See­le­we oor­leef ja­re op voor­wer­pe wat o­se­aan oor­steek ná tsoe­na­mi

Beeld - - Nuus - El­sa­bé B­rits

Ja­re ná die tsoe­na­mi van 2011 wat Ja­pan ge­tref het, het le­wen­de ma­rie­ne or­ga­nis­mes op skui­te, krat­te en al wat voor­werp is die S­til­le O­se­aan oor­ge­steek en Noord-A­me­ri­ka be­reik.

De­le van hui­se, skui­te, plas­tiek, boeie en by­na el­ke voor­werp denk­baar wat deur die tsoe­na­mi weg­ge­ruk is, het van 2011 tot van­jaar nog in die S­til­le O­se­aan voor­ge­kom.

Na­vor­sing wat in die vak­joer­naal S­cien­ce ver­skyn het, het ge­wys hoe dit die VSA se noord­kus en Ha­waii be­reik het.

By­na 300 ver­skil­len­de spe­sies is só deur na­vor­sers van die O­re­gon-staat­s­u­ni­ver­si­teit ver­sa­mel.

Dit sluit see­wurms, mos­sels, see­ster­re, krap­pe en ver­skeie klein or­ga­nis­mes in.

Ná 2014 het daar vol­gens die stu­die nie meer hout uit­ge­spoel nie om­dat dit bio-af­breek­baar is, maar die plas­tiek, ve­sel­glas en al die an­der mens­ge­maak­te ma­te­ri­aal het aan­hou uit­spoel.

Dr. John C­hap­man, wat die stu­die ge­lei het, sê in ’n ver­kla­ring hul­le was aan­vank­lik ge­skok dat die or­ga­nis­mes so lank kon oor­leef.

Fo­to: O­RE­GON­STAAT­S­U­NI­VER­SI­TEIT

See­ster­re van Ja­pan wat ja­re op voor­wer­pe oor­leef het en die S­til­le O­se­aan oor­ge­steek het ná die tsoe­na­mi wat Ja­pan in 2011 ge­tref het.

Fo­to: JOHN C­HAP­MAN

’n Ja­pan­se boot wat in O­re­gon op die s­trand uit­ge­spoel het ná die tsoe­na­mi in 2011.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.