‘Ver­moor­de’ reg­ter se vrou vir eers nog ag­ter tra­lies

Beeld - - Nuus - May­ge­ne de Wee

T­han­di Ma­qube­la sal in aan­hou­ding bly tot­dat die WesKaap­se de­par­te­ment van kor­rek­tie­we diens­te (DKD) dit op skrif het dat haar skul­dig­be­vin­ding weens die be­weer­de moord op haar man, wy­le waar­ne­men­de reg­ter Pa­trick Ma­qube­la, ter­sy­de ge­stel is.

Simphi­we Xa­ko, DKD-woord­voer­der in die Wes-Kaap, het ge­sê Ma­qube­la sal tot dan by die Wor­ces­ter-vrou­e­ge­van­ge­nis in aan­hou­ding bly.

In­tus­sen het E­ric N­ta­ba­za­li­la, woord­voer­der vir die kan­toor van die di­rek­teur van o­pen­ba­re ver­vol­ging in die Wes-Kaap, ge­sê dat hul­le die uit­spraak van die ap­pèl­hof wat haar skul­dig­be­vin­ding ter­sy­de ge­stel het, ont­vang het. Hy het ge­sê hul­le kan eg­ter nog nie sê of hul­le daar­teen gaan ap­pel­leer nie.

Die ap­pèl­hof in Bloem­fon­tein het gis­ter Ma­qube­la se skul­dig­be­vin­ding ter­sy­de ge­stel.

Sy is in No­vem­ber 2014 daar­aan skul­dig be­vind dat sy haar man in Ju­nie 2009 in sy woon­stel in Ban­try­baai ver­moor het.

Haar me­de­be­skul­dig­de, Ve­la Ma­be­na, is on­skul­dig be­vind.

Ma­qube­la het vol­ge­hou dat sy on­skul­dig is.

Die staat het be­weer dat haar man ver­smoor is, maar dit is nooit on­teen­seg­lik be­wys nie. Haar ver­weer was dat haar man aan na­tuur­li­ke oor­sa­ke dood is.

Haar reg­span het aan­ge­voer dat as dit moont­lik was dat haar man aan na­tuur­li­ke oor­sa­ke dood is, die hoog­ge­regs­hof nie re­de­li­ker­wys kon af­lei dat hy ver­moor is nie. Die ap­pèl­hof het haar ge­lyk ge­gee.

Ma­qube­la is ook daar­aan skul­dig be­vind dat sy haar man se hand­te­ke­ning ne­ge maan­de ná sy dood op sy tes­ta­ment ver­vals het en be­drog ge­pleeg het deur uit sy tes­ta­ment baat te vind.

Sy is 15 jaar tronk­straf op­ge­lê vir die moord en drie jaar elk vir be­drog en ver­val­sing. Aan­klag­te t­wee en drie moes sa­me­lo­pend uit­ge­dien word.

Reg­ter John Murp­hy het in Au­gus­tus 2015 toe­stem­ming ge­gee vir ver­lof tot ap­pèl teen haar skul­dig­be­vin­ding.

Vier ap­pèl­reg­ters, reg­ters Vis­va­na­than Pon­nan, Lo­ri­mer Le­ach, Zu­ki­sa Ts­hi­qi, Ke­vin S­wain en waar­ne­men­de ap­pèl­reg­ter Jo­han Ploos van Am­stel, het op 15 Au­gus­tus van­jaar Ma­qube­la se ap­pèl teen haar skul­dig­be­vin­ding op die moord­aan­klag aan­ge­hoor.

Die reg­ters het in hul uit­spraak gis­ter ge­sê die ver­hoor­reg­ter het ’n fout ge­maak deur te be­vind dat die me­die­se ge­tui­e­nis soos ge­le­wer deur prof. Gert Saay­man, hoof van fo­ren­sie­se me­di­sy­ne aan die U­ni­ver­si­teit van P­re­to­ria, on­vol­le­dig is en dat Ma­qube­la daar­om ver­moor is.

Saay­man het be­vind dat Ma­qube­la nie aan ver­smo­ring dood is nie en dat hy waar­skyn­lik aan na­tuur­li­ke oor­sa­ke ge­sterf het.

Fo­to: LERATO MADUNA

T­han­di Ma­qube­la by die ver­hoor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.