Em­sie: Ver­lan­ge bly al­tyd

Vir Em­sie S­choe­man is die self­dood van t­wee van haar seuns soos ’n boe­me­rang wat bly te­rug­kom. El­ke keer tref hy haar reg in die hart, skryf Wil­le­mien Br­üm­mer.

Beeld - - Voorblad -

De­ko­rum ver­eis dat ’n mens nie rou in die o­pen­baar nie, tog is haar seuns daar in el­ke a­sem­teug, in el­ke sin­sne­de.

“Ek skryf nog SMS’e, dan sê ek: ‘Waar is jy?’ ‘Wat maak jy?’ ‘Veg jy vir God se ko­nink­ryk of ver­ken jul­le die heel­al?’ ”

Em­sie S­choe­man, die o­ra­kel van e­ti­ket, se mooi blou oë word wa­sig. Sy praat in daar­die ra­di­o­stem wat dui­sen­de men­se voor die des­tyd­se S­pring­bok­ra­dio vas­ge­na­el ge­had het. “As ek al­leen is, dan treur ek. Dis soos bran­ders. Met tye gaan dit goed, nou ja, maar mens ver­lang maar . . . ”

Selfs op 83 is sy die toon­beeld van e­le­gan­sie. Sy dra ’n vloot­blou baad­jie en naas­wit trui ont­werp deur haar vriend Gert Coet­zee sr. en haar ju­we­le is in i­voor en goud om te pas by die i­voor­kleu­ri­ge hand­sak. Sy’s per­fek ge­gri­meer, haar lip­pe roes­rooi.

Waar ons ont­moet by die Lord C­har­les in So­mer­set-Wes is al­les wat sy doen, deur­drenk met ’n op­reg­te ous­kool be­dag­saam­heid. Van die kaart­jie en die blink sak­kie Lindt-sjo­ko­la­de wat sy vir my en die fo­to­graaf saam­bring tot die ta­fel­ge­bed net voor ons eet.

Sy’s die be­lig­ga­ming van die A­me­ri­kaan­se pre­si­dents­vrou E­le­a­nor Roo­se­velt wat ge­skryf het: “The ba­sis of all good hu­man be­ha­vi­our is kind­ness.”

Uit ’n vol en ryk le­we waar­in sy on­der meer mo­del­werk ge­doen het, in rol­pren­te ge­speel het soos Hans en die Rooi­nek en Mev. E­ti­ket ge­word het, bly die hoog­te­pun­te in haar le­we haar drie kin­ders. “My kin­ders, my kin­ders . . . Jin­ne, om hul­le te hê . . . Vir ’n vrou is daar niks wat daar­by kom nie.”

Van dié drie, al­mal uit haar eer­ste hu­we­lik met ’n be­ken­de ar­gi­tek, het Em­sie nou net haar mid­del­kind oor. An­tho­nie Bo­tha woon ook in Jo­han­nes­burg en hy dra saam met sy ma die ver­lies van sy t­wee broers. “Ons het ’n baie goeie ver­hou­ding. Hy’s won­der­lik! Ek’s mal oor hom,” sê sy.

Se­dert haar an­der t­wee seuns ’n de­ka­de uit me­kaar weens self­dood ge­sterf het, moes sy met ’n hart­seer leer saam­leef waar­voor geen ma ooit op­ge­was­se kan wees nie. Die plan was om een­dag daar­oor in ’n bi­o­gra­fie te skryf, maar se­dert haar jong­ste, MC Bo­tha, se dood op 17 No­vem­ber 2015, het sy sku ge­word vir haar re­ke­naar.

“Ek was al­tyd so lief vir die re­ke­naar en my stu­deer­ka­mer, maar nou is ek al­ler­gies vir die re­ke­naar,” sê dié ge­lief­de skry­wer van ne­ge boe­ke wat in baie huis­hou­dings soos die fa­mi­lie­by­bel ge­word het. Haar eer­ste boek, Goeie ma­nie­re en e­ti­ket (1981), is ne­ge keer her­druk.

“Hy (MC) het my al­tyd so ge­help. Dan bel ek en dan sê hy ‘Ma, doen dit’ en ‘Ma, doen dat’. Hy was ’n bril­jan­te in­lig­tings­teg­no­loog,” sê sy sag.

‘60 jaar vir my ge­wag’

MC is oor­le­de kort na­dat sy op 81 met die pro­ku­reur Nel­son Bor­man ge­trou het. Dis ’n der­de hu­we­lik met ’n heg­te jeug­vriend saam met wie sy drie jaar lank Duits aan die U­ni­ver­si­teit van P­re­to­ria ge­neem het.

Ná dié troue het sy van haar kot­huis in Wil­der­nis in die Suid-Kaap na ’n af­tree­oord in O­li­ve­da­le in Rand­burg ver­huis en die trek vat nou nog par­ty­keer aan haar. “Dit was ’n groot aan­pas­sing vir my. Ek was 13 jaar al­leen in Wil­der­nis en dis vir my nou nog die pa­ra­dys. Ek het won­der­li­ke vrien­de daar en ek het reg­tig vre­de ge­vind daar. En toe trou ek nou met dié man wat sê hy’t 60 jaar vir my ge­wag en nou het ek weer ’n huis­hou­ding en dit kom nie som­mer mak­lik nie.”

Haar stem is goed ge­mo­du­leer, sag.

“Ek het nie meer die e­ner­gie wat ek ge­had het nie, maar ek be­gin nou in­ge­bur­ger raak en ek het nou al gro­ter a­re­as van Jo­han­nes­burg wat ek ken.”

Sy ver­kies om nie te veel met haar man en sy kin­ders oor haar ge­mis te praat nie.

Tog is die dood van haar t­wee seuns, MC en Jo­han­nes, soos ’n boe­me­rang wat bly te­rug­kom – en el­ke keer tref hy die hart. “MC was am­per 30 jaar siek en hul­le kon dit nie di­ag­no­seer nie.”

Dié jong­ste kind van haar, wat op 46 sy eie le­we ge­neem het, het reeds in gr. 9 be­gin siek word. Al wou hy graag trou en ’n ge­sin hê, kon hy weens sy siek­te nooit dié dro­me waar maak nie.

Din­ge het be­gin skeef­loop ná

Fo­to’s: JA­CO MA­RAIS

Op 83 is Em­sie S­choe­man nog steeds die toon­beeld van styl en be­dag­saam­heid. Hier is sy af­ge­neem in ’n son­ka­mer van die Lord C­har­les­ho­tel in So­mer­set­Wes.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.