Elk­een kan hand uit­reik na ha­we­lo­ses

Beeld - - Kommentaar -

’n Paar jaar ge­le­de het my werk my t­wee jaar Dur­ban toe ge­stuur. Ek het in ’n ho­tel op die wa­ter­front ge­bly en om­dat my ho­tel­be­spre­king slegs bed en ont­byt in­ge­sluit het, moes ek self sorg vir an­der e­tes.

My pro­bleem was dat ek ge­woon­lik don­ker by die ho­tel aan­ge­kom het en ek nie kans ge­sien het om die toe­laag wat ek ont­vang het vir die luuk­se e­tes by die ho­tel te ge­bruik nie.

Ek was dus half en half ver­plig om van weg­neem­e­tes by die wa­ter­front ge­bruik te maak. Men­se het my daar­teen ge­waar­sku om­dat dit na hul me­ning nie vei­lig was nie.

Die eer­ste keer wat ek ’n weg­neem­e­te ge­neem het, het my pad met ’n ha­we­lo­se ge­kruis. Ek kon nie an­ders as om my weg­neem­e­te met die ha­we­lo­se te deel nie.

Die twee­de en die der­de keer het dit ook ge­beur en toe het dit som­mer ’n in­stel­ling ge­word. Ek het la­ter die in­druk ge­kry dat ’n “roos­ter” deur die ha­we­lo­ses op­ge­trek is so­dat elk ’n beurt kry.

Soms sou ek my weg­neem­e­te som­mer so staan-staan saam met hul­le ge­niet ter­wyl ons oor koei­tjies en kal­fies ge­sels.

My vrou kon nie ver­staan hoe­kom ek nie ge­wig aan­sit van al die ge­mors­kos nie.

’n Paar keer het ek s­traat­kin­ders aan­ge­tref en dan het ek hul­le op piz­za en an­der weg­neem­kos ge­trak­teer.

Gro­ter fees­maal­tye sal jy nie som­mer aan­skou nie! Ty­dens die e­te­ry het ek tel­kens maar net weg­ge­stap om­dat my ge­moed dan net te vol ge­skiet het. Hoe on­reg­ver­dig en wreed kan die le­we nie wees nie?

Daar is nooit ’n hand op my ge­lê nie, ter­wyl daar in dié tyd tal­le voor­val­le by die wa­ter­front was.

Ek ver­moed die oë wat my deu­ren­tyd dop­ge­hou het om toe te sien dat daar by die “roos­ter” ge­hou word, het ook toe­ge­sien dat daar ’n on­sig­ba­re vei­lig­heids­net om my ge­trek word.

Dié t­wee jaar het my net weer ge­wys dat ons al­mal saam is in hier­die le­we.

Maak nie saak hoe die dob­bel­ste­ne vir elk­een val nie, as ons han­de vat, kan ons dit ’n baie be­ter le­we vir me­kaar maak.

Fo­to: FAISAL MAR­TIN

S­traat­kin­ders.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.