorblad - El­vis P­re­sle op ’n plak­kaat vir die pro­mo­sie van Jai­l­hou­se Rock.

Op 16 Au­gus­tus van­jaar was dit 40 jaar se­dert El­vis se dood op 42-ja­ri­ge ou­der­dom. Maar die joer­na­lis Alan­na Nash, wat drie boe­ke oor El­vis ge­skryf het, is reg – wan­neer dit by die “King” kom, geld Mark T­wain se woor­de: “The re­ports of my de­ath ha­ve been gre­at­ly ex­ag­ge­ra­ted.”

In my fa­mi­lie was El­vis so al­tyd daar soos Ou­ma en Ou­pa, die NG kerk en Kers­fees. My ma sê die eer­ste keer dat sy be­sef het haar vro­me do­mi­nee-pa het ook ’n heel an­der kant, was toe sy Ja­mes Cain se des­tyds ge­waag­de ro­man The Post­man Al­ways Rings T­wi­ce ver­steek ag­ter sy boek­rak ont­dek het.

Ek het ’n soort­ge­ly­ke ge­waar­wor­ding oor mý pa ge­had wan­neer ons op die maat van sy El­vis-mix ta­pe see toe ge­ry het. Wan­neer hy op die stuur­wiel ge­trom­mel en saam met “Hound Dog” of “All S­hook Up” ge­sing het, was hy ie­mand an­ders. Daar was iets in die ma­nier waar­op my hoof­seun-pa die “M-mm-mmmmm, yay, yay, yay” saam­ge­sing het wat sy breë ko­te­let­te as jong man ver­klaar het en my laat raai het hoe ook hy eens ’n jong smoor­loos ver­lief­de was – ’n ou wat soms so bui­te be­heer ge­voel het soos daar­die eend­ster­troc­ker wat in 1957 moes be­ly: “I’m it­chin’ li­ke a man in a fuz­zy tree / My friends say I’m actin’ wild as a bug / I’m in lo­ve / I’m all s­hook up.”

Maar my pa se groot ver­e­ring was ge­ma­tig in ver­ge­ly­king met dié van my oom Ni­co, wat op sy 40ste hu­we­liks­her­den­king weer met my tan­nie Fran voor ’n El­vis-do­mi­nee in Las Ve­gas gaan trou het. Die pel­grims­tog na Gra­ce­land het hy ook in­tus­sen af­ge­lê en hy sê hy wil weer gaan.

Paul Si­mon het nie ver­niet ge­sing “I’ve re­a­son to be­lie­ve/ We all will be re­cei­ved in Gra­ce­land” nie. Gra­ce­land in Memphis, Ten­nes­see, waar El­vis aan ’n hart­aan­val dood is, is naas die Wit­huis die mees be­soek­te pri­va­te wo­ning in A­me­ri­ka. On­ge­veer 50 000 men­se het van­jaar daar saam­ge­trek om die heen­gaan van hul i­koon, 40 jaar ge­le­de, te her­denk.

Gra­ce­land met sy Jungle Room en al sy le­gen­da­rie­se rock ‘n’ roll-oor­daad is soos El­vis op ge­wo­ne men­se se wild­ste dro­me en mees uit­spat­ti­ge fan­ta­sieë ge­bou. Want kyk, El­vis the Pel­vis het met sy cha­ris­ma, sag­te oë, goue stem en die swaai van sy heu­pe on­doel­be­wus die re­ëls vir jeug­di­ge be­geer­te her­skryf en die era van Die Tie­ner in­ge­lui. Voor El­vis was daar nie tie­ners nie, net jong groot­men­se. Ná El­vis was daar tie­ners, rock ‘n’ roll en jeug­kul­tuur.

“He­a­ring El­vis for the first ti­me was li­ke a jai­l­bre­ak – and I didn’t e­ven know I was in jail,” het Bob Dy­lan ge­sê.

El­vis het eg­ter be­slis nie rock ‘n’ roll ge­skep nie. Dié dat hy ge­reeld in de­bat­te rondom kul­tu­re­le toe-ei­e­ning met ag­ter­dog be­je­ën word. Litt­le Ri­chard, Bo Didd­ley en C­huck Ber­ry was die wa­re, wil­der swart pi­o­niers van rock. Maar El­vis was die plof­stof wat hier­die nu­we mu­si­ka­le voe­doe in ’n storm­sterk kul­tu­re­le re­vo­lu­sie laat ont­aard het.

Daar is al baie daar­op ge­wys dat El­vis deur die R&B-ster Jackie Wil­son be­ïn­vloed is. P­res­ley het ook geen ge­heim van sy Wil­son-be­won­de­ring ge­maak nie. Toe dit aan hom ge­noem is dat Wil­son ge­reeld as “die swart El­vis” be­stem­pel word, het hy glo ge­ant­woord: “Ek ver­on­der­stel dit maak my die wit Jackie Wil­son.”

Maar Wil­son het ook op sy beurt El­vis se in­vloed er­ken: “Baie men­se het El­vis daar­van be­skul­dig dat hy die swart man se mu­siek ge­steel het, maar in der waar­heid het by­na el­ke swart so­lo-ver­maak­lik­heid­ster El­vis se ver­hoog­ma­ni­ë­ris­mes na­ge­maak.”

En dis die groot e­nig­ma­tie­se ding: El­vis het an­der men­se se lied­jies ge­sing en sy mu­siek was nooit heel­te­mal oor­spronk­lik nie, maar hý was. Nie­mand il­lus­treer die kul­tus­waar­de van ’n groot per­soon­lik­heid en die mag van ’n on­mis­ken­ba­re eie styl soos El­vis nie.

Die kul­tuur­fi­lo­soof Ca­mil­le Pag­lia het dit só ge­stel toe sy El­vis se ma­gie­se aan­trek­kings­krag met dié van die 19de-eeu­se dig­ter lord By­ron ver­ge­lyk het: “E­ner­gy and beau­ty to­get­her are bur­ning, god­li­ke, de­structi­ve.”

Die sy­fers be­ves­tig die “King” se na­dood­se heer­skap­py oor pop en rock. In die week voor die her­den­king van sy dood was daar daag­liks 4,4 mil­joen ky­ke na El­vis-ma­te­ri­aal op YouTu­be en hy tel on­der die 200 ge­wild­ste kuns­te­naars op dié in­ter­net-vi­de­o­ka­naal – met meer ky­kers as su­per­ster­re soos Ka­nye West, W­hit­ney Hou­ston en La­na Del Rey. Vol­gens die Re­cor­ding In­du­stry As­so­ci­a­ti­on of A­me­ri­ca het El­vis se­dert 1956 al­te­sa­me 197 goue, pla­ti­num-, mul­ti-pla­ti­nu­men di­a­mond-ge­ser­ti­fi­seer­de pla­te uit­ge­reik.

Geen an­der kuns­te­naar kom na­by nie: Die Be­at­les het 122, Garth Brooks 83, Led Zep­pe­lin 56 en die Eag­les 40 pla­te in hier­die su­per­liga van top­ver­ko­pers. El­vis kraai dus ver­stom­mend ge­noeg steeds ko­ning op al­ler­han­de ma­nie­re in mil­joe­ne har­te.

Wat pre­sies van El­vis die We­ster­se jeug wê­reld­wyd – tot in die streng kon­ser­wa­tie­we hui­se waar­in ou­ens soos oom Ni­co en my pa groot­ge­word het – só be­to­wer het, sal ons nooit reg­tig ver­staan nie.

Ma­gic eer­bie­dig ge­luk­kig nie die wet­te van wis­kun­de of fi­si­ka nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.