Ma laat kind (3) glo Da­nie Dop drink

Beeld - - Nuus - Han­ti Ot­to

In Rus­ten­burg is ’n dran­kie in ’n sak­kie, ge­naamd Da­nie Dop, te koop.

Dit het ’n al­ko­hol­in­houd van 30% en vol­gens Mar­cia S­mit, staats­aan­kla­er, het ’n ma dié dran­kie glo aan haar kleu­ter-dog­ter ge­gee.

S­mit het gis­ter in die land­dros­hof in Rus­ten­burg aan die 41-ja­ri­ge ma ge­sê: “Daar is ge­tui­es wat sal ge­tuig dat hul­le ge­sien het hoe jou drie­ja­ri­ge dog­ter aan Da­nie Dop-sak­kies suig – en dat jy dit vir haar ge­gee het.”

S­mit het die ma ook uit­ge­vra oor die tyd toe die mei­sie­tjie by haar tan­nie gaan kui­er het.

Die ma het ge­sê haar sus­ter het ge­bel om te sê die kind het koors.

Hier­op het S­mit ge­sê: “Jou sus­ter is een van die staat se ge­tui­es. Sy sê jou kind het ge­huil toe sy haar bad en daar was iets fout by haar pri­va­te de­le.”

Die ma en haar 45-ja­ri­ge ver­loof­de, die mei­sie­tjie se bi­o­lo­gie­se pa, doen aan­soek om borg­tog na­dat hul­le op 13 Sep­tem­ber, ná ’n maan­de lan­ge po­li­sie­on­der­soek, in heg­te­nis ge­neem is.

Hul­le word aan­ge­kla van on­der meer ver­krag­ting en kin­der­ver­waar­lo­sing. Die mei­sie is in De­sem­ber 2016 uit hul sorg ver­wy­der.

Die ma het vroe­ër ge­tuig ’n vrou wat by ’n wel­syns­or­ga­ni­sa­sie werk het die kind kom haal on­der die voor­wend­sel dat sy by die vrou gaan speel. Sy het dié vrou vier maan­de ge­ken.

Vol­gens die ma is sy op 31 De­sem­ber per W­hat­sApp-bood­skap in­ge­lig dat die kind in pleeg­sorg is.

Die aan­kla­er het die ma ook uit­ge­vra oor ’n dag waar­op sy in ’n park “aan die slaap” ge­raak het en waar haar kind toe was.

Die ma het ver­dui­de­lik haar dog­ter was by ’n vrien­din van die ou­ma.

Sy het ge­sê ter­wyl sy in die park op haar ver­loof­de ge­wag het, het sy dui­se­lig ge­voel weens die bloed­druk­pil­le wat sy ge­neem het.

Hier­op het land­dros Se­cha­ba T­soeu­te ge­vra: “Hoe­kom was hier­die kind al­tyd by ie­mand an­ders?

“Sy is drie jaar oud. Dit is baie, baie jonk, hoe­kom het sy so rond­be­weeg?”

Die ma het ge­ant­woord dat die mei­sie eint­lik “24 uur per dag” in haar sorg was.

Die paar­tjie se borg­to­gaan­soek gaan vol­gen­de week voort.

Die fo­to waar­oor die staats­aan­kla­er die ma uit­ge­vra het.

Da­nie Dop – die sak­kie­dran­kie met ’n al­ko­hol­in­houd van 30%.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.