Wees God se hel­der lig in die duis­ter­nis

Beeld - - Kommentaar - S­te­phan Jou­bert

Die He­re roep ons om daar waar ons is ’n ver­skil te maak, al is ons om­stan­dig­he­de sleg.

Vat vir Karl Plag­ge (1897-1957). Hy was ’n Duit­se of­fi­sier in die Twee­de Wê­reld­oor­log wat ge­sorg het dat 1 240 Jo­de se le­we ge­spaar is. As of­fi­sier in die be­set­te Li­taue tus­sen 1940-1944 het hy ge­sorg dat Jood­se wer­kers in sy een­heid goeie kos kry, as­ook werk­per­mit­te. Dit het hul le­we ge­red ter­wyl der­dui­sen­de Jo­de om hul­le ver­moor is in die straf­kam­pe.

Toe Plag­ge in 1944 sy po­si­sie moes ver­laat in die lig van die aan­ko­men­de Rus­se, het hy die Jo­de ge­waar­sku om te gaan weg­kruip om­dat die an­der SS-sol­da­te hul­le sou dood­skiet. Só het hy nog 250 ge­van­ge­nes se le­we ge­red. Ná die oor­log het oor­le­wen­de Jo­de ge­tuig van sy dap­per op­tre­de en is hy daar­voor ver­eer.

Daar is al­tyd men­se soos Plag­ge wat in ’n on­reg­ver­di­ge stel­sel die He­re se lig laat skyn. Wat help dit al­mal ver­laat die po­li­tiek, of die po­li­sie of die staats­diens net om­dat daar kor­rup­sie voor­kom?

Die He­re wil sy voet­sol­da­te o­rals ont­plooi. Jy en ek word ge­roep om in die don­ker sy hel­der lig te wees en om in die val­lei van die dood op die roe­te van hoop te leef. Selfs net een van sy kin­ders se aan­we­sig­heid op die reg­te plek kan baie le­wens red en die e­wig­heid oop­sluit voor stuk­ken­des en ver­dwaal­des.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.