En­gels nou e­nig­ste amp­te­li­ke taal in ho­we

Beeld - - Nuus -

En­gels gaan voort­aan die e­nig­ste amp­te­li­ke ver­slag­taal in Suid-A­fri­kaan­se ho­we wees, het hoofregter Mo­goeng Mo­goeng gis­ter ge­sê.

“Nie­mand sê dat Suid-A­fri­ka­ners nie toe­ge­laat word om in hul moe­der­taal in e­ni­ge van ons ho­we te praat nie,” het Mo­goeng aan ver­slag­ge­wers ge­sê.

Om die doel­tref­fend­heid en glad­de be­stuur van die hof­stel­sel te ver­se­ker, sal die ho­we be­ter vaar met die er­va­ring wat hul­le het, sê hy.

Al­les wat in ’n se­ke­re saak ge­sê word, moet in een taal deur al­le reg­ters ver­staan word en daar­die taal is En­gels, sê hy.

Die be­sluit volg op ’n t­wee dae lan­ge ver­ga­de­ring on­der voor­sit­ter­skap van Mo­goeng.

Hy sê arm men­se wat hul saak op ap­pèl wil neem, sal van hul laas­te hulp­bron­ne moet ge­bruik om te ver­se­ker dat hul hof­ver­slae ver­taal word.

Nie al­le ap­pèl­reg­ters ver­staan al 11 amp­te­li­ke ta­le nie, sê hy.

“Ons is be­wus van die feit dat taal ’n baie e­mo­si­o­ne­le kwes­sie is. As jy nie toe­laat dat men­se in hul moe­der­taal kom­mu­ni­keer nie, voel hul­le mag­te­loos,” sê Mo­goeng.

Die be­sluit is nie lig­te­lik ge­neem nie.

“Ons is hier om te ver­se­ker dat daar toe­gang tot ge­reg­tig­heid vir al­le Suid-A­fri­ka­ners is. As daar aan­ge­dring gaan word op ver­an­de­rin­ge wat by­ko­men­de hulp­bron­ne be­no­dig, sal ons dit ver­wel­kom.”

A­friForum het Dins­dag ’n ope brief aan Mo­goeng ge­skryf na aan­lei­ding van ’n be­sluit wat in A­pril in Sun­day Ti­mes ge­pu­bli­seer is dat En­gels voort­aan die e­nig­ste ver­slag­taal in ho­we gaan wees.

Die bur­ger­reg­te­or­ga­ni­sa­sie meen dat dit ’n een­sy­di­ge be­sluit was en dat dit nie SuidA­fri­ka se veel­ta­li­ge aard weer­spie­ël nie. A­friForum sê hy ba­klei vir al die amp­te­li­ke ta­le, ver­al vir A­fri­kaans.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.