Die woor­de wat niks nie én al­les be­te­ken

Beeld - - Kommentaar - Ger­hard van Huys­steen werk vir die Vir­tu­e­le In­s­ti­tuut van A­fri­kaans. ger­hard@vi­va­a­fri­kaans.org

Do­nald Trump se taal­on­ver­moë is nou reeds le­gen­da­ries.

Sy “co­vfe­fe” het vin­ni­ger as ’n sleg­te hoes in ’n skool­kos­huis ver­sprei. Bin­ne 24 uur ná sy be­rug­te twiet het ’n de­fi­ni­sie reeds in die in­for­me­le Ur­ban Dicti­o­na­ry ver­skyn:

co­vfe­fe (n.) W­hen you want to say “co­vera­ge” but your hands are too fat and s­mall to hit all the let­ters on your key­bo­ard. “De­spi­te the con­stant ne­ga­ti­ve press co­vfe­fe”

– Do­nald Trump (2017)

Maar eint­lik be­te­ken “co­vfe­fe” let­ter­lik ‘co­vfe­fe’: Dis ’n woord wat niks nie en al­les ge­lyk­ty­dig be­te­ken – die ü­ber­woord.

Ver­le­de week had hy weer die in­ter­net aan die brand toe hy in sy toe­spraak by die Ver­e­nig­de Na­sies ge­sê het “Nam­bia” se ge­sond­heid­stel­sel is toe­ne­mend self­on­der­hou­dend.

Kort voor lank moes ons ken­nis neem van die feit dat Nam­bia hom aan die Co­vfe­fe­ver­drag ont­trek het of dat Nam­bia die wê­reld se top­pro­du­sent van co­vfe­fe is.

Maar men­se wat in glas­hui­se woon moe­nie po­li­ti­ci met klip­pe be­stook nie.

’n Baie be­ken­de vorm van ’n taal­f­la­ter is die so­ge­naam­de ma­la­pro­pis­me – d.i. wan­neer jy ’n ver­keer­de woord ge­bruik wat baie soos die an­der, kor­rek­te woord klink, dik­wels met hu­mo­ris­tie­se ef­fek.

Dink maar aan Ou­baas van 7de Laan-faam. Hy het by­voor­beeld ge­sê: “Moe­nie dink jul­le kan my die bos­se in lei nie”, in plaas van: “Moe­nie dink jul­le kan my om die bos lei nie”; of iets was “van e­pi­der­mie­se pro­por­sies” in plaas van (waar­skyn­lik) “e­pi­de­mie­se pro­por­sies”.

Sy taal­ge­bruik was al die on­der­werp van me­ni­ge a­ka­de­mie­se stu­dies, waar­on­der ’n S­tel­len­bos­se MA-ver­han­de­ling deur Li­zl Mor­den oor hoe sy ma­la­pro­pis­mes in En­gel­se on­der­ti­tels han­teer is.

Juis in ver­ta­lings loop din­ge mak­lik skeef.

In En­gels is daar ’n reu­se­ver­skil tus­sen be­ar with me en ba­re with me: In die een ge­val be­hou jy jou kle­re, in die an­der nie.

Slui­tings­tyd saans is pront 23:00. Dan sluit die een of an­der Ge­stren­ge Sus­ter die poor­te en in­kom is daar­na min.

Ins­ge­lyks is die ver­skil in Frans tus­sen J’ai chaud (“Ek het/kry warm”) en Je suis chaud (“Ek is . . . uhm . . . warm”) ’n kwes­sie van hoe­veel kle­re jy aan­hou.

Ja­re ge­le­de is ek en kol­le­gas Mar­né Pie­naar en Axel F­leis­ch op ’n kog­ni­tie­we­lin­guis­tiek­kon­gres in S­pan­je.

Die wis­sel­koers knyp en ons vind on­der­dak in ’n reg­te-eg­te kloos­ter wat deur reg­te-eg­te non­ne be­woon en be­stuur word.

Slui­tings­tyd saans is pront 23:00. Dan sluit die een of an­der Ge­stren­ge Sus­ter die poor­te en in­kom is daar­na min.

Ty­dens ons eer­ste aand­e­te (wat on­der meer bulon­der­de­le in­ge­sluit het) leer Axel my keu­rig om “goei­e­nag” in S­paans te sê: “Bu­e­nas no­ches.” Sien, ons be­plan om die een of an­der fles S­paan­se krui­e­drank (las hier­bas) die kloos­ter in te smok­kel en ons­self skelm­skelm op ’n ver­steek­te stoe­pie te gaan ver­maak.

In die so­mer sak die son in S­pan­je im­mers om­streeks 23:00. Die plan is dus om dood­lui­ters en so on­op­val­lend moont­lik die kloos­ter in te slen­ter, die wa­ken­de non­ne ’n goeie nag­rus toe te wens en dan die trap­pe op te ver­dwyn.

Op pad her­haal ek oor en oor in my kop: Bu­e­nas no­ches, bu­e­nas no­ches, bu­e­nas no­ches ...

Maar in die span­ning van die oom­blik, toe Sus­ter Ge­stren­ge voor my staan met poort­sleu­tel in die hand, sta­mel ek in plaas van bu­e­nas no­ches: “Bu­e­nos na­chos!”

Axel val op die grond. Ek het pas aan die non ge­sê sy het heer­li­ke na­chos . . .

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.