Hoofregter bring wit, swart tot be­sin­ning

Beeld - - Nuus -

Fis­cher ver­geet het?”

Mo­goeng sê Fis­cher was ’n man wie se ge­we­te hom nooit toe­ge­laat het om iets ver­keerds te doen nie.

“Waar­heen wys jou ge­we­te jou, as jy nog een het?

“Dink jy ooit aan die me­nig­tes wat ha­we­loos is, die me­nig­tes wat steeds brûe, straat­hoe­ke en, ten bes­te, plak­kers­hut­te hul tuis­te noem?

“Of gaan dit al­les oor jou en jou fa­mi­lie?

“Het jy so ver­lief ge­raak op geld – of mis­kien moet ek nie sê ‘jy’ nie. Het óns so ver­lief ge­raak op geld, mag, pos­te, roem en pres­ti­ge dat mens­li­ke le­we en mens­li­ke ly­ding nie meer saak maak nie?”

Mo­goeng vra of dit waar­voor Fis­cher ge­veg en dood­ge­gaan het re­le­van­sie ver­loor het vir die land en sy men­se.

Hy sê rassisme steek sy le­li­ke kop uit met gees­drif en self­ver­troue.

Hy het ook die kwes­sie van die land se in­heem­se men­se wat steeds nie grond be­sit nie uit­ge­lig, as­ook dat hul­le uit­ge­sluit word van deel­na­me aan die e­ko­no­mie.

Fis­cher was ’n man van vre­de wat wou ge­had het dat Suid-A­fri­ka­ners, swart en wit, moet saam­kom, sê Mo­goeng.

“Die wel­vaart van Suid-A­fri­ka is by­na on­meet­baar.”

Geen Suid-A­fri­ka­ner be­hoort te dink dat as hy deel, hy daar­son­der sal moet klaar­kom nie, sê Mo­goeng.

“Swart men­se hoef nie dit wat wit men­se het van hul­le weg te neem om te kan oor­leef of te flo­reer nie.

“En wit men­se hoef nie voor te gee dat hul­le smag na die ‘goeie ou dae’ wan­neer ras­se-eks­klu­si­wi­teit ar­moe­de en waar­dig­heid ver­dui­de­lik nie.”

Mo­goeng vra wat sou tog be­reik word deur ’n wig tus­sen swart en wit te plaas.

“Suid-A­fri­ka­ners, as­se­blief, as­se­blief, as­se­blief, laat ons stil­hou en be­sin oor die self­loos­heid van die­ge­ne soos Bram Fis­cher,” pleit hy.

In ’n bood­skap ge­rig aan pro­ku­reurs in Suid-A­fri­ka vra Mo­goeng of hul­le ooit ge­dink het oor die ui­ter­ste on­ge­lyk­heid in die land wan­neer hul­le hul ta­rie­we be­paal.

Hy smeek Suid-A­fri­ka­ners om “dink­tenks” te be­gin wat sal help om te be­sin oor die land se ge­skie­de­nis.

“Hoe­kom is ons hier waar ons nou is, ge­skei vol­gens die ras­se­ly­ne?”

Hy sê dit lyk as­of Suid-A­fri­ka­ners ge­fo­kus is op on­be­nul­li­ge kwes­sies ter­wyl daar baie be­lang­ri­ker sa­ke is om te han­teer.

Mo­goeng sê Suid-A­fri­ka is in ’n fas­si­ne­ren­de fa­se waar daar ge­vra word om be­sin­ning.

Fo­to: JABU KUMALO

Hoofregter Mo­goeng Mo­goeng

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.