Die AHI het rég ge­stem

Beeld - - Kommentaar -

Wil­lem Louw se brief “Hart­seer dat die AHI sy deu­re sluit” (29.09) be­vat ver­skeie mis­tas­tings.

Die AHI het be­slis nié sy “deu­re” ge­sluit nie.

As Louw werk­lik met die or­ga­ni­sa­sie kon­tak ge­hou het, sou hy weet dat die druk om die naam te ver­an­der van­uit die le­de­groep ge­kom het en lank reeds aan die op­bou was.

Dis ’n feit dat die A­fri­kaan­se Han­del­s­in­sti­tuut, nou die S­mall Bu­si­ness In­s­ti­tu­te, meer as ’n de­ka­de ge­le­de al sy deu­re vir al­le sa­ke­lui oop­ge­gooi het.

Die or­ga­ni­sa­sie se le­de – met en­ke­le uit­son­de­rings – het toe al be­sef dat, as hy ’n stem wil hê om ge­loof­waar­dig oor sa­ke­ont­wik­ke­ling en be­sker­ming te praat, durf hy hom nie eks­klu­sief vir ’n en­ke­le groep te be­y­wer nie.

Louw se aan­slag is moeds­wil­lig.

Die AHI en sy sa­ke­ka­mers o­ral in die land is nié “met een pen­ne­streep” ont­bind nie. Sy naam en em­bleem is ver­an­der. Nie al­mal op die ver­ga­de­ring was A­fri­kaans­spre­kend nie. Daar was ook ver­teen­woor­di­gers van En­gels­spre­ken­de sa­ke­or­ga­ni­sa­sies wat hul­le toe­ne­mend by die SBI aan­sluit.

Daar was één per­soon op die ver­ga­de­ring wat teen die be­sluit wou praat. En hy het. Meer as een keer. Die stem­pro­ses is vol­gens die grond­wet en on­der toe­sig van ’n bui­te-in­stel­ling af­ge­han­del.

Louw se be­we­ring dat op­po­nen­te van die be­sluit “dood­ge­praat” is, is een­vou­dig nie waar nie.

Dié wat wou praat, het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.