P­rie­ster wat mei­sies ver­krag, kry le­wens­lank

Beeld - - Nuus - Su­san Cil­liers

’n Rooms-Ka­to­lie­ke p­rie­ster in S­chwei­zer-Re­ne­ke in Noord­wes wat jong mei­sies na sy huis ge­lok en ver­krag het, is gis­ter drie keer le­wens­lan­ge ge­van­ge­nis­straf op­ge­lê.

Land­dros S­tan­ley N­zi­man­de het die p­rie­ster, Va­len­ti­ne Kat­si­ka­zi, in die streek­hof in S­chwei­zer-Re­ne­ke ge­von­nis. Kat­si­ka­zi (van iets in die 40) is ook ’n by­ko­men­de 20 jaar tronk­straf op­ge­lê op t­wee aan­klag­te van sta­tu­tê­re ver­krag­ting van ’n 14-ja­ri­ge mei­sie wat moont­lik in­ge­stem het tot seks met hom.

Kat­si­ka­zi, wat end­uit skuld ont­ken het, se vier slag­of­fers is t­wee 14-ja­ri­ges, ’n 11ja­ri­ge en ’n se­we­ja­ri­ge mei­sie.

Chris Kok, die staats­aan­kla­er, het ná die ver­rig­tin­ge ge­sê die saak is ’n oor­win­ning vir kin­der­slag­of­fers van ver­krag­ting en be­wys die reg­stel­sel wérk.

“Ons wil hê kin­ders moet uit­praat oor hier­die din­ge. Hul­le het in die hof ge­tuig, al was al­mal teen hul­le om­dat die ge­meen­skap in die p­rie­ster se on­skuld ge­glo het. Die kin­ders se skool­maats het hul­le ook ver­werp en daar­van be­skul­dig dat hul­le hul p­rie­ster van hul­le weg­ge­neem het.”

Ty­dens die ver­hoor is ge­tuig hoe Kat­si­ka­zi drie al­taar­mei­sies en ’n koor­mei­sie in De­sem­ber 2013 op ver­skeie ma­nie­re na sy huis ge­lok en daar ver­krag het.

Sy huis is op die kerk se per­seel in S­chwei­zer-Re­ne­ke. Daar is ook tak­ge­meen­tes in om­lig­gen­de towns­hips.

Die p­rie­ster sou al­taar­mei­sies saam met hom laat ry om te help met prak­tie­se ta­ke. Die hof het ge­hoor hoe hy dan al­mal, be­hal­we een, by hul hui­se sou af­laai. Die laas­te een sou hom dan moes help om goe­de­re in sy huis te dra. Daar het hy die slag­of­fer ver­krag en ge­maan om nie teë te praat nie. Die hof het ook ge­hoor hy het aan een van die slag­of­fers ge­sê nie­mand sal haar glo as sy uit­praat nie. Daar is ook ge­tuig hoe hy die se­we­ja­ri­ge slag­of­fer, wat in die koor ge­sing het, vroe­ër na die koor­oe­fe­ning laat kom en haar toe ver­krag het.

T­wee van die slag­of­fers is sus­ters. Hul ma het ’n paar maan­de ná die ver­krag­tings ge­sien iets skort en toe sy daar­oor uit­vra, het hul­le haar ver­tel. ’n Fo­ren­sie­se on­der­soe­ker het let­sels aan al vier die mei­sies se ge­slags­de­le ge­vind wat be­wys het hul­le is ver­krag, is ge­tuig.

Die mei­sies het in ca­me­ra deur mid­del van ’n tus­sen­gan­ger ge­tuig. ’n Maat­skap­li­ke wer­ker het ge­tuig hul­le het nog nie be­ra­ding ont­vang nie, maar het be­loof dit sal bin­ne­kort ge­beur.

Va­len­ti­ne Kat­si­ka­zi

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.