Be­skul­dig­de nou ook vas oor sy ma

Dra­ma­tie­se wen­ding in Pa­tel­saak

Beeld - - Nuus - Marietie Louw­Car­stens

Die moord­be­skul­dig­de Ra­meez Pa­tel van Po­lo­kwa­ne sal die na­week ag­ter tra­lies deur­bring. Hy is gis­ter­mid­dag laat in ’n skok­ken­de wen­ding in heg­te­nis ge­neem weens die moord op sy ma ver­le­de week.

Die po­li­sie het hom eers by ’n huis in die Ni­r­va­na-woon­buurt gaan soek, maar hy was nie daar nie. Pa­tel is toe ná 15:00 in S­ter­park in die stad in heg­te­nis ge­neem.

Tu­mi Mok­we­na, sy pro­ku­reur, het be­ves­tig dat Pa­tel in die sel­le by die Po­lo­kwa­ne-po­li­sie­kan­toor aan­ge­hou word. Hy sê hy het geen ver­de­re in­lig­ting nie en sou Pa­tel moont­lik gis­ter­aand in die sel­le gaan spreek het.

Pa­tel is vroe­ër op borg­tog van R250 000 vry­ge­laat na­dat hy in 2015 weens die moord op sy vrou, Fa­ti­ma, in heg­te­nis ge­neem is.

Pa­tel se ma, Ma­he­jeen (51), is ver­le­de Dins­dag in die fa­mi­lie se huis in Ni­r­va­na ge­skiet. ’n Ge­wa­pen­de man het ná 20:00 die huis in­ge­bars en Ma­he­jeen is in die kop ge­skiet.

Sy is na ’n hos­pi­taal ge­haas, maar is dood.

Die hoog­ge­regs­hof in Po­lo­kwa­ne het Dins­dag, toe Pa­tel weer weens die moord op Fa­ti­ma (28), in die hof ver­skyn het, ge­hoor dat die po­li­sie ná die moord op sy ma op sy sel­foon be­slag ge­lê het.

Mok­we­na het die hof ge­vra om Pa­tel se ver­hoor uit te stel om­dat hy deur “e­mo­si­o­ne­le stres” gaan. Hy moes glo ook re­ë­lings tref vir be­ra­ding vir t­wee van sy drie seuns, ’n tien- en ’n ses­ja­ri­ge.

Pa­tel wou sy borg­tog­voor­waar­des wy­sig so­dat hy na Gau­teng kon reis om sy seuns, wat nou by Fa­ti­ma se ou­ers woon, te be­soek. Hy wou glo ook sa­ke in Gau­teng gaan doen.

Reg­ter Jo­seph Rau­lin­ga het ge­wei­er om die borg­tog­voor­waar­des Links: Ra­zeen Pa­tel saam met sy ma, Ma­he­jeen (51), wat ver­le­de Dins­dag ver­moor is. In­las: Ra­meez Pa­tel by ’n fa­mi­lie­lid (wat ge­wei­er het om sy naam te verskaf) in die hoog­ge­regs­hof in Po­lo­kwa­ne. te wy­sig.

Pa­tel se pa, Fe­roz (55), is in Au­gus­tus ver­le­de jaar dood­ge­skiet ag­ter die stuur­wiel van sy mo­tor ter­wyl hy in die ny­wer­heids­ge­bied in die stad was. Nie­mand is nog weens dié moord in heg­te­nis ge­neem nie.

Pa­tel is nou in be­heer van al die sa­ke­be­dry­wig­he­de en ver­skeie win­kels wat die fa­mi­lie in on­der meer Po­lo­kwa­ne, T­ho­hoy­an­dou en P­ha­la­bor­wa be­sit.

Ra­zeen Pa­tel, Ra­meez se jon­ger broer, het op Facebook ’n fo­to van hom en sy ma ge­plaas.

Hy skryf daar­by: “Mom!!! I miss you so much!! W­hen I boug­ht you that big fish a few days ago and you got re­al­ly hap­py and said the last per­son to bring you fish was dad . . . litt­le did I know you going to join him!!! I am or­pha­ned!!!”

Fa­ti­ma is in A­pril 2015 in haar en Pa­tel se meent­huis in Jai­pur­straat in Ni­r­va­na ver­moor. Niks is uit die meent­huis ge­steel nie. Fa­ti­ma het nog haar pê­reloor­krab­be en hor­lo­sie aan­ge­had.

Pa­tel hou vol “tsot­si’s” het by die huis in­ge­breek en haar dood­ge­maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.