Brand­stof duur­ste van­jaar

Beeld - - Nuus - Han­lie S­tad­ler

Die pe­trol­prys styg Woens­dag tot die hoog­ste nóg van­jaar.

Pe­trol word na ver­wag­ting met 35c per li­ter duur­der en die­sel met 33c per li­ter.

Dié sy­fers is vol­gens die on­der­ver­ha­ling tot Don­der­dag, soos daag­liks be­re­ken deur die Sen­tra­le E­ner­gie­fonds. Die fonds kon­dig die fi­na­le sty­gings oor die na­week aan.

Die duur­der brand­stof geld van Woens­dag 4 Ok­to­ber af.

Dit sal die der­de ag­ter­een­vol­gen­de maand wees dat die pe­trol­prys styg. Van­jaar het die pe­trol­prys al ses keer ge­styg en vier keer ge­daal.

Die net­to ver­an­de­ring is ’n sty­ging van R1,22 (Ok­to­ber se 35c per li­ter in­ge­sluit), wat neer­kom op ’n sty­ging van 9,5% vir die jaar tot dus­ver.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.