Be­to­gers: ‘Ons weet waar jy woon, Ru­pert’

200 by­een voor Rem­gro­kan­toor

Beeld - - Nuus - Mal­her­be Nie­na­ber

‘Dè, gee dít vir jou oom Ru­pert.” Só het ’n af­ge­vaar­dig­de van die so­wat 200 be­to­gers on­der lei­ding van die ANC-jeug­li­ga en die Black First Land First (BFLF) ge­sê na­dat hul­le ’n me­mo­ran­dum aan ’n ver­teen­woor­di­ger van Jo­hann Ru­pert, voor­sit­ter van Rem­gro, in S­tel­len­bosch oor­han­dig het.

N­ja­bu­lo N­zu­za, se­kre­ta­ris-ge­ne­raal van die ANC-jeug­li­ga, het ook ’n bood­skap vir Ru­pert ge­had: “Ons weet waar jy woon; ons weet waar jy sa­ke doen. Ons sal in gro­ter ge­tal­le kom en pro­ble­me en ver­nie­ti­ging ver­oor­saak as jy voort­gaan om ons so te be­le­dig. Van­dag is die laas­te dag wat ons be­le­dig sal word.”

Die ANC-jeug­li­ga en die Black First Land First is woe­dend oor Ru­pert se uit­la­ting dat ra­di­ka­le e­ko­no­mie­se trans­for­ma­sie net ’n ko­de­woord vir dief­stal is. Hul­le eis dat Ru­pert dit bin­ne se­we dae moet te­rug­trek.

N­zu­za het by die in­gang van Rem­gro se kan­to­re ge­sê hul­le be­toog teen “die on­ge­lyk­heid wat deur wit heers­sug­ti­ges be­vor­der word, wat dink wit men­se is ver­he­we bo swart men­se”.

Hy sê die be­to­gers wil hul grond te­rug­kry, of dit nou deur on­der­han­de­ling of met ge­weld is.

Die 200 be­to­gers het van­af die S­tel­len­bosch-sta­sie na die Rem­gro-kan­toor ge­stap. Hul­le het pro­duk­te van han­dels­na­me wat met Rem­gro ver­bind word op straat uit­ge­gooi.

As Ru­pert ver­suim om ver­sko­ning te vra, gaan Umk­hon­to we Si­z­we se ve­te­ra­ne­ver­e­ni­ging (MKMVA) se In­ku­lu­le­kostig­ting reg­stap­pe teen hom doen.

Hul­le sê dit is be­lang­rik om te ont­hou dat die Ru­perts se sa­ke­ryk in die a­part­heids­tyd ge­bou is toe hy en sy fa­mi­lie die be­voor­reg­te be­sker­ming en steun van a­part­heid ge­niet het.

By die in­gang van Rem­gro se kan­to­re het die be­to­gers on­der meer ge­skree: “Kom uit, Ru­pert!” en dat hy die “groot­baas van wit­mo­no­po­lie­ka­pi­taal” is.

“Nie­mand het na Suid-A­fri­ka ge­kom met grond nie, maar hul­le het ons men­se met grond ge­vind.

“Nie­mand het met ryk­dom aan­ge­kom nie, maar hul­le het ryk­dom hier ge­vind,” het N­zu­za ge­sê.

Fo­to: JA­CO MA­RAIS

Le­de van Umk­hon­to we Si­z­we se ve­te­ra­ne­ver­e­ni­ging het gis­ter­og­gend saam met die ANC­jeug­li­ga en Black First Land First voor Rem­gro se kan­to­re in S­tel­len­bosch be­toog.

Jo­hann Ru­pert, voor­sit­ter van Rem­gro en Ri­che­mont.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.