Ver­skerp­te aan­slag teen mis­daad aan­ge­kon­dig

Beeld - - Nuus - – Net­werk24

Fi­ki­le M­ba­lu­la, mi­nis­ter van po­li­sie, het gis­ter­og­gend tak­tie­se re­ak­sie- en op­spo­rings­een­he­de aan­ge­kon­dig om die stryd teen mis­daad te ver­skerp, en het ge­soek­te mis­da­di­gers aan­ge­raai om hul­self oor te gee.

“Suid-A­fri­ka be­leef ’n vloed­golf van ge­weld­da­di­ge mis­daad wat ons in­wo­ners en be­soe­kers on­vei­lig laat voel,” het hy ge­sê.

“Die span­ne . . . gaan ge­fo­kus­de mis­daad­o­pe­ra­sies uit­voer om ons buur­te van ge­we­ten­lo­se moor­de­naars, ver­krag­ters, dwelm­han­de­laars, ka­pers en ge­wa­pen­de ben­des te sui­wer.

“Ons het nou ons bes­te, dap­per­ste en hoogs be­kwa­me mans en vroue in die po­li­sie saam­ge­snoer in dié nu­we e­li­te-een­heid.”

Die tak­tie­se re­ak­sie-een­heid sal fo­kus op die mid­del­slag- en ho­ë­ri­si­ko-o­pe­ra­sies, ter­wyl die op­spo­rings­een­heid die spoor gaan vat van ge­vaar­li­ke mis­da­di­gers. Daar is 27 een­he­de ver­sprei oor die ne­ge pro­vin­sies. In K­waZu­lu-Na­tal is ses span­ne ont­plooi wat op po­li­tie­ke moor­de gaan fo­kus.

Fo­to: FELIX DLANGAMANDLA

Fi­ki­le M­ba­lu­la

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.