Hof gee Zu­ma ’n blaas­kans oor ver­slag oor staat­skaping

Beeld - - Nuus -

Pres. Ja­cob Zu­ma hoef nie on­mid­del­lik die ge­reg­te­li­ke kom­mis­sie van on­der­soek na die be­we­rings van staat­skaping in wer­king te stel nie.

Dít geld tot­dat die pre­si­dent se hof­aan­soek om die re­me­di­ë­ren­de stap­pe in adv. T­hu­li Ma­don­se­la, vo­ri­ge o­pen­ba­re be­sker­mer (OB), se staat­skapings­ver­slag ter­sy­de te laat stel, in Ok­to­ber aan­ge­hoor word.

Die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria het gis­ter ten guns­te van Zu­ma be­vind in ’n hof­aan­soek deur die DA.

Die DA het reg­ter Motsa­mai Ma­ku­me ge­vra om te ver­klaar dat Zu­ma nie vol­doen het aan die re­me­di­ë­ren­de stap­pe wat Ma­don­se­la in haar ka­pings­ver­slag uit­een­ge­sit het nie.

Die DA wou hê die hof moes Zu­ma be­veel om aan dié stap­pe te vol­doen.

Die DA het aan­ge­voer om­dat Zu­ma die ver­slag op her­sie­ning (in die hof) neem, moes hy ook ’n be­vel ge­kry het om die toe­pas­sing van die re­me­di­ë­ren­de stap­pe op te skort.

Ma­don­se­la se re­me­di­ë­ren­de stap­pe ver­eis van Zu­ma om ’n kom­mis­sie van on­der­soek aan te stel om die aan­ty­gings van wan­da­de deur tal­le staats­amp­te­na­re te on­der­soek.

Ma­ku­me het gis­ter in sy uit­spraak ge­sê dit is nie in be­lang van ge­reg­tig­heid om die pre­si­dent te ver­plig om die re­me­di­ë­ren­de stap­pe in wer­king te stel nie. Hy het ge­sê dit sal ’n ver­mor­sing van hulp­bron­ne en hof­pro­ses­se wees om­dat die her­sie­nings­aan­soek vol­gen­de maand aan­ge­hoor word.

Ma­ku­me het die DA en die OB se kan­toor be­veel om die kos­te van die hof­aan­soek te be­taal.

Ja­mes Sel­fe, voor­sit­ter van die DA se fe­de­ra­le raad, het by die hof ge­sê die DA wil Zu­ma se her­sie­nings­aan­soek so gou moont­lik deur die hof aan­ge­hoor hê “so­dat ons ag­ter die kap van die byl kan kom van wat ge­beur het . . . en die kom­mis­sie van on­der­soek kan in­stel”.

Hy het ge­sê die DA het teg­nies nie die saak ver­loor nie, want as Zu­ma se her­sie­nings­aan­soek la­ter mis­luk, sal die DA-aan­soek ou­to­ma­ties in ef­fek kom deur­dat die kom­mis­sie in­ge­stel moet word.

Ma­don­se­la het in haar ver­slag ge­sê Zu­ma moet die kom­mis­sie ves­tig en hoofregter Mo­goeng Mo­goeng moet ’n reg­ter kies as voor­sit­ten­de be­amp­te daar­van.

Zu­ma meen die OB het nie die grond­wet­li­ke mag om hom aan te sê om so ’n kom­mis­sie aan te stel en te sê dat die hoofregter ’n reg­ter as voor­sit­ten­de be­amp­te moet aan­wys nie.

Pres. Ja­cob Zu­ma

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.