Mi­ne­raal kry UV­pro­fes­sor se naam

Beeld - - Nuus - El­sje du Toit

’n Mi­ne­raal is on­langs na ’n a­ka­de­mi­kus aan die U­ni­ver­si­teit van die Vry­staat (UV) ge­noem.

T­re­doux­iet is nou een van die 5 292 mi­ne­ra­le wat deur die in­ter­na­si­o­na­le mi­ne­ra­lo­gie­se ver­e­ni­ging (IMA) ge­ser­ti­fi­seer is.

Die mi­ne­raal is van groot a­ka­de­mie­se be­lang, sê prof. Ma­ri­an T­re­doux, ’n me­de­pro­fes­sor in die UV se de­par­te­ment van ge­o­lo­gie na wie die mi­ne­raal ge­noem is, lui­dens ’n ver­kla­ring van die UV.

Die spe­si­fie­ke che­mie­se sa­me­stel­ling sal haar en haar kol­le­gas on­ge­twy­feld help om die oor­sprong van die klip be­ter te ver­staan, sê sy.

Net 81 van die 5 292 mi­ne­ra­le is na vroue of na ie­mand na aan hul­le ge­noem.

Ma­rie Cu­rie is t­wee keer ge­noem: sklo­dow­skiet (haar nooi­ens­van) en cu­riet (na haar en haar man, Pier­re Cu­rie).

Die mees­te van die vroue is Rus­sie­se ge­o­we­ten­skap­li­kes.

T­re­doux word op dié ma­nier ver­eer vir haar by­drae van am­per 30 jaar tot die ont­sy­fe­ring van die ge­o­lo­gie­se ge­skie­de­nis van die klip waar­in die mi­ne­raal voor­kom.

Die span wat die nu­we mi­ne­raal ge­ï­den­ti­fi­seer het, het die naam ge­kies. Hul­le is dr. Fe­de­ri­ca Zac­ca­ri­ni en prof. Gi­or­gio Ga­ru­ti van die U­ni­ver­si­teit van Le­o­ben in Oos­ten­ryk, prof. Lu­ca Bin­di van die U­ni­ver­si­teit van Flo­ren­ce in I­ta­lië, en prof. Dun­can Mil­ler van die UV.

’n Mi­ne­raal word ge­woon­lik ge­noem na die ge­bied waar dit eer­ste ge­vind is, die che­mie­se sa­me­stel­ling of fi­sie­ke ei­en­skap­pe of na ’n per­soon.

In­dien dit na ’n mens ge­noem word, moet dit ie­mand wees wat die mi­ne­raal nie self ge­vind het nie.

Net 700 van die meer as 5 000 mi­ne­ra­le is na men­se ge­noem.

“Ge­ge­we dat daar teen dié tyd 7 mil­jard men­se op die pla­neet is, be­te­ken dit een per­soon uit 10 mil­joen word so ver­eer,” lui die UV-ver­kla­ring.

“Tot dus­ver is meer as ’n do­syn mi­ne­ra­le na Suid-A­fri­ka­ners ge­noem. Drie is vroue (T­re­doux in­ge­sluit).”

T­re­doux sê sy hoop die be­na­ming sal be­lang­stel­ling in die UV se ge­o­lo­gie­de­par­te­ment prik­kel so­dat ge­sien kan word dat wê­reld­klas-na­vor­sing hier ge­doen word.

Prof. Ma­ri­an T­re­doux

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.